Dinge woel in Rebusfontein. Al die Goue Vroue is daar in hulle volle glorie. Die kersliggies blink, die huise is versier met al wat tooisel is. Oral hoor jy kersmusiek speel. Hier hoor jy iemand lag, daar gesels ‘n paar.
Ons kuier van huisie tot huisie, van stoep tot stoep, ons vertel laggende van alles wat ons in hierdie jaar aangevang het en van al ons avonture wat ons saam gehad het. Ons lê soos ons lag vir al ons wedervaringe, hoe ons uit Kamp Goldilocks ontsnap het, ook hoe ons net-net betyds uit die hande, of is dit potte van die mensvreters van mensvretereiland, ontsnap het. Net betyds die Titanic verlaat het met ons vlieënde tent, die Zorba gedans het, op verkeerde bus in Spanje beland het, hoe ek en Trommeltjies vir ons erwe langs mekaar gekoop het in die Baviaansberg. Ons lag vir die reaksie van sommige op die dinkies en toe ons die groen stokkielekkers uithaal! Daaroor moet ek liewers niks sê nie.
Ons het vir Carona Mouna gewys waar Dawid die wortels begrawe het, ‘n biblioteek gaan skoonmaak en met dit op die grootste misdaad denkbaar afgekom, wat ons natuurlik moes uitrafel. Toe Covid 19 die hele wêreld vasgegrendel het, het die Towerinne eenvoudig hulle verlustig in hulle eie wonderwêreld en hulle nie laat onderkry nie. Saam het hulle die wit koningin gehelp tot vryheid en om weer haar liefde te vind en het hulle in hulleself mekaar se goud ontdek, vandaar die Goue Vroue.
Rebusfontein het ook in hierdie jaar ‘n nuwe baadjie gekry, ons het ons huisies afgestof, nuutgemaak, selfs rondgeskuif en ons het ‘n heerlike dorpsmeent. Dan nie eers gepraat van al die diere, feetjies en wat nog alles wat daar is nie!
Die Towerinne weet hoe om saam te staan. Hulle weet hoe om ‘n avontuur te maak van die kleinste dingetjie. Geen uitdaging is vir hulle te groot nie en hulle steier nie terug vir enige gevaar nie.
Nou is hulle op Rebusfontein, reg vir die grootste, plesierigste, lekkerste Kersfees waaraan jy nog ooit kon dink. Eers het Boeta ons almal se tuine reggeruk en toe ons weer sien, het Kersvader behoorlik daar ingeval. Daar is nie ‘n ander, beter manier om dit te beskryf nie. Ingeval, ja. Nou dwaal hy daar in Rebusfontein rond, hy moes eintlik vir die res van Suid-Afrika gaan geskenke uitdeel. Hy kuier egter so lekker by ons, toe ons hom van Courier Guy vertel, was hy behoorlik in sy noppies! Dís sy antwoord!
En dís wat ek wou vertel: My nuwe beste maatjie is Courier Guy. Julle weet, Una het ons almal ingedeel vir die reëlings rondom Kersete en ek moet die kos maak. Ek en VirgoC, maar my kop het nou al seker twee weke gelede gaan stilstaan. Kosmaak? Nie nou nie!
So, met Woollies en ander spesiale eetplekke se internetbestelling en Courier Guy om dit af te lewer, is ek reg vir Kersete. Ek is nog besig om te beplan aan die spyskaart en hoop dat VirgoC vir my gaan help daarmee. Eintlik dink ek die Towerinne kan elkeen vir my ‘n voorstel gee van iets waarvoor hulle lus is, sommer hier in die kommentare en dan sal ek die bestelwerk doen en die aflewering reël. Hoe klink dit? So, dames en Boeta en Kersvader en al die diere, julle is welkom om julle versoeke in te stuur. Julle mag maar woes bestel, ‘grand’ kos, oorboord gaan, want ons gaan dit mos doen soos nog nooit tevore.
Toortsie
Toortsie,sit gróót asseblief jou nuutste tunatert op die Kerstafel!
LikeLiked by 1 person
Moet ek regtig werk? Sal julle my help?
