Ek kan nie stil bly nie

Vir mense wat nie in ‘n lewende God glo nie en hier lees, wil ek net sê: Ek is jammer. Ek kan ongelukkig nie stil bly nie! Hierdie dinge is GROOT dinge. Dis dinge wat met ons gebeur, en as ek stilbly, misken ek God en Sy Grootheid… en dan sondig ek BAIE erg. Ek voel hierdie blog is my uitlaatklep, my plekkie waar ek ook my getuienis kan lewer as ek die dag sou wou. Dit is ook die plek waar mede-gelowiges saam met my kan juig oor die wonderlike God wat ek dien!!

Hier in die Overberg, net soos in die Suid-Kaap en baie ander gebiede het ons vanjaar ‘n rekord laagtepunt gehad wat betref reën. As ons twee-derdes van ons normale reënval gehad het sedert saaityd, is dit BAIE. Eintlik het ons nog minder gehad. Dit is NOG STEEDS bitter droog en ons gaan die somer in…  (Ons het gister goeie reën gehad.) Ek het beleef hoe ‘n hele gemeenskap saamstaan en saam bid. Aanvanklik het ek soos ‘n besetene gebid, emails uitgestuur om mense te vra om te bid, geskryf op my blog. Op ‘n stadium het ek besluit om nie meer vir reën te bid nie, maar dit aan God oor te laat – Hy weet wat Hy doen. Hy is ‘n God van wonderwerke. Hy het dalk vir ons iets in gedagte waaraan ons nog nooit gedink het nie. Ek het bly glo dat Hy ons al geslagte lank gespaar het op ons plase, hoekom kan Hy dit nie nou ook doen nie?

Op hierdie oomblik wat ek hierdie stuk skryf, is ons nog nie ver in die oestyd nie. Daar is lande wat nie goeie opbrengs gelewer het nie, bv die koring is baie swak. Maar dag na dag kom my man huis toe met kommentaar oor die dag wat my mond laat oophang. Hier is lande wat opbrengste gee (gars), soos wat ek nog nooit van gehoor het nie! En as jy by daardie lande verbygery het, was hulle spierwit verbrand! Wonderwerke! Regte egte wonderwerke! Natuurlik het ons als gedoen wat menslik moontlik was, als wat van ons verwag was om ‘n goeie oes te verseker. Maar sonder reën en sonder die genade van God is ‘n suksesvolle oes nie moontlik nie. NIEMAND sal my van iets anders oortuig nie!

6 thoughts on “Ek kan nie stil bly nie

  1. ek is so dankbaar omj dit te hoor. Ons het die droogte saam met juille beleef en was baie bekommerd. Dis wonderlik om die goeie nuus oor die oeste te hoor, nie net b julle nie, maar by ander boere ook

    Like

  2. Die liedjie, my God is so Groot en so Magtig, daars niks wat my God nie kan doen! En dit het ons duidelik hier te beleef in die Overberg, maak nie saak hoe die oes is nie, party het bietjie meer ander minder, maar as mens na reenval statistieke moet kyk, moes daar niks gewees het op die lande nie, maar ons kan net die Eer aan die Here gee, want Hy het voorsien!!!!!

    Like

Gesels saam, asseblief!