Just one person – Shackbuilder

Welcome to Just One Person From Around the World!

I have stopped watching the news….I have dropped all social media, except for my blog, which I try to keep to positive vibes…. there are a lot of folks in the world, who are everyday folks, just trying to provide food and shelter and love……….they are trying to make a living…….keep their kids educated and basically just take care of their families, without an agenda.  Me too. I think there is more of us…. Just trying to live our lives….. So, I would like to take the time to focus on one person a week to bring us together, to celebrate ordinary folks.

Feel free to join Just One Person From Around the World  by creating your own post and then share your link in the comments!

……………………………………………………………………

Vanoggend op RSG hoor ek ‘n wonderlike storie van ‘n man wat behoorlike huise bou vir plakkers en sy Agterplaas Universiteit.

Quinton Adams is ‘n opvoedkundige sielkundige wat al vir baie jare in plakkerskampe werk. Hy sien armoede. Mense wat in huise woon wat inmekaar val. Arm mense wat in haglike omstandighede woon.

Nadat hy beleef het hoe ‘n storm soveel huise nog meer aftakel en die mense nie die vermoëns het om dit te herstel nie, het hy begin om plakkershutte te herbou deur skenkings en gebruik te maak van jeugdiges wat werkloos in die plakkerskampe bly. Mense met geen hoop nie. Mense met geen toekoms nie.

Daar, in die plakkerskamp, het hy begin met sy Agterplaas Universiteit en leer hy jeugdiges om te bou, die basiese kennis van bouwerk, van projekbestuur, van beplanning. Leer hy hulle dat daar ‘n beter toekoms kan wees. Leer hy hulle menswaardigheid. Ervaar hulle die voorreg om vir iemand iets op te bou en die sleutel van ‘n nuwe huis in haar hand te sit. ‘n Huis wat se deur kan sluit, wat se vensters kan oopmaak.

Sulke mense gee vir my hoop. Sulke mense laat my glo dat hier ‘n toekoms in ons land is. Mense wat te midde van die baie swaar en probleme om hulle, bereid is om strooihalms op te tel en daarmee te werk. Met hierdie projek help hy jeugdiges om nie net nòg een te wees wat in die spiraal van verval verval nie, maar tel hy hulle op en gee hy vir hulle ‘n vonkel in die oog, iets om na uit te sien. Leer hy jongmense wat dalk andersins sou verdrink om op water te loop.

Lees gerus op hulle webblad wat hulle doen. theshackbuilder.com

Maar meer nog: Dalk voel jy om hulle te ondersteun. Help hulle finansieel. Kom ons hou hulle arms hoog en maak met ons kleine bydraetjie ‘n groot verskil.

Quinton Adams en jou span, I salute you.

Toortsie

8 thoughts on “Just one person – Shackbuilder

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s