Scrapy se wasdag uitdaging: Vreugde

Ná verlede week se frustrasieblog, wat ‘n vreugde om oor vreugde te skryf! (Weeklikse bloguitdaging deur Scrapy.) Ek glo, dat selfs in die slegste van slegte omstandighede, wanneer jy voel of die aarde op jou omval, jy, as jy mooi kyk, dalk tog iewers ‘n ietsie kan kry waaroor jy bly kan wees. ‘n Stukkie hoop. Dalk is dit net ‘n sonstraal wat op iets skyn wat vir jou waardevol is. Of ‘n mooi sonsopkoms. ‘n Mooi wolk. Iemand in die skare wat vir jou glimlag. ‘n Hoopvolle SMS of Whattsapp uit die bloute …

Vreugde

Die vrug van die Gees is liefde, VREUGDE … In ‘n ry van omtrent 9 woorde wat die vrug van die Gees beskryf, word vreugde tweede genoem in Galasiërs 5:22.

Vreugde as ‘n kleinkind gebore raak. Vreugde as daar herstel in ‘n verhouding kom. Vreugde oor ‘n bui reën.

Die vreugde in die kelner se gesig toe hy die vrou wat alreeds vir twee jaar oorsee woon, by die restaurant sien instap. “Oh, my goodness! Are you here?”, en hy kom om haar ‘n drukkie te gee. En toe hy hoor dat sy terug is om te bly … v r e u g d e ! Opregte vreugde. 🙂

Vreugde wat jou selfs laat huil, so oorweldigend is dit.

Vreugde, elke keer wat jy in jou presenthuisie instap. Elke keer wat jy die see sien en dit raak jou hart. Vreugderoepe wanneer die munisipaliteit se dromskoonmakers ‘n houertjie vol lekkers op die drom sien staan.

Vreugde wanneer twee lewenslange vriende mekaar raakloop. Vreugde as jou kinders kom kuier. Jou kleinkinders kom kuier. Vreugde om kinderstemmetjies te hoor, kindervoetjies op houtvloere.

Vreugde wanneer twee mense wat mekaar liefhet, trou.

Vreugde is om my erg bejaarde ma ná ‘n hele klompie maande op ‘n afstand te sien en te sien dat sy positief is, ontspanne is en goed versorg word.

Vreugde wanneer iemand sy hart vir die Here gee. Na Hom draai. Sy sondes bely en wegdraai daarvan en regtig ‘n nuwe lewe begin.

Vreugde wanneer iemand deur Transformasie Gebedsbediening – Transformation Prayer Ministry (TPM) verligting kry van iets wat hulle al hulle lewe lank swaar dra. Vreugde dat God vir hulle waarheid bring. Vreugde dat hulle totaal bevry mag wees. Nie net die vreugde in die kliënt se hart nie, maar die vreugde ook in die fasiliteerder s’n, om die deel te mag wees van hierdie wonderwerk wat voor jou oë gebeur, die oorwinning. Hoe kan jy dit beskryf? Dit gee jou vlerke, vir jou as fasiliteerder asook vir die kliënt.

Vreugde om God se kind te mag wees. Gered. Verlos. Vergewe. Vir altyd.

Toortsie

8 thoughts on “Scrapy se wasdag uitdaging: Vreugde

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s