
Ek was sommer nog jonk getroud, ‘n mamma met twee klein voorskoolse seuntjies, brandarm, moet elke sent ‘n paar maal omdraai, begroot, toe ek van ‘n olifantsafari gelees het. Ek het by myself gedink: “Sjoe, so iets sal ek darem graag wil doen”, maar het ook geweet dat dit regtig buite die kwessie was. Daardie olifantsafari’s wat hulle adverteer het, was in Botswana.
Nie my hart daarop gesit nie, en ver weggebêre.
Toe, soveel jare later, met ‘n bustoer deur ‘n paar Afrikalande, beland ons by Vic Valls vir ‘n paar dae. Ek is net saam op die bus, het geen beplanning gedoen nie, weet nie eers wáár ons orals gaan ry en doen nie, vat elke dag soos dit kom. By Vic Valls aangekom, kry ons die brosjure van alles wat gedoen kan word. Saam met die leeus beweeg, bungy jump, helikopter vlieg, oor die brug loop, wat nog alles. Ons kies olifante, hoe dan anders?
Dit was natuurlik net vir ‘n uur, nie ‘n hele safari oor ‘n paar dae nie. Wonder of my liggaam dit sou uithou? Ag, en gelukkig eers daarná het ek gehoor van al die kontroversie rondom olifantritte, olifante in aanhouding, spesifiek hoe olifante deur mense beheer word … ek is bly dat ek dit kon doen.
Toortsie
Christa se bloguitdaging.
Ai Toortsie, dit lyk heerlik. Ek wil ook, maar dini ek sal te bang wees s ek eers bo is. Soms wens ek mense wil na alle kante van die saak kyk, hierdie olifante lyk met een groot O opgepas, met een groot G gelukkig.
LikeLiked by 1 person
En dit is wees-olifantjies wat andersins sou sterf.
LikeLiked by 1 person
Genade tog, ek dink die mense moet kyk voordat hulle oordeel.
LikeLiked by 1 person
Ja dié watdie hardste protes aanteken verroer gewoonlik nie ‘n vinger om self by te dra tot die oplossing, behalwe ‘n kabaal opskop nie.
LikeLiked by 1 person
Dit klink so lekker. ‘n Droom wat waar geword het. En hulle is sulke fantasiese diere!
LikeLiked by 1 person
Ek is mal oor hulle.
LikeLike
Sal dit baie graag wil doen. Olifant is my ikoniese dier
LikeLiked by 1 person
Dit moes ‘n wonderlike belewenis gewees het.
LikeLiked by 1 person
Jaaaa 😁❤️
LikeLike
Ek het laas jaar so besoek by olifante gehad, dit was amasing. Maar ek het nie op een gery nie. Is dit lekker? Is dit gemaklik?
LikeLiked by 1 person
Dit was al jare gelede. Ja nie ongemaklik nie. Weet nou nie of ek ‘n hele dag so sal wil sit nie.
LikeLike
Mens het soms sulke romantiese prentjies in jou kop oor hoe jy dink dit sal wees dat mens ander dinge uit berekening hou. Ek wou nog altyd op een ry
LikeLiked by 1 person
Ek hoop dat jy eendag die geleentheid kry.
LikeLike