Hoe sal julle voel oor ‘n GEWIGSVERLIESKOMPETISIE geskoei op die Banting/Keto leefstyl wat loop oor DRIE MAANDE met GROOT PRYSE?
Die inskrywingsgeld (R650) sluit Toortsie se 3 resepteboeke in plus ‘n Whattsappgroepie waar deelnemers mekaar bemoedig en ‘n weekliks hulle gewig aanmeld en coaching deur ‘n gekwalifiseerde Banting Coach?
En LIEFLIKE PRYSE vir die persoon wat die grootste persentasie gewig verloor … soos ‘n naweek vir 4 persone op Struisbaai? Reageer hier of stuur vir my ‘n persoonlike boodskap.
Kyk gerus HIER indien u meer van my skrywes oor die keto-leefstyl wil lees.
Groete
Toortsie
Hierdie bloginskrywing het oorspronklik verskyn in Toortsie se Ketoblog, ‘n blog waar daar net oor Banting, of Keto, of LCHF, en diabetes geskryf word.
Toortsie
Enige persoon regoor die wêreld kan deelneem, veral ter wille van die ondersteuning. Maar … die koste om die boeke en die prys by jou te kry as jy oorsee woon, is joune.
Jammer dis net in Suid Afrika.
LikeLiked by 1 person
Eintlik kan enige persoon in die wêreld dit doen. Want alles gaan per whattsapp deelneem. Dis net dat as jy die prys wen, wat dan? 😁😅
LikeLike
Het so aangeneem, het maar net skielik by my opgekom.
LikeLiked by 1 person
Ek is bly jy help my dink. 😁❤️
LikeLike
Groot plesier. Hoop jy kry ‘n lekker groep bymekaar. Is lekker om so saam die ding te doen.
LikeLike
Ja, dit is goed om so iets saam te doen. En lekker.
LikeLike
Beslis.
LikeLike
So die ondersteuning en alles kan wêreldwyd wees. Ek sal dit verander. Dankie dat jy my hieroor laat dink het.
LikeLiked by 1 person
Ek het dit nou verander: Enige persoon regoor die wêreld kan deelneem, veral ter wille van die ondersteuning. Maar … die koste om die boeke en die prys by jou te kry as jy oorsee woon, is joune.
LikeLike
Aha, daars hy! Nou sal dit werk. Gelukkig het ek no 1 + 2. Kort net no 3 nog. Sal nie hierdie keer deelneem nie. Moet eers hervestig die jaar en dan kan ek weer aandag aan ander dinge gee.
LikeLike
Ja, ek moet maar sien of hier iets gaan gebeur. 🙂
Ek dink Quantas vlieg nou, ek sal jou Inkspraak pos sodra ek by die poskantoor gehoor het wat aangaan.
LikeLike
Gaan die whattsapp n geslop
te groep wees waar net die betaalde persone kan op ingaan.? jy kan dit ook dalk noem dat dit privaat is en buitestaanders geen toegang het nie. Dankie solank vir boek se pos.
LikeLike
Ja, beslis ‘n geslote groep en ook nie ‘n ‘kuiergroep’ waar allerhande nonsens gepraat word nie. Bantingdinge vir die deelnemers om mekaar aan te moedig en te help.
LikeLike