LikeLike
Ja
LikeLike
Oeie, Toortsie, ek stem ook vir jou tunatert. My gunsteling by Woollies is ń basil en wheat slaai, ek is verslaaf daaraan! Jy moet onthou, ek verstaan as mense moeg raak vir die kombuis, so jou plan om kos te bestel is absoluut wonderlik!!! Sussie VirgoC sal dadelik vra vir wit gesnyde Albany brood, ek ook, myne moet net marmite ophê. So ons is maklik. Ook enige soppe, en ń mince vetkoek ‘on the side.’
LikeLiked by 1 person
Reg so, ek skryf neer. 😀
LikeLike
Courier Guy…, ons op Harties het hom nog nie ontmoet nie.🤔🙄🤗
LikeLiked by 1 person
Oeeee Una, as jy hom eers aan jou kant het, sê ek jou, kersvader kan sommer al sy pakkies daarvandaan koerier landwyd en hy, kersvader, kan saam met ons kersfees vier op Rebus.
LikeLike
Ek wil eiersoutighede hê vir ontbyt. Asb
LikeLiked by 1 person
Reg so. Ek teken aan. 😁
LikeLike
Lippe-lek-lekker. Ongelukkig maak ek nie die geleenheid nie want ek weer Heidi in die berge wat saam met Trompie en Diego(skaaphond) skape, hoenders en wilde bok gaan oppas. Geniet jul lekker kuiers.
LikeLiked by 2 people
Awww, ons mis jou hier!
LikeLiked by 1 person
Ek mis ook die lekker tyd maar my geestestoestand is nie op die regte plek op oomblik nie. Ek werk daaraan maar dit is maar n ding om te hanteer.
LikeLiked by 2 people
Dis reg so. ❤️
LikeLiked by 1 person
Ek wens vir jou dat die tydjie op die plaas vir jou rus en rustigheid sal bring. ❤️
LikeLike
Dankie, dis net 5 dae maar ek gaan regtig net rustig wees.
LikeLiked by 1 person
❤️
LikeLike
Dink julle nie Courier Guy kan iets aan Scrapy se probleem doen en haar hier kry nie?
LikeLiked by 1 person
Moeilikheid is sy moet skape oppas – is daar ‘n shepherding guy?
LikeLike
Ons vra die Courier Guy dat hy vir ons ‘n Sherperding Guy moet kom aflewer, of wat dink jy? Met die internet kan ‘n mens mos deesdae enige iets laat koerier.
LikeLiked by 1 person
Dis nou ‘n goeie plan!
LikeLiked by 1 person
Bring vir Trompie en Diego en al daai goeters saam en kommm! 😀
LikeLike
Haha nou praat jy. Sal daardie twaalf skape en twee lammers netjies vasbind sodat hul nie kan ontsnap nie. Sien my al in die ruimte rondjaag om hul weer op te pik. Dan is die bok ook nou groot en sy het lekker horings. Hoenders sal kom eiers lê vir ontbyt. Hul is n hele mob. Sjoe sal wraggies n sleep vuurpyl moet bou.
LikeLiked by 1 person
Klink my hierdie kommentaar kan ‘n lekker bloguitdaging word. Onthou my Santie donkie sal graag jou skapies beskerm.
LikeLike
Oooo toggie toggie net die idee gee my rillings van opwinding! Dis wille skape onthou.
LikeLike
Maar Santie! Jy williewetie! Onthou, sy is ‘n Santorinidonkie, wild soos die Wilde Weste en kan ‘n wilde skapie met gemak hanteer.
LikeLike
Nou ja, daar het ons dit nou. Bok se kind sal haar moses teëkom met Santie.
LikeLiked by 1 person
Jajaaa! 😂
LikeLike
Hahaha
LikeLike
Toortsie, sit tog groot ‘seblief vir Boetie aan om vir my ‘n skaaptjoppie te braai – dit moet so ampertjies verkool wees dat dit so lekker breek as ek daaraan hap – ai tog, hoe water my bek nou…en ‘n tamatie, uie en kaas-braaibroodjie ook, terwyl hy nou besig is – ek sal dit sommer self aanmekaarslaan, hy moet dit net vir my braai dat dit so goudbruin en bros is…
(Hmmm, groen stokkielekkers??)
