Kameel – As jy maar liewer

Lê-jou-eier: As ek maar liewer

unnamed.gif

Partykeer laat ek hierdie asse met my kop mors, om dan weer vinnig tot besinning te kom. My hele lewe sou anders gelyk het, as ek liewer na my ouers geluister, en beter besluite in my lewe geneem het. Ek het net myself om te blameer vir die hartseer in my lewe, waar nie net ek nie, maar baie ander mense diep seergekry het.

Vandag wil ek eerder oor Chris praat; my ousus se skoonseun wat verlede week op die N1 dood verongeluk het.  Hy was ‘n aantreklike, lief vir die lewe mens, met ‘n breë glimlag wat mense soos bye na hom toe aangetrek het. ‘n Rukkie in sy geselskap, en die ondeunde trek in sy oë, sy aansteeklike lag, en sy omgee vir jou as mens, en jy was tuis.

Nadat Jay haar diploma gekry het, het sy  vir hom gaan werk.  Hy het haar soos ‘n stukkie goud opgepas, en haar gehelp met die koop van haar eerste motor. Ek moes deurry Pretoria toe om papiere te teken, en sien nou nog die trots in sy oë toe hy haar agterna kyk en my vertel hoe trots hy op haar is.

Chanté het hom beter  leer ken toe sy vir Liezel – sy vrou – in hulle teetuin gewerk het. Ook oor haar het Chris’n wakened ogie gehou, en – soos met almal wat sy pad gekruis het – het ook sy lief geword vir hom.  Ons het die heerlikste familietye in daardie teetuin deurgebring.

Daar was baie lag, maar agter dit was daar ook die hartseer van kinderloosheid. Jare het verloop, en baie geld is spandeer aan mediese onkostes, alles tevergeefs. My sus Rika se dogter het op ‘n stadium aangebied om as surrogaatmoeder in te staan. Daar was hoop, blydskap en baie spanning, maar na twee mislukte pogings het hulle dit laat vaar.

En toe dit lyk asof daar geen hoop meer is nie, word hulle binne twee maande ouers van ‘n babaseuntjie, wat op Liezel se verjaarsdag gebore word.  Die stil kind het as instrument gedien deur ‘n vriendin van haar. Die vriendin uit ‘n gegoede huis, het na haar egskeiding swanger geraak met ‘n ander man se kind. Op ‘n dag vra die vriendin – toe sewe maande swanger – of die stil kind nie saam met haar vir haar doktersondersoek wil gaan nie. Lang storie kort,  die stil kind gaan saam en hoor dat haar vriendin beplan om die baba te laat aanneem. Sy het ‘n egpaar wat belangstel en gaan hulle daardie aand ontmoet. Die stil kind vertel haar van Chris en Liezel se begeerte na ‘n kind, waarop die vriendin sê sy kan hulle vra om haar te bel.  Daar was baie drama rondom die saak met oupas, en oumas, en tot die biologiese pa wat aanspraak gemaak het… maar daardie seuntjie was vir hulle twee beplan.

Die laaste keer wat ek Chris gesien het was by Jay hulle aan huis. Daar was heelwat mense; die manne wou braai en rugby kyk. Chris, gesout in sulke dinge maak ‘n plan en kort voor lank is almal gelukkig. Dit was al donker toe hy voor my op die gras kom sit, my skoene uittrek en my voete begin masseer. Ek het probeer keer maar hy het net gelag en gesê ek moet ontspan en dit geniet…. wat ek toe ook gedoen het. Min wetend dat die uurglas besig was om leeg te loop, en dit ons laaste tydjie saam was.

Verlede Vrydag is hy dood. Hulle seun, nou veertien jaar oud, sou saam met hom gery het, maar op die nippertjie het hy vir Liezel gesê hy moet eerder saam met haar ry. Genade onbeskryflik groot!!!

Maandag is sy roudiens. Ons harte is seer, en soos dié wat hom geken het sê, “Ons gaan jou breë glimlag, lekker lag en liefde vir die lewe mis.”

Chris, as jy liewers iets dringends op die plaas gehad het om te doen, en nie met jou bakkie die pad gevat het nie was jy nog met ons. As ons maar net die horlosie kon terugdraai.

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

 

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

29 Responses to Kameel – As jy maar liewer

  1. the OP sê:

    Reblogged this on YAHWEH-NISSI and commented:
    .. ter nagedagtenis aan Chris…

    Like

  2. Kameel, ek is nou sommerbaie hartseer en jammer oor die verlies van julle vriend en familielid. Sterkte vir julle.

    Liked by 1 person

  3. Watter lieflike herinnering het hierdie omgee-mens vir jou agtergelaat!

    Liked by 1 person

  4. travel460 sê:

    Die ‘asse’ van die lewe, Kameel. Daarom dat ek nie hierdie week kan deelneem nie. My asse is net te diep en te groot. Sterkte vir julle almal.💐

    Liked by 1 person

  5. Ag dis hartseer…sterkte Kameel.

    Liked by 1 person

  6. Oeheee, hoe ruk my hart vir hierdie seer wat jy so oop en bloot voor ons kom neerlê het, maar tussendeur sien ek ook ‘n ode deurtrek met respek. Mag julle formidabele Chris in vrede rus en sterkte vir sy vroutjie en hul seun….

    Liked by 1 person

  7. Onbeskryflik hartseer. AS hy liewer… het toe nie gebeur nie. Sterkte vir jul almal dis regtig n groot skok en hartseer.

    Liked by 1 person

  8. Toortsie sê:

    Kameel, is dit hiekom jy my Saterdag gesoek het?

    Liked by 1 person

  9. Dis ń pragtige ode van ń geliefde mens, jammer vir julle verlies.

    Liked by 1 person

    • Kameel sê:

      Dankie trommeltjie. Was gister sy roudiens. Het daar besef hoe vêr en wyd hy geken en geliefd was. Ons het gehuil en gelag oor die mens wat hy was. Wat vir my so mooi was is wat sy vrou gesê het, daar het nie ‘n dag verby gegaan wat hy nie vir haar gesê het hy is lief vir haar nie.

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s