Elke keer groter

Elke keer as die kleinspan vir oupa en ouma kom kuier, is hulle ‘n bietjie groter. Dis mos logies, want kinders groei mos. Elke keer staan ek verstom om die ontwikkeling in hulle te sien, die groei en dit is vir my lekker. Elke keer is die kuier anders, juis omdat hulle groei.

Oupa en ouma se kop werk vooraf oortyd. Wat sal vir hulle lekker wees? Van watter kos hou hulle? Oupa herinner om roomys en horinkies te koop. Die klein swembadjie word op die stoep opgeslaan. Speelgoed word uitgesoek wat by hulle ouderdom sal pas en saamgebring.

En dan is hulle hier. Ouma kan net nie genoeg kry nie. Ons swem in die kleine swembadjie, ons speel Boereplaas, gesels diep dinge, gooi klippe in die see en daarmee saam sommer al die dinge wat ons kinderhartjies seermaak, ons stap in die poeletjies en hou ons voete doodstil sodat die klipvissies ons voete kom kielie, ons soek seepampoentjies, bou lego’s, lag en giggel.

Al wat ouma weet, dit raak elke keer net lekkerder.

Ouma Toorts

18 thoughts on “Elke keer groter

  1. More word my oudste 9 en die kinderlyfie het ses maande terug gewys daar is ‘n dametjie aan die gebeur daar iewers. Sy is op my 50e verjaardag gebore en het toe van my ‘n oupa gemaak. Die ander enetjie word ses en is gebore op my dertigste “wedergeboortedag.” Ek gaan hulle nie more sien nie en my kleinkind moet maar iewers alleen verjaar; haar partytjies was reeds toe die skole nog oop was. Em ja, die ou tannies was toe reg: hulle is so GRYS. veral ekke.

    Liked by 1 person

  2. Vannaand kom my oudste kleinkinders en hierdie ouma is poegaai gewerk! En noudiedag was ek te haastig om jou kleinkinders te ontmoet! Ek het net n bossie lokkies gesien en weg is sy! Ek hoop ek kry weer kans

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!