Ek het dit gedoen! One liner Wednesday NaNoWriMo2019

English follows underneath the Afrikaans version

Ja! Ek het dit reggekry! Ek het my 50 000 woorde geskryf! Sjoe! Dis berge oor. Dis ‘n marathon. Nee! Dis ‘n Camino! Ek is leeg geskryf.

En ek? Ek wil nou tjank! Kan jy glo? Ek wil nou huil. Nee, ek jok. Ek huil.

Aan die een kant wil ek sê, as julle ooit weer hoor ek skryf vir so iets in, kry die eerste die beste plank wat julle kan en slaan my oor die kop!

Maar weet julle wat? My kop werk reeds oortyd oor volgende jaar.

Ek is nog nie heeltemal klaar nie, ek wil môre nog ‘n laaste hoofstuk skryf met al die brokkies wat nog nie in is nie, dis eintlik wat ek vandag wou doen, toe skryf ek ‘n ellelange hoofstuk net oor koshuis.

Ek huil nie meer nie. Ek is so verskriklik bly ek het dit gedoen. Dankie vir julle inspirasie, julle ondersteuning, julle geduld, julle liefde. Soos hulle by NaNoWriMo sê, kan ‘n mens dit nie doen sonder buddies nie. Julle is die beste buddies denkbaar.

Toortsie

One liner Wednesday

I did it!

I won my first NaMoWriMo! On day 27 I’ve reached My 50 000 words. I feel good about it and thankful that I reached my goal.

Toortsie

39 thoughts on “Ek het dit gedoen! One liner Wednesday NaNoWriMo2019

      1. Weet nie of daar ‘n verskil is nie. Ek moet myself onderbreek wanneer ek ander werk moet doen of as kliënte sorg nodig het. My konsentrasie is goed in beide gevalle. Ek dink my traagheid het meer te doen met die skryfstuk self – sensitiewe onderwerp vir my.

        Liked by 1 person

  1. Baie geluk Toortsie nou kan jy ‘n paar koeksusters eet om dit te vier 🙂 🙂 . Toemmar net ek wat aspris is – eers jou suiker skrywe gelees (wat ook beteken dat jy skaamteloos vr ons gejok het – jy is nie uit geskryf nie!!) Dis reg moenie wees nie

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!