Rebus, hier kom ek!

Ons is ñ groep vroue, bloggers, en tussen ons klompie het ñ dorp ontstaan, Rebusfontein. Iewers in Suid-Afrika. Iewers in ons lieflike land.
Hierdie hoofstuk sluit by ñ menigte voriges aan. Jy sal dalk frons, jy sal dalk wonder. Ja, Rebus bestaan. Vir ons, en dalk vir jou.
Rebus is ons wegloop-plek, en soms ons wegkruipplek. Maar feite is, Rebus is ONS s’n.
As jy ooit lus is om deel te word, om deel te neem, sê net, en jou droom sal bewaarheid word.

………

Soos Una tereg gesê het, Rebusfontein bestaan. Ons is baie lief vir ons Rebus. En ons is glad nie so geslote nie, enige iemand wat lus voel om by ons aan te sluit en saam met ons allerhande lawwe avonture te hê, is meer as welkom. Tussen ons Goue Vroue het ons pret, speel ons saam, huil ons saam, lag ons saam.

Maar, soos julle sien, staan my kop nou Rebusfontein toe, en as my kop soontoe staan, staan elke liewe ander ding op die planeet en verder vir my doodstil. Dit kan wag as Rebus wag.

Want …

In Rebusfontein …

is ‘n nuwe Goue Vrou!

Jaaaaaaa!

En dít is genoeg om die aarde te laat stilstaan!

‘n Nuwe maatjie in Rebusfontein!

En weet julle wat? Die Goue Vroue is almal besig om vinnig hulle goedjies bymekaar te kry om so gou as moontlik daar te kom en die nuwe maat te verwelkom. Dit is beslis nie iets om te mis of te ignoreer nie! O nee, een vir almal en almal vir een!

So Toortsie se kop werk oortyd. Ek dink net aan …

WATTER KOS KAN SY SAAMNEEM?

Want as ek by Rebusfontein kom, wil ek net kuier. Nikse gewerkery en kosmakery nie.

Turksvye! Jaaaa! Iemand het vir haar ‘n hele bak vol turksvye gebring!

Kerrievis! Van die rooi vis wat ‘n ander vriend gemaak het. Laat ek nou dadelik kerrievis gaan maak.

Guacamole. Wat vir ‘n ding is dit? Ek weet nie, maar ek sal nog uitvind. Sien, een of ander firma wat graag aan Toortsie ‘n voedselverwerker wil verkoop, het vandag vir my so ‘n resep gestuur. Dit lyk na iets wat wat ek sal kan maak en dit lyk selfs Bantingvriendelik. Wag, laat ek kyk: Twee avokado’s, ‘n klein rooi uitjie, twee tamaties, lemmetjiesap (suurlemoensap sal seker ook werk), halwe jalapeno … dis nou net daar waar die pawpaw die fan strike, want is ‘n jalapeno nie skerp nie? Ek hou nie van brandkos nie. Sal twee ingelegde peppadews dalk werk? En sout en peper. Google sê ‘n ou bietjie knoffel sal ook nie sonde doen nie. Ag man, as dit dan nie Guacamole is nie oor die jalapeno, noem ek dit sommer Avokadosmeer, of, as ek dit nie so erg fyn maak nie, wat stel julle voor? Wat kan my avokadobesigheid genoem word?

Sadekoekies. Gou-gou by Clicks en Checkers gaan kyk hiervoor om saam met die avokadobesigheid te eet, sien.

En ‘n klompie hoenderpasteitjies. Ek het juis vandag gekry. Nie dat dit heeltemal Bantingvriendelik is nie, maar ‘n mens weet mos nooit watter honger een by my deur instap nie, of hoe?

Dubbelroomjoghurt, pekanneute, natuurlik ‘n blok of twee kaas, en ‘n klompie grenadellas uit my man se tuin. Dit sal die ding doen!

Ag, en ‘n pakkie tjoppies om te braai.

En dan, Kareltjie. Hy moet ook saam. Want hy moet sy ounooi se vloere stofsuig as sy nie daar is nie. Nee man! Kareltjie is nie ‘n mens nie, hy is ‘n stofsuier! Gewillig, hoor, maar baie bekkig en vol strooi. Hy hou nie van matte met fraiings nie. En as hy eers sy gebied afgebaken het, soek hy nie ‘n geskuiwery van enige iets nie.

