Soos reeds genoem is ek besig om ‘n gewigsverlieskompetisie geskoei op die Keto-leefstyl vanaf 1 Februarie tot 30 April 2022 te loods.
Die inskrywingsfooi is R650 en daarvoor kry die persoon al drie Toortsie se resepteboeke, word deel van ‘n Whattsappgroepie van deelnemers wat mekaar ondersteun en opbou en kry weekliks ‘n opleidingsessie op die Whattsappgroepie deur ‘n gekwalifiseerde Bantinggids.
Die persoon wat die grootste persentasie gewig verloor (bereken as volg: Gewig verloor gedeel deur begingewig maal 100) kry ‘n heerlike prys. Daar is alreeds ‘n hele paar borge wat ingekoop het hierby. Daar is byvoorbeeld ‘n naweek vir ‘n gesin van 4 op Struisbaai, geskenkpakkies van verskillende persone, ens.
Maar dis nie slegs die persoon wat die grootste persentasie gewig verloor het wat wen in hierdie kompetisie nie. Elke persoon wat deelneem, sal ‘n wenner wees. Hy/sy sal deel wees van ‘n groep mense wat mekaar opbou. Dit is ook die eerste stap na ‘n nuwe, gesonder leefstyl waar jy nie op jou eie gaan sukkel om dit te bewerkstellig nie, maar deurentyd mense sal hê wat jou aanmoedig. Die persoon word ook aangemoedig tot matige oefening.
Wie kan deelneem? Enige persoon wat ‘n gesonder leefstyl wil doen. Hy/sy doen dit op EIE risiko en verkieslik sal dit goed wees as hy/sy met sy/haar geneesheer daaroor gepraat het vooraf.
Wat het die deelnemer nodig? ‘n Skaal. Hy/sy moet heeltyd op dieselfde skaal weeg, verkieslik in dieselfde klere en met kaal voete. Toegang tot Whattsapp. Die heel belangrikste: Die WIL om ‘n sukses te maak hiervan. Positiewe ingesteldheid.
Die wenner word op 3 Mei 2022 aangekondig.
Hoe skryf die persoon in? U kan my kontak per e-pos by madeleburger@gmail.com. Die inskrywingsvorm sal ook op hierdie blog verskyn, of ek kan die inskrywingsvorm vir u epos. Die bedrag van R650 is aan my betaalbaar en dan stuur ek dadelik die boeke.
Enige persoon regoor die wêreld kan deelneem, veral ter wille van die ondersteuning. Maar … die koste om die boeke en die prys by jou te kry as jy oorsee woon, is joune.
Kyk gerus HIER indien u meer van my skrywes oor die keto-leefstyl wil lees.
Kyk HIER vir die INSKRYWINGSVORM.
Hierdie bloginskrywing het oorspronklik verskyn in Toortsie se Ketoblog, ‘n blog waar daar net oor Banting, of Keto, of LCHF, en diabetes geskryf word.
Groete
Toortsie
Uitstekend! Hoop jy kry genoeg belangstelling. Dis beslis die moeite werd om saam met ‘n groep enersdenkende persone te werk.
LikeLike
Ag dankie, dit is maar ‘n probeerslag. Dalk werk dit , dalk nie. 🙂
LikeLike
Nee wat, dit sal werk. Positief bly. Hoe werk die kosvoorraad? Geejy ‘n lysie van wat nodig is of verwys jy na ‘n resep en dan word die aankope daarvolgens gedoen. Ek dink nou maar aan hoe dit gewerk het met my tydperk(gaan nie name noem nie). Hul het vir elke dag vir ‘n week drie maaltye gegee om te gebruik. Daar was ook n keuse dat as jy nie van een bestanddeel hou nie kan jy ‘n ander een gee.
LikeLiked by 1 person
Dankie vir jou positiwiteit! 😁 Nee, hul kan eet wat hul wil volgens keto riglyne, maar ek kan ‘n spyskaart ook gee as hul wil.
LikeLike
Dis ook ‘n goeie ding om spyskaart te hê, want mens weet meestal nie uit jou eie sommer wat om te eet nie. Dis nou maar my gevoel.
LikeLiked by 1 person
Ja dis ‘n baie goeie idee. Ek kan ook groeplede vra om voorstelle vir spyskaarte te maak of neerskryf wat hulle die dag geëet het en dit met die groep deel.
LikeLike
Ja, ja, you go girl. Alles om te inspireer om by program te bly.
LikeLiked by 1 person
Liefste Scrapy, jy help my baie meer was wat jy ooit sal dink! 😁 Baie dankie daarvoor.
LikeLike
Groot plesier ou dier.
LikeLiked by 1 person
Toortsie, dis nou ‘n blink waagstuk! Hier aan die begin van ‘n nuwe jaar is mens altyd gewillig om bietjie die vere reg te skud! En dis beslis makliker as jy maters het wat dit saam met jou doen.
Ek en my man is stadig maar seker weer besig om op die ‘Banting wagon’ te klim … en jou boeke gaan baie handig te pas kom!
LikeLiked by 1 person
So bly dat julle waag. 😁
LikeLiked by 1 person