Boeke in die asdrom

Scrapydo se toeka tokkel: Boeke

Girl Student with Booksmy grote liefde vir boeke het ek al voorheen geskryf.  Dink sommer nou aan daardie ou Kaapse verhale wat ek verslind het; ai, my arme hart!!!  Maar dit was Heinz Konsalik wat loshande gewen het.  So verslaaf was ek aan sy boeke dat ek hulle gekoop het, en was ek nie trots op my versameling boeke nie.

Nege maande na my bekering trek ons tussen die mielielande in.  Op ‘n dag sit ek op ‘n tafeltjie voor die boekrak, en bekyk my boeke met genoë.  “Brand daardie boeke,” sê ‘n stem so duidelik, dat ek omkyk om te sien wie praat.  Dit was die eerste keer dat ek God se stem gehoor het.  Wat ek nog nie geleer het nie is, wanneer die Here praat gehoorsaam jy.  Natuurlik skop die vlees vas; Ek het onmoontlik reg gehoor, besluit ek.  Die Here weet hoe duur hierdie boeke was, en hoe kosbaar hulle vir my is.  In elk geval ‘n mens brand nie boeke nie!!!

‘n Tweede keer kom die Stem; “Brand daardie boeke.”  Dit is duidelik dat die boeke moet gaan, maar BRAND!!!.  “Goed Here,” ek sal die boeke laat gaan, ek sal hulle weggee.”  Dit klink vir my na ‘n goeie “deal,” maar dit is nie wat die Here van my gevra het nie.  Die volgende oomblik kom daar so ‘n oortuiging oor my dat dit voel asof die boeke my brand.  “Ek sal hulle brand Here,” sê ek vinnig, en begin die boeke uit die boekrak pak.  Ek dra hulle buitekant toe, en gooi hulle in ‘n asdrom.

Daar staan ek en kyk hoe die eerste vlamme aan die bladsye lek, en dan al hoër opvlam totdat dit wat vir my kosbaar was in as verander. Was ek nie so onder die oortuiging van die Heilige Gees nie, het ek myself seker in sak geklee, en die as van daardie boeke oor my kop gestrooi.  Dit was net die begin van ‘n pad waar ek sou leer om uit gehoorsaamheid, kosbare dinge af te lê.

16 thoughts on “Boeke in die asdrom

    1. Dit gaan nie oor die boeke nie Blanche, maar oor ‘n pad wat die Here met elke mens stap. Hy sou my nog baie keer daarna vra om dinge af te lê (m.a.w my vingers om dinge los te maak) om my gehoorsaamheid te toets. Dis die pad wat ek en God gestap het. Al hierdie dinge was baie, baie nodig om my te vorm. Ek was ‘n ontsettende rebel…. teen God en mens in opstand gewees. So stap Hy met elke mens sy eie unieke pad.

      Liked by 1 person

    1. Netso Sparkle 🙂 Die Here weet wat om te gebruik om in die mens te werk. Hy weet wat is skadelik of nie. Hy weet ook met wat om ons te toets.

      Like

        1. Jy het dit gesê 🙂 Net in ‘n baie ligter mate is dit presies dit. Ons het die keuse om nie te gehoorsaam nie, maar dan is daar nie groei nie.

          Like

  1. My pa het altyd gesê ‘n mens moet die moed hê om te leef volgens jou oortuigings, selfs wanneer ander nie met jou saamstem nie, anders sal jy nooit vrede vind nie. Jy het moed. Voorspoed op jou pad.

    Like

  2. Dis baie goed as mens so vas kan staan in die geloof. Dit gaan seker nie rerig oor die brand van die boeke nie maar eerder oor die inhoud wat n mens se gees bevuil! Dankie vir jou boeke-deelname. So bly jy het die ‘regte” pad ingeslaan en nie jouself heeltemaal vernietig nie.

    Liked by 1 person

    1. Die Here se gedagtes en weë is sovêr verhewe bo ons s’n dat ek geleer het dit is beter om Hom te gehoorsaam as om die inns and outs te probeer verstaan. Scrapydo ek was op ‘n pad van vernietiging, en dit was God wat in Sy groot genade my tot stilstand gebring het. Wil nie eers dink waar ek my nou sou bevind het, het Hy nie ingegryp nie.

      Like

    1. Omdat dit die eerste keer was wat die Here so direk met my gedeel het, was dit bietjie oorweldigend. Maar ek het nooit weer teruggekyk en jammer gevoel dat ek dit gedoen het nie.

      Like

  3. Ja, mens moet baie seker maak dat iets nie ‘n ‘verslawing’ of afgod in jou lewe raak nie. En dit kan enigiets wees, nie soseer net boeke. God sal dinge wat verwydering tussen jou en Hom bring, aanspreek. Dan is dit jou keuse of jy gehoorsaam wil wees of nie.

    Kameel, Openb 19:7-8 is spesiaal vir jou. Wat ‘n pragtige belofte. Ek glo jy sal die simboliek hier begryp. Ek dink mens kan kies of jy wil bruid uitmaak, net gas wil wees of bedienaar op die bruilof van die Lam. Koester jou bruidskleed.

    Like

    1. Dankie Spokie. Wat ‘n pragtige skrifgedeelte!!! Ai, as ek so lees kan ek skaars wag vir daardie heuglike dag. Om te dink ons gaan Hom van aangesig tot aangesig sien. Come Lord Jesus!!

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!