Fotostorie – olifantsafari

Ek was sommer nog jonk getroud, ‘n mamma met twee klein voorskoolse seuntjies, brandarm, moet elke sent ‘n paar maal omdraai, begroot, toe ek van ‘n olifantsafari gelees het. Ek het by myself gedink: “Sjoe, so iets sal ek darem graag wil doen”, maar het ook geweet dat dit regtig buite die kwessie was. Daardie olifantsafari’s wat hulle adverteer het, was in Botswana.

Nie my hart daarop gesit nie, en ver weggebêre.

Toe, soveel jare later, met ‘n bustoer deur ‘n paar Afrikalande, beland ons by Vic Valls vir ‘n paar dae. Ek is net saam op die bus, het geen beplanning gedoen nie, weet nie eers wáár ons orals gaan ry en doen nie, vat elke dag soos dit kom. By Vic Valls aangekom, kry ons die brosjure van alles wat gedoen kan word. Saam met die leeus beweeg, bungy jump, helikopter vlieg, oor die brug loop, wat nog alles. Ons kies olifante, hoe dan anders?

Dit was natuurlik net vir ‘n uur, nie ‘n hele safari oor ‘n paar dae nie. Wonder of my liggaam dit sou uithou? Ag, en gelukkig eers daarná het ek gehoor van al die kontroversie rondom olifantritte, olifante in aanhouding, spesifiek hoe olifante deur mense beheer word … ek is bly dat ek dit kon doen.

Toortsie

Christa se bloguitdaging.

14 thoughts on “Fotostorie – olifantsafari

Gesels saam, asseblief!