Boodskappe van God

Julle ken mos daardie gevoel van daardie “regte” sms of “boodskap” of woorde van ‘n vriendin wat jy kry “net op die regte tyd”, wanneer jy dit só nodig het?

Dit was verlede jaar wat angstigheid my ‘n bietjie geteister het. Angstigheid oor ons land. Angstigheid oor ons boerery. Grondhervormings… Angstigheid bring jou nêrens. Dit verlam jou.  By die Here het ek my rus gevind. Is dit Augustinus wat iets soos hierdie gesê het: “Ek vind net rus as ek dit in U vind”? Hy was só reg.

Die Here is nogals lief om vroeg in ‘n jaar, sommer in die eerste paar dae van die nuwe jaar, vir my ‘n “boodskap” te gee. Iets wat Hy beklemtoon. Iets wat Hy wil hê ek moet hoor. Inneem. Gehoorsaam.

Op 2 Januarie vanjaar gee Hy vir my hierdie boodskap. Ek wil net verduidelik, dis nie sommer net Bybel lees en whala, hier is die boodskap nie, Dis anders.  Dis ook nie iets wat ek sommer uitdink nie. Mens weet as dit ‘n direkte opdrag van God af is. Hy gee vir my Hand 26:16,17: “Maar staan op, staan regop. Ek het aan jou verskyn om jou as my dienaar aan te stel. Jy moet my getuie wees van wat jy van My gesien het en van wat Ek jou nog sal laat sien. Ek sal jou beskerm teen die volk Israel en teen die heidennasies na wie toe ek jou stuur. Jy moet hulle oë oopmaak sodat hulle hulle van die duisternis tot die lig en van die mag van die Satan tot God kan bekeer.” Moet ek meer sê? God sê vir my: “Getuig! Moenie bang wees vir enige iemand wat dit teenstaan nie. Hy sal my beskerm.” Sjoe!

So ‘n maand gelede begin die angstigheid weer sy voelers na my toe uitsteek. Ek sê vir niemand daarvan nie, hou my “pose”. Net ná ‘n haarafspraak stuur my haarkapster vir my dié boodskap: “God sê ek moet vir jou sê, ‘Sien My Hand in jou lewe’… Dit kon nie op ‘n beter tyd gekom het nie, want toe ek my oë daarvoor begin oopmaak… besef julle hóé baie God se hand in ons lewens werk? Ongelooflik!

Die laaste paar weke kom die woorde, “vernuwe jou denke”, orals te voorskyn. In my persoonlike bybelstudie, by die Pinkster, by ons gesamentlike Bybelstudie, in die kerk… God herhaal Homself nie onnodig nie.

Vanoggend skryf ek iets oor die reën op faceboek, en skryf, “God is in beheer.” Daarné lees ek gou wat die ander geskryf het. Van die eerste faceboekinskrywings wat ek lees, skryf die persoon oor iets heeltemal anders, “God is in beheer.” Hy herhaal Homself nie Sonder Rede nie! 🙂 Hy ís in beheer!

Mooi dag!

Toorts

 

9 thoughts on “Boodskappe van God

    1. Hy Is in beheer. Dit sien ek sommer net die afgelope paar dae. Sterkte vir jou. My beste raad on sulke amper opgee tye. Gaan raak stil by die Here. Sit aan Sy voete. Vat jou Bybel. Lees sommer net waar jy wil. Reageer op wat Hy sê. Vertel Hom jou probleme hoekom jy wil opgee. Huil voor Jom as jy so voel. Sit daar tot jy beter voel. Sterkte.

      Like

Gesels saam, asseblief!