Skielik moet ek nou gereeld klavier in die kerk speel. Dit, nadat ek dit amper nie meer gedoen het nie behalwe oor Desembervakansies op Struisbaai en Agulhas. Eintlik speel ek mos al vir jare kitaar en omdat soveel klaviere nie meer onderhou word nie, verkies ek sommer by voorbaat om kitaar te speel as hulle my vra om te begelei, bo klavier.
Ons jarelange klavierspeler van die orkes het getrek en ons het ‘n nuwe dame wat speel. Ek het by voorbaat nie aangebied om die pos te vul nie, dis vir my lekker om sommer net te kom saamspeel sonder al die ekstra verantwoordelikheid.
So met al die pandemiebedrywigheid het die orkes ook min gespeel die laaste tyd. Ons begin al verlang na mekaar. Die eerste keer wat die orkes moet speel, kan die klavierdame nie. Ek steek my hand op en dit gaan goed.
Vanoggend was dit weer my klavierbeurt. Ek kry die liedere, koop die musieknote wat beskikbaar is by Flam, ek verkies note voor my bó heeltemal op gehoor speel wanneer ek begelei. Vir as die krisis kom.
Een van die liedere is I’m no longer a slave of fear. Ek moet erken, dié lied laat my maag effens op ‘n knop. Lonelda speel saam op die kitaar, sy sing dit fantasties. Gistermiddag sit ons tweetjies ‘n tweeuurlange oefensessie in. Of ek al glo wat die liedjie sê wanneer ek dit speel, bevraagteken ek.
Vanoggend verslaap ek, word 4 minute betyds wakker en storm kerk toe. Ons oefen, leer ‘n nuwe lied aan. En speel vir die Here. Vir Hom alleen.
Want Hy het vir my in ‘n TPM-sessie gesê dat ek nooit ‘n oorlas is as ek vir Hom klavier speel nie.
Toe die gevreesde lied begin, gee ek my totaal oor. Al wat ek moet onthou, is A min, G, C, F. Niks meer nie. En ek laat my hande toe om 100% vir die Here te speel. En sit verstom, want my hande speel en speel en speel. Akkoorde, invulstukkies, lopies, toonlere, met gevoel, hard, sag … en ek sit en beskou die besigheid in verwondering.
Ek loop al heeldag met ‘n vreemde tevrede uitdrukking op my gesig. 🤓 Dis of ek skielik ontslaaf is van sekere outydse begeleimetodes ook. 🤔 Het ek gesê, alle eer aan God?
Toortsie
Amazing grace
LikeLiked by 1 person
Regtig ja
LikeLike
Ek weet presies hoe jy voel. Voor ek begin speel, bud ek eers en sê Here, dis u musiek, u instrument, dankie dat u my hande gebruik. Na voor sang is my siel so gevul net Sy Gees, ek kan amen sê en huis toe gaan .
LikeLiked by 1 person
Ek het gedink dat jy presies sal weet waaroor dit gaan.
LikeLike
Dit is ‘n wonderlike gebeurtenis.
LikeLiked by 1 person
🙂
LikeLike
Dit is nou regtig aan die hand van God hoe jy gereageer het. Pragtig, baie bly jy voel onslae van die slaaf wees.
LikeLiked by 1 person
❤️ hoop ek bly daar!
LikeLike
Positief bly en vertrou dis al.
LikeLike
Ontslaaf, halleluja daarvoor, Toorts! So bly dit het baie goed gegaan.
LikeLiked by 1 person
Net so dankbaar.
LikeLike
Bravo Toorts! Wens ek kan net weer vir ure voor die orrel sit met my oorfone aan….soos toe ek sestien was…..
LikeLiked by 1 person
Het jy nog jou orrel? Ek brand nou om ‘n kerkorrel aan te skaf en sonder oorfone in full volume te speel.
LikeLike
Nee vir baie jare al nie meer nie…het toe n elektroniese een gekoop maar ook onlangs weggegee..
LikeLiked by 1 person