Die video wat ek so graag wou hê

Ek het in ‘n Christenhuis grootgeword, ons het Bybel gelees en gebid, kerk toe gegaan, die dinge gedoen wat gedoen moet word, maar ek het nooit besef hóé betrokke God in ons alledaagse lewe is nie. Ja, Hy gee wonderbaarlik reën, Hy maak ons gesond, maar wat van die klein dingetjies in die lewe?

Een van my eerste gewaarwordinge van hóé betrokke Hy regtig in my lewe is, was toe my seuns nog baie klein was. Hulle het nog gekruip, toe een van hulle teen die warm oond opgestaan het en beide sy hande baie diep gebrand het. Ek het GEEN mediese kennis nie. Die VORIGE DAG het iemand my stip in die oë gekyk, en baie ernstig, sodat ek dit moet onthou, gesê: “Onthou, Toortsie, as jou kinders ooit brandwonde opdoen, die eerste ding wat jy moet doen, is…”

Deesdae is dit nie meer vir my vreemd nie. Ek wonder oor ‘n ding, en dan begin ek glimlag, want ek weet iemand gaan vir my die antwoord bring, sonder dat ek daarvoor vra. Soms is ek skoon opgewonde en wonder hoe dit hierdie keer gaan gebeur. 🙂

So het ek baie jare gelede gelees dat ‘n mens op safari’s in die Kruger Wildtuin kan gaan. Ek het stilweg gedink dat dit lekker sal wees, maar eintlik in my hart gedink dat dit tog nie sal gebeur nie. Tot my man jare later ‘n trekker aan ‘n wildvreemde persoon in die Transvaal verkoop, iemand wat ‘n paar keer per jaar in die Wildtuin gaan stap, en ons saamnooi… Hóê sou hy weet van my stille wens?

Op ‘n stadium het ek gewonder wat van ‘n sekere vrou geword het wat saam met my skool gehou het. Ek kon nie haar naam onthou nie. Uit die bloute kry ek ‘n inbox van ‘n heel ander vriendin, wie nie die betrokke onderwyseres ken nie en ook nie weet van my gedagtes nie. Sy stel voor ek moet ‘n sekere boek lees, sy wonder wat ek daarvan dink. Wel, wel, wel… die skrywer is toe sowaar die dame oor wie ek gewonder het, én dis toe outobiografies, so ek hoef toe nie weer te wonder nie!

Dieselfde vriendin stuur my gister die skakel na hierdie video. Hoe sou sy weet dat ek, toe ek dit op TV gesien het, geWENS het ek kan die video daarvan in die hande kry?

Kyk hom:

Daar’s magte om ons aan die werk… of ons daarin glo of nie… en of ons dit wil aanvaar of nie…

Toortsie

10 thoughts on “Die video wat ek so graag wou hê

      1. Hoe sal ek U ooit ken?
        U is te naby, U is te ver,
        U klewe aan my kyker vas,
        Wykende, wyderende ster –
        en om u sterskyn kring u ruim,
        en om u ruimtes – Wie?
        Die gees verleng tot laser, leng …
        en brand deur Wie; deur wat; deur Nié …
        dan snap ek die genade –
        suiwerder as weet, duideliker as pyn –
        van wyk dat ek moet nader,
        altyd verder nader …
        O, verborge Wonder,
        magneet, wat ek sal ken!
        (Gebed – Sheila Cussons)

        Liked by 1 person

  1. As almal maar net wil besef hoe betrokke Hy by ons lewens – tot in die kleinste besonderheid – wil wees, en hoe Hy ons hartsbegeertes ken..

    Like

Gesels saam, asseblief!