Jool en tandarts

Scrapydo se toeka:tokkel – Studente

dentist-working-teeth-22334305Witsuniversiteit, jool en tandarts kan ek in een asem noem.  Voordat ek as leerling by Jan Cilliers laerskool met my griffel somme op die swartbordjie kon maak, het ek al geweet waar is Witsuniversiteit.  Hy was ‘n baken op ons pad.  Ry jy met die bus in Johannesburg toe, draai die bus links by die universiteit.  Wil jy by die stasie afklim, begin jy jouself gereed maak wanneer jy Wits sien.  Wil jy hierheen of daarheen, klim jy by Wits af, en stap soveel blokke die kant, of daardie kant toe.

Die lekker deel van Wits was die jaarlikse jool.  Vroeg, vroeg is jy al aan jou pa se hand langs ‘n straat tussen ‘n malende klomp mense wat wag vir die vlotte om verby te kom.  Mense sit op dakke, loer by vensters uit, en hang soos vinke aan lamppale.  Daar is ‘n gees van opwinding, lag en baie praat in die lug.  Vreemdelinge wat ander dae verby mekaar sou loop, gesels nou soos ou vriende, en met elke minuut groei die afwagting.  Dan kom die uitroepe, “Hier kom hulle!!” Mense staan op hulle tone, en rek hulle nekke.  Musiek wat eers vaagweg hoorbaar was, word duideliker, en dan verskyn die eerste tekens van kleur.

Studente in kleurryke kostuums slaan bollemakiesie, loop op hulle hande, maak danspassies, en hou blikkies uit na die mense vir donasies.  Die vlot met die joolkoningin, en haar prinsesse gaan verby.  Sy lyk soos ‘n sprokiesprinses soos sy daar doer in die lug op ‘n troon van blomme sit.  Sy en haar prinsesse glimlag stralend, en waai vir die mense.  Jou oë wil nog kyk, maar dan is hulle verby.  Daar is nie tyd om jou daaroor te verknies nie; met baie musiek, en kleur, en beweging kom een na die ander vlot verby…. die een wil mooier wees as die ander.  Jy vergaap jou aan dit wat hier voor jou oë afspeel.  Jy het in die bladsye van ‘n storieboek beland het, en wens dit wil aanhou, maar ook hierdie lekker kom op ‘n einde.  “Volgende jaar kom ons weer,” bring ‘n mate van vertroosting.

Die nie so lekker deel van Wits nie was die tandarts.  Geen kind is lief om tandarts toe te gaan nie, en om dan nog alleen ‘n bus te haal – daardie groot grys gebou te nader – en soos ‘n verdwaalde lammer deur die vertrekke te stap op soek na die tandheelkundige afdeling, was nie ‘n grap nie.  Vir my kinderoë was die groot kamer, of sal ek sê saal met sy baie tandartsstoele, ‘n martelkamer.  Daar was ook nie ‘n bekende gesig om jou te bemoedig nie; elke keer het ‘n ander student aan jou tande gewerk.  Op een so ‘n dag word al die studente wat in die martelkamer gewerk het geroep, om na my byt te kom kyk.  Hulle maak ‘n kring om my, en bespreek my tande asof ek ‘n perd is.  Een vir een kom loer hulle in my mond, en vergaap hulle aan die gaping tussen my boonste en onderste gebit.  Ek was toe al ‘n groter, en baie bewus van myself, dus was hierdie inspeksie ekstra marteling.

Maar soos met alles vat ‘n mens die bitter saam met die soet.

Advertisements
This entry was posted in 'In opdrag..... Bookmark the permalink.

18 Responses to Jool en tandarts

  1. Grinnik… skuus dat ek glimlag, maar daardi8e tandarts ding was darem ‘n pyniging

    Like

  2. Lekker gelees hier!As jy ‘n tiener was,was die tandartsding seker loutere verleentheid…studente wat in jou mond loer. 😆

    Like

  3. seegogga sê:

    as jy vooraf geweet het van die kraam sou jy seker baie ver geharloop het!

    Like

  4. scrapydotwo sê:

    O nee, dis darem n vernedering om so deur “studente” bestudeer te word. Tandartse en kraamsaal is is albei nie goeie plekke om toeskouers te hê nie. Dankie vir jou mooi bydrae 🙂

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s