LikeLiked by 2 people
Fran, jy praat so ná my hart. Ek het klaar vir Boetie duidelike opdragte gegee net soos jy wil hê. Groen stokkielekkers? Uit Praag.
LikeLiked by 2 people
Ek het daardie vraagteken geplaas omdat ek bedenkinge gehad het… Het nou eers bedenkinge!
LikeLike
Frannie! Wat hoor ek?
LikeLiked by 1 person
Giegiegie…is net ek wat polities korrek probeer wees…
LikeLike
🙃
LikeLike
Toortsie en wat van ‘n lekker trifle? Ons kan elkeen iets voorberei om by te las…ROOI Raspberry en GROEN Greengage en GEEL Pynappeljellie.Dan sponskoek van jou koerierdiens en tuisgemaakte vla en heel bo-op styfgeklopte room met fyngekapte Cherries en neute!
LikeLiked by 2 people
Jaaaa! Ons maakdit ‘n spanpoging. Ek sal die Frangelico bring om in te gooi!
LikeLike
🤩
LikeLiked by 1 person
Lekker groenvye, flake, karamel, room, ens
LikeLike
Sjoe, hoe water my bek nou!
LikeLiked by 1 person
Wat gooi jy in?
LikeLiked by 1 person
Daai trifle is klaar volmaak – maar dalk sal ek die laaste muntstukkies uit die ou broodjies gaan uitgrawe, dis mos ‘n krismispoeding en ‘n krismispoeding moet muntstukkies in hê, of wat praat ek alles?
LikeLiked by 1 person
Niu praat jy! 👏🏻👏🏻👏🏻
LikeLiked by 1 person
Vir dié wat soetgoed wil vermy…fyngekapte uie en sardientjies in tamatiesous op ‘n heerlike warm gebotterde sny witbrood toast!
LikeLiked by 1 person
Hoe water my mond dan nou, eish trifle en verkoek en witbrood en tunatert en eier-happies en ‘n lekker skaap tjoppie. Kan Courier guy hier kom aflewer?
LikeLike
Hier op Rebusfontein? Ek is seker! Hulle lewer mos landwyd af, sover ek weet, en met ons wat hulle nou so besighou … 🙂 Wat is jou bestelling?
LikeLiked by 1 person
Toortsie….alles wat jy bestel sal lekker wees. Ek loooovvveeee ander mense(winkels) se kos. So jy kan net kry wat jy wil…ek kla nie want ek maak dit nie! Jippie!!
LikeLike
Maar my kop staan stil. Ek het idees nodig om te bestel, so waarvoor is jy lus? Al lankal lus? Mondwaterlus?
LikeLike
Daai wit koek met die caramel krulle…hulle kaas met vye. Sushi…..
LikeLike
Dis op pad! 🙂
LikeLike
Dit klink heerlik!
LikeLike
Ek liewe Toortsie is lus vir heerlike sout beesvleis, met die cous cous en basilslaai van Woolies. Gebakte kaaskoek met bessies bo op.
LikeLiked by 1 person
Dit klink heerlik! Courier Guy sal sorg!
LikeLike
ek soek ‘n groot bord met ‘n klein skeppie op van alles wat julle bestel hett. en eensmoet daar asb meringue wees. Hoop die coutier guy kan dit so vervoer dat dit nie breek nie
LikeLiked by 1 person
Hulle moet dit net goed verpak. Skoon meringue of met vrugte en karamel en room versier?
LikeLike
Merengue ! Met room! Enigiets anders by is n bonus maar die hoofding is die belangrikste!
LikeLike
Ja! En aarbeie en bloubessies.
LikeLike
Netso!
LikeLike
Gaan van hom moet leer, die koerier man.
LikeLiked by 1 person
Wonderlik. Hy werk landwyd. R85 per pakkie minder as 1 kg dink ek. Dan natuurlik meer.
LikeLiked by 1 person