Belê in jou huwelik

Om te belê in jou huwelik is die beste ding wat jy ooit kan doen.  Jy en jou huweliksmaat het mekaar immers gekies om watter rede ook al, maar, hoop ek, omdat julle mekaar lief het. Want om jou hele lewe te deel met iemand vir wie jy nie lief het nie, moet moeilik wees!

Een of ander soetsappige poster het in my jongdae iets gesê, soos, dat liefde soos ‘n blom is, as dit nie water kry nie, gaan dit dood. Dis beslis so. Liefde moet gevoed word. Maar liefde is ook wonderlik – dit kan al so na aan dood wees as kan kom, as dit weer water kry, staan dit op en kan dit nuwe blomme gee.

Daar is baie maniere om te belê in jou huwelik. Die eerste belegging wat jy daarin kan maak, is ‘n bereidheid om van jouself te gee. Om dalk ‘n bietjie uit jou gemaksone te beweeg en iets meer vir jou huwelik te doen as wat jy gedink het jy sal.

Om ‘n leerbare gees te hê en bereid te wees om by ander te leer, is van jou beste beleggings wat jy in jou huwelik kan maak. Spits jou ore. Hoor wat ander mense sê wat vir hulle werk. As jy lief is vir lees, doen dit. Kry huweliksboeke. Lees in tydskrifte. Toe ons pas getroud was, was daar so ‘n rubriek in ‘n tydskrif. Mense het vir ‘n persoon briewe geskryf waarin hulle hul probleem geskets het en die persoon dan raad gegee het. Ek het dit met al my oë en ore gelees en geleer daardeur, want ek wou nie hê so iets moet my huwelik tref nie. Dis regtig nie snert, soos baie mense dit afgemaak het nie.

Doen saam iets. Net julle twee alleen. Ja, dis lekker as die kinders by is, en soms doen ons goed as gesin saam, maar maak tyd vir mekaar. As jy ‘n kinderoppasser het, los die kinders by hom/haar en gaan eet saam uit. Of as jy die kinders vir ‘n naweek by iemand kan los, gaan hou ‘n romantiese naweek vir twee. Of, terwyl die kinders in die skool of by die dagsorg is, gaan eet middagete alleen iewers saam. Iets anders as die normale. En as dit nie anders kan nie, sit die kinders vroeg in die bed en beplan iets lekkers daarná.

Doen ‘n huweliksverrykingskamp minstens een maal in jou lewe, maar verkieslik elke paar jaar, selfs al hoor jy dieselfde goed weer oor. Dis nodig dat ons net ‘n bietjie weer op mekaar fokus.

Raak vindingryk. Doen iets spesiaals. Sou dit geld kos en jy dit kan bekostig, hoekom nie? Dis vir julle ALMAL se beswil dat dit goed moet gaan met jul huwelik.

Groete

Troutoorts

13 thoughts on “Belê in jou huwelik

        1. My man sê ek moet leer om te luister, luister, luister! 😀 Dis waar ook hoor, mens is geneig om so deur jou dag te hardloop dat jy nie altyd hoor as jou maatjie praat nie.

          Liked by 1 person

  1. Jip, die huwelik … kan nooit suksesvol wees sonder wedersydse effort nie. Nou dat ons half ‘n leënes het, gaan dit baie lekker. Ons gesels weer, maak grappe en so voorts … amper soos in die dae toe ons ontmoet het, toe het ons net meer energie gehad – ons mis dit 🙂

    Like

  2. Nog ‘n goeie punt is om mekaar ruimte te gee en nie te dink jou maat is jou besitting nie.Elkeen moet toegelaat word om ten volle te wees wie hy/sy is,en nie iemand te wees wat die ander een wil hê hy of sy moet wees nie.
    Die huwelik is voorwaar harde werk,maar lekker as jy die resep regkry.Ons is al amper 40 jaar getroud en dis nou éérs lekker!

    Liked by 2 people

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s