Eers sien ek by Scrapydo ‘n bloginskrywing oor rooi. Toe by Aletta en ek volg die spoor tot by Travel Talk.
Ek was nie altyd so lief vir rooi nie. Of dalk het ek dit net nie besef nie. Tog, toe ek destyds trou vra my ma my watter kleur my kombuis gaan wees en sonder om twee keer te dink was my antwoord ‘rooi’. Kenners meen dat jy nie jou slaapkamer rooi moet maak nie, want dan slaap jy nie goed nie. Ek dink nou nog dat ek tog te lekker in my kamer met die dieprooi beddegoed gebly het.
Ja, soos ek ouer word, het ek net al hoe liewer vir rooi geraak. Ek het ‘n rooi handsak, rooi skoene, wat nie stiletto’s is nie, en heelwat rooi klere in my kas.
‘n Blommekombersie van al my oorskietwolletjiesgehekel. Die ou bekende Toortsie met die rooi doek om die kop. Die doek het gebeur toe ek die aand voor die foto’s geneem moes word moeg en moedeloos begin kos maak het vir die groot geleentheid en moes keer dat ‘n haar nie beland waar dit nie moet nie en ek kleur nodig gehad het vir woema. Ietsie roois uit Toortsie 3, is dit nie?Die drie sussies – al drie het ietsie roois iewers.
'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is...
A Flashlight whose light shines everywhere, even on places where it is not so comfortable.
Beskou all artikels deur Toortsie
Interessant dat ons juis oor rooi gekuier het. Rooi bly darem maar n vrolike kleur. Ons het nounet die labwye sein gekry dat ons in lockdown in vlak vier gaan vir drie dae. Almal bly tuis. Skole gesluit. Daars Delta virus in gemeenskap in Auckland.
Jong dis die ouens wat terug kom van ander lande af. Hul moet mos terug kom. Hul word vir twee weke in kwarentyn gesit en alles het heel goed hier gegaan. Die Delta virus het van Australië hierheen gekom. Hul is nog besig om uit te vind waar, wie en hoe dit ingekom het. Australië self is heel laks met sy toelating gewees. Maar nou ja help nie om vinger te wys nie. Ons moes nooit die bubble met Aus so vinnig oop gemaak het nie. Almal van hier het eerste vlug wat hul kon kry gevat en in Aus gaan kuier.
Hoe rooier hoe mooier!! ❤
LikeLiked by 2 people
Ek stem 100 persent saam
LikeLiked by 1 person
Interessant dat ons juis oor rooi gekuier het. Rooi bly darem maar n vrolike kleur. Ons het nounet die labwye sein gekry dat ons in lockdown in vlak vier gaan vir drie dae. Almal bly tuis. Skole gesluit. Daars Delta virus in gemeenskap in Auckland.
LikeLiked by 2 people
Sterkte.
LikeLike
Daar is toe 4 ekstra positiewe gevalle. Gelukkig nog net in Auckland. Wys jou hoe vinnig dit gaan ook.
LikeLike
Mag jy gesond bly.
LikeLike
Dankie, ek het nog nie inenting gehad nie so ek bly rustig tuis.
LikeLike
Ek wonder altyd: Waar kry julle of Australië dit terwyl julle eintlik nie mense toelaat van buite nie?
LikeLiked by 1 person
Jong dis die ouens wat terug kom van ander lande af. Hul moet mos terug kom. Hul word vir twee weke in kwarentyn gesit en alles het heel goed hier gegaan. Die Delta virus het van Australië hierheen gekom. Hul is nog besig om uit te vind waar, wie en hoe dit ingekom het. Australië self is heel laks met sy toelating gewees. Maar nou ja help nie om vinger te wys nie. Ons moes nooit die bubble met Aus so vinnig oop gemaak het nie. Almal van hier het eerste vlug wat hul kon kry gevat en in Aus gaan kuier.
LikeLiked by 1 person
Aijaijai
LikeLike
Die loop maar vreemde draaie.
LikeLiked by 1 person
The blanket is impressive, dear Toortsie! 🙂
LikeLiked by 1 person
Thank uou very much!
LikeLiked by 1 person
Rooi is uitbundig❣
LikeLiked by 1 person
Natuurlik!
LikeLike