Ek is een wat glo dat ‘more is more’. Besig wees is lekker. Dit gaan nie vir my oor die image-waarde van besig wees nie, dit is net my geaardheid. Ek laai op en laai op en laai op. Sê moeilik nee as iemand iets vra. Sal eerder ‘n plan probeer maak om net nóg vinniger te woel om alles gedoen te kry. Tot op ‘n punt. En dán laai ek af … tot ek weer begin oplaai.
Só het ek verlede jaar weer in die spiraal verval van oplaai … en oplaai … en oplaai. Dit raak soos ‘n verslawing, ‘n oorlewingsmeganisme. Laai op … en nog … en nog … Ek het al opgenoem waarmee ek alles besig was, steeds is. Die laaste strooi was die Kinder-TPM kursus wat ek in elke beskikbare los minuut wou indruk. Want ek wil kinders help. Ek het ‘n passie vir kinders. Wanneer ek dit wil doen, weet ek nie, ek het reeds al my tyd gevul. Dít, terwyl ek wil afskaal, reeds afskaal, my kantoorwerk by die boerdery al soveel minder gemaak het, om af te tree. AF TE TREE!??? HOE GAAN EK MY TYD OMKRY? Nou sien, dan laai ek maar eerder op.
Ek slaap al hoe slegter. Droom. Word meer wakker in die nag. Tot ek die vorige nag elf uur pootuit gaan slaap. Om twaalf uur wakker te word ná ‘n slegte droom. Om een uur wéér wakker te word met ‘n vreemde branderigheid op my bors en net nie weer aan die slaap te kan raak nie. En net daar, twee uur in die nag, maak ek die besluit: Tot hiertoe en nie verder nie. Dit is tyd vir aflaai.
Net daar maak ek my TPM-kamer toe. Ek staak die kursus. Ek sal TPM steeds op myself toepas, ek dink steeds dat dit ‘n wonderike hulpmiddel is. Elke keer wat ek ‘n vreemde slegvoel het, ‘n vreemde reaksie op iets, is TPM die manier waarop ek by antwoorde uitkom. Ek sal steeds die ander dame wat ook kort gelede opleiding daarin ontvang het, help. En ‘n gereelde kliënt sien indien nodig. Maar my kantoor is toe. En ek besef dat dit ‘n tè groot verantwoordelikheid is om op hierdie stadium met kinders te begin werk. Daarvoor is die jongmense daar. Ek moet kinders wat by ons kom, sommer net liefhê, niks meer nie.
En ek ontknoop sommer ‘n hele paar ander dinge ook. Pak goed weg wat opgestapel raak. Maak ligter. Doen die ‘bietjie’ kantoorwerk wat soos ‘n berg voor my lê. Fokus op my gunsteling Afrikaanse woord: ‘afgehandel’.
Snaaks hoeveel ligter ‘n mens voel as jy so ‘n groot ding van jou afgehaal het, nè, en dit is nie dat ek heeldag in die TPM-kamer gesit het nie. Ek dink baie keer is die las wat jy in jou hart dra, die ding wat jou moeg maak.
Nou ja, vandag gaan ek lekker dinge doen saam met my geliefde dogter. Dít was mos die rede hoekom ek so graag wil afskaal, dan nie?
Toortsie
Ek stem so saam. Dis n les wat ek geleer het in covud snaaks genoeg. Ek het geleer om weer te slaap, on op die stoep te sit. Skoolhou het my lewe oorgeneem. Nou het ek dit teruggeneem. Het bedank van die beheerliggaam en werk ook nie meer deur due aand nue
LikeLiked by 2 people
Ek is bly dat jy ook rustiger raak.
LikeLike
Sodat ek weer tyd hetvir n kuier
LikeLiked by 1 person
Mag julle tweetjies heerlik saam kuier, Toortsie.
LikeLiked by 1 person
Dit was so lekker.
LikeLike
Soms is declutter noodsaaklik, ek dink self daaraan om goed te staak wat my tyd opeet.
LikeLiked by 1 person
Ja dit is soms nodig.
LikeLike
Hoe minder jy het om op te fokus,hoe beter fokus jy.Goeie besluit,Toortsie.Lekker kuier met jou jongste.
LikeLiked by 1 person
Dankie
LikeLike
Ek weet hoe jy voel: ek het net hierdie week afgedank van ‘n pos wat vir my baie interessant was, maar wat baie tyd opgeneem het; en ek het vanoggend ‘n sakkie vol papiere ensovoorts van my onderwys jare op die sypadjie gesit en ek voel klaar ‘ligter’. Ek dink Covid het iets te doen met daadie oplaai, oplaai, oplaai gevoel – ons moes ‘oor besig’ wees net om ‘sane’ te bly!
LikeLiked by 1 person
Ja ons moes oorbesig bly, goed doen wat ons laat tiek. Hoe gaan dit met jou na die afdanking?
LikeLike
Daar is altyd iets om te doen. Soms wonder ek hoe ek ooit voltyds kon werk! Die verskil is nou dat ek kan kies wat om te doen en wanneer om dit te doen 🙂
LikeLiked by 1 person
Dis goed om te hoor dat jy insig gekry het om af te skaal. Dit sal nog ‘n rukkie vat voor jy werklik besef als is nie meer ‘n gejaag na ‘n eindpunt nie. Geniet jou los wees tyd, daar is gou weer iets wat gelaai kan word.
LikeLiked by 1 person
Dankie. Ja laai sal ek seker maar altyd laai. Op my to-do list staan daar nogal geskryf: 2021 jaar van dinge afhandel. Klaarmaak.
LikeLike
Ek het nie ‘n to do lysie nie maar ek kan beslis ‘n plan maak om ‘n klompie van my skryfgoed af te handel.
LikeLiked by 1 person
Jy laat my dink! Soms is ons koppe so geclutter dat alles net te swaar word om aan te dink. Wat staan nog doen. Declutter is ‘n baie goeie beginsel. Daar is ook vreugde in om op minder te fokus, minder te doen en so meer afgehandel te kry. Ek het met hope onvoltooide goed begin sit. Dit het my baie gekrap!
LikeLiked by 1 person
Well done
LikeLiked by 1 person
Dankie liewe Bondels.
LikeLike