Swendelaars

Ek wil al lankal hieroor skryf en dan vergeet ek weer of dink dat ek nie my blog met sulke mense wil besoedel nie, maar dan hoor ek weer iets …

Swendelaars. Mense wat ander mense van hulle geld beroof. Mense wat juis mense wat swaarkry, van hulle swaarverdiende geld beroof. Skelms. Ja, dis wat hulle is: Skelms.

Swendelaars. Kansvatters wat deur Facebook of enige ander sosiale media hulle kloue in goedhartige mense se harte inkry, vriendskappe begin, geloofwaardig voorkom, selfs mense verlief maak op hulle en in die proses nie net die mense se geld steel nie, maar ook hulle vriendskappe. Want die vriende waarsku, maar die mense is só vasgevang in daardie web dat hulle die voor die hand liggende tekens net nie raaksien nie, want hierdie mense is anders … en dan is die vriende ook afgesny.

Mense wat die goeie mense wat hulle goeie hand uitsteek in moeilikheid laat beland, hulle selfs beskuldig van goed wat hulle nie gedoen het nie, net om nóg geld uit hulle te kry.

Swendelaars wat op die uitkyk is vir mense wat óf self in geldnood is of dalk eensaam is, alleen is en maklik in die hand van sulke skelms beland. Skelms wat in hospitale en op ander plekke rondkyk vir eensame oumense, hulle kamtig bevriend, hulle in hulle vertroue laat neem, soveel so dat hulle sonder dat hulle besef dinge teken … Mense wat vervalsde testamente indien by die Meester voor die niksvermoedende, treurende familie dit doen en dan kos dit vir die treurendes miljoene om te bewys dat die testament vervals is en los dit eerder en die vielike skelms loop weg met die geld.

Swendelaars wat oral plase, huise, erwe, karre, wat nog, koop, die wonderlikste stories vertel, stories wat net eenvoudig te goed is om waar te wees net om ander mense se goedheid te misbruik tot hulle eie voordeel …

Mense wat jou laat dink dat jy een van die voorlopers in ‘n kompetisie is, om die waarheid te sê dit lê nou tussen jou en een ander persoon dan gaan jy groot geld wen, jy moet nog net eers weer hierdie bedrag inbetaal … jy hét al voorheen ook inbetaal, maar as jy hiérdie geld inbetaal … en dis ‘n prokureur, mevrou.

En dan is dit moeilik om te oordeel, en sal die swendelaars so maklik sê: “Moenie my oordeel nie.”

As iets te goed is om waar te wees, is dit gewoonlik.

Toortsie

16 thoughts on “Swendelaars

    1. Jip, en hulle is daar. Baie van hulle. En hulle speel op die Christen se gevoel, of sommer net op die goeie mens s’n of die goedgelowige s’n. Of die een wat geld dringend nodig het. Betaal gou R6000 oor, jy is net een van 2 wat nog oor is om die R70 000 te wen en as jy dan vir die persoon sê hy word belieg, val sy hele kaartehuisie inmekaar. Ai.

      Liked by 1 person

  1. Uitvaagsels – wat altyd daarop uit is om iemand (onskuldig) te vang – soos ‘n honger wolf! Dan daardie mense wat die oumensies uit hul laaste (aftree) geld uitbuit met hulle slim/skelm stories! Mag hulle dubbel brand!

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s