Scrapydo daag ons uit om bokstories te vertel. Ek dink dat sy eintlik wil hê dat ons die woorde wat sy gee, moet gebruik.
‘n Bok is ‘n bokkerse ding, sê hulle. Gits, praat ek nou lelik? Is bokkerse nie ‘n mooi woord nie? Blykbaar nie, sê hulle. Maar wie is hulle? Hulle wat weet van bokke en van mooi woorde en nee, hulle is nie piesangskille nie. Altans, nie hierdie keer nie.
Ek kan vir julle vertel hoe ek en my pa soms ‘n springbokkie gaan skiet het as hulle ‘n bietjie wildsvleis nodig gehad het. Net een, want as ons meer skiet, mors ons. En mors is lelik. Verkeerd. ‘n Mens skiet nie sommer omdat die bokke daar is en jy trigger-happy raak nie. Dan word daar biltong gesny en bokant die AGA-stoof gehang om droog te word en die res word afgekook en wildsvleis van gemaak. Lekker.
Of ek kan julle vertel van die mak boerboklam wat my ma-hulle blykbaar gehad het. Kyk, ‘n hans skaaplam is een ding. ‘n Hans boerboklam is iets heeltemal anders, sê hulle. Hans is nie die woord nie. Daai bok het my ma-hulle se lieflike Statebybel opgevreet. Ai, as ek dink aan die pragtige de Wet Bybel wat van die een geslag na die volgende, altyd die eersgebore seun oorgedra is en nou nog behoue by my broer se seun in die huis lê en hulle seuntjie se oë behoorlik geblink het toe hy hoor dat hy die volgende eienaar daarvan gaan wees, besef ek net watter groot verlies dit moes wees. Bokke! Mak bokke! Mak boerbokke! Wag, laat ek eerder niks sê nie.
Of ek kan vertel toe ons die nag amper in die tronk geslaap het omdat ons die nag in vlak 5 grendeltyd met ‘n wettige jagpermit op ons eie grond gaan jag het. Iemand het gedink dat ons bokstropers is en laat weet die polisie, wat ons toe inwag. My permit was op my selfoon, wat se battery pap was en tuis op die laaier gelê het. Toe arresteer hulle die verkeerde mense. Onder polisiebegeleiding moes ons toe eers dorp toe om aangekla te word. Maar is losgelaat mét die polisie se goedkeuring dat ons verder kon gaan soek na die koedoes wat die bietjie lusern wat nog op die vyf jaar erge drooggetysterde plaas is, opvreet.
Daar is min dinge vir my so mooi soos ‘n bok. Enige bok. En van ‘n bok vir sports hou ek nogal baie. Solank hulle binne die wet bly natuurlik.
Toortsie
Oulik!
LikeLike
😉
LikeLike
Daardie bybel is voorwaar ‘n groot verlies. Daardie bok het seker die gedeelte uit Ezegiël geken. God tells Ezekiel to open his mouth—not to speak, but to eat. And God hands Ezekiel a scroll, with words written on both sides, “words of lamentation and mourning and woe.” And God says to Ezekiel, “Eat this scroll.” At this point we may all be wondering: What’s going on?
LikeLiked by 1 person
Ek hoop sy maag was goed seer!
LikeLike
Ek hou van die bokstropers storie. Sal jy omgee as ek dit een van die dae vir ‘n kort verhaal gebruik? Ek weet nie wanneer nie, maar ek hou van die idee daavan.
LikeLiked by 1 person
Dat verkeerde ouens gevang is? Met graagte. Jong, die ouens was kwaai met ons en toe hul hul fout agterkom, kon hulle nie omdraai nie en toe wou die staatsaanklaer ook amper nie omdraai nie, maar einde ten laaste het alles goed uitgewerk.
LikeLike
Ek sal darem graag die storie wil lees.
LikeLike
Ek ook!
LikeLiked by 1 person
Klaar in rof uitgewerk, maar dit moet nou ‘n bietjie wag – net soos ‘n pooitjie!
LikeLiked by 1 person
Ek is nuuskierig. Sal wag. 😁
LikeLike
Ja-nee, ‘n mak bok is regtig ‘n bokker! Ek sal ook graag Anne se storie wil lees as sy oor die vang van verkeerde mense skryf. Jul het seker nie baie goed gevoel toe dit gebeur het nie. Dankie vir ‘n lekker boksorie.
LikeLiked by 1 person
Dit was baie vreemd. Ons was ‘n paar mense bymekaar en sommige moes agter in die vangwa sit. Baie baie vreemde situasie.
LikeLike
Iets wat mens nie maklik vergeet nie.
LikeLiked by 1 person
Ek hou mos van sulke avonture. Familiestories om oor te lag.
LikeLiked by 1 person
Ja man, as dit nie gebeur het nie, het ek niks gehad om te vertel nie. 😎
LikeLike
Presies!
LikeLiked by 1 person