Nou toe, Goue Vroue! Hoe lyk dit? Is julle op pad?

Laaste, maar nie die minste nie, W E L K O M I N R E B U S F O N T E I N, San! Welkom, Welkom! Jy kan gerus rondkyk daar in Rebus en self besluit waar jou huisie gaan staan. Weet jy, wat so lekker is van ons huisies daar, is dat dit kan rondskuif. Ons maak sommer maklik vir jou plek! Rebus se hart is, nes ons Goue Vroue s’n, oop. Jy gaan dit só geniet daar! Ek kan nie WAG om jou mooi huisie te sien nie!

Seegogga! Aalsie! Is julle reg? Klaar gepak? Ek is nou daar by jou om jou op te tel. En Appeltjie en Trommeltjies, ek tel sommer vir julle ook op sodat ons klomp Kapenaars sommer saam ry. Die ander Goue Vroue, ek hoop julle is al daar as ons daar kom! Tannie Frannie, ons moet juis jou terugkeer na Suid-Afrika ook vier! Christa. Positief. Sonell. Scrapydo. Woordnoot. VirgoC. Ag, en as ek per ongeluk een van julle oorgeslaan het, hoe voel dit dan nou soos met die Nagmaal, is iemand oorgeslaan, blameer asseblief my los kop daarvoor en my haas om in Rebus te kom!

Toortsie

29 thoughts on “Rebus, hier kom ek!

  1. Rebusfontein, sê jy. Dit klink na enige skrywer en dromer se ideale gedagte – ‘n dorp van ons drome, ‘n plek om te gaan wegkruip of stories sommer so onder die klippie op te tel! Dit klink fantastasties!

    Liked by 2 people

          1. Url? Dis die adreslyn wat jy tim om by jou blog te kom. Jy tik dit in dat jou blog oopmask. Kleur dit in. Regskliek. Copy. Dan, wanneer jy kommentaar lewer vra hulle jou webblad se url. Dan regskliek jy daar en paste. 😀

            Like

        1. My liewe hemel, ek het sowaar nou ‘n halfuur spandeer om die gesprek weer op te spoor – natuurlik wil ek ook na Rebufontein toe kom. Ek wil ook ‘n plekkie hê om soms te kan wegkruip en op die koppie rondstap opsoek na stories … solank ek net nie kos hoef te maak nie. My naam, net vir almal, is Nossie ☺ – en ek hoop julle kan my nou opspoor. Dit gaan soms maar rof die kant – want ek het besluit om te begin swot vandat ons na die nuwe land toe getrek het … en is dit nou baie werk. Ek kom min by skryf uit … maar as die emosies hoogloop en die energie laag, weet ek altyd: Ek het te lank laas geskryf. Julle klink na die perfekte klomp mal mense wat ek nodig het as ek nie lus het om met enige iemand in lewende lywe te wil gesels nie. Ek kry nie altyd al die blogs gelees nie, maar wanneer ek wel doen is dit heerlik om te siien daar is ander mense wat dit ook geniet om net te kan SKRYF! Groete uit Suriname, Nossie

          PS – ek het nou die blokkie geclick om my op hoogte te hou van die gesprek … so ek sal nie weer so lank hoef te soek nie. Ek gaan beslis ook probeer om dalk so bietjie meer van jou uitdagings en so aan te pak, mens so bietjie dwing om te skryf en anders te dink.

          Like

          1. Jippieeee! Una het jy gesien? Sy wil ook Rebus toe kom! So, Nossie, pak jou goedjies, kom betrek jou huisie (natuurlik is en lyk die huisie soos wat jy daarvan hou) en kom kuier saam! Ons is juis nou besig om Rebusfontein behoorlik op horings te neem.

            Liked by 1 person

    1. Julle sal my moet help met daai Avo besigheid. Dink dit klink bietjie vreemderig vir my met my boerekossies. Ek het genoeg pasteitjies. Tuisnywerheidpasteitjies. Daar is beslis genoeg. 😀

      Like

        1. Jou vergeet? O nee! Jy is saam met die Kapenaars genoem! Lees weer! Ek belowe! 🙃😊👩🏻‍🍳 Ja, kom help asb, want dit wat ek toe probeer maak het, was nie opwindend nie.

          Like

Gesels saam, asseblief!