Foto-storie The Before

Hierdie foto is een van ‘n hele paar wat geneem is daardie dag in Zimbabwe. Ons was op ‘n uitgebreide Afrikatoer saam met ons familie en ‘n paar Australiërs.

Hierdie dag het ons met die helikopter gaan vlieg oor die Victoria Valle. Wat ‘n belewenis!

Maar ek was vet. Oorvet. Vetsugtig. Hierdie goto wys dit nie soveel soos die een wat net daarná geneem is en wat ek as my ‘before’ foto gebruik nie. En my klere! Dit was so verkeerd! Dit het alles beklemtoon wat reeds oorbeklemtoon was.

Voor ons kon vlieg, is ons eers geweeg. Ek dink steeds my handsak was ekstra swaar, maar ek, my dogter en man kon nie saam in een rit vlieg nie. Ons is almal groot en lank en ek was vet ook nog.

Dit was die laaste strooi.

Die res is geskiedenis.

Toortsie

27 thoughts on “Foto-storie The Before

  1. Ons kon ook kies of ons die helikopter ding wou doen of met kano’s in die Zambezi afvaar. Ek is te bang vir hoogtes,,,,chicken uit. Eers toe ons stewig in die kano sit vertel die gids ons dat sodra ‘n seekoie die kano omstamp moet jy weg swem……en ek kan nie eers swem nie! Plaas ek maar liewer my vrees oorkom het en gaan vlieg het. Jy laat dit baie lekkerder lyk. EN jy is nog steeds net so cute!

    Liked by 1 person

  2. Dit is regtig n historiese foto. Toe en nou lyk beslis nie dieselfde nie. Ek het ook met die helikopter oor valle gevlieg. Dit was vaartbelynde helikopter reg uit die flieks.(naam het my ontgaan) Dit was n belewenis van n leeftyd. Daar was nie baie water in die Zambezi gewees nie. Daar die jaar het ons ook in vic falls hotel oornag.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s