English follows underneath the Afrikaans version
Ja! Ek het dit reggekry! Ek het my 50 000 woorde geskryf! Sjoe! Dis berge oor. Dis ‘n marathon. Nee! Dis ‘n Camino! Ek is leeg geskryf.
En ek? Ek wil nou tjank! Kan jy glo? Ek wil nou huil. Nee, ek jok. Ek huil.
Aan die een kant wil ek sê, as julle ooit weer hoor ek skryf vir so iets in, kry die eerste die beste plank wat julle kan en slaan my oor die kop!
Maar weet julle wat? My kop werk reeds oortyd oor volgende jaar.
Ek is nog nie heeltemal klaar nie, ek wil môre nog ‘n laaste hoofstuk skryf met al die brokkies wat nog nie in is nie, dis eintlik wat ek vandag wou doen, toe skryf ek ‘n ellelange hoofstuk net oor koshuis.
Ek huil nie meer nie. Ek is so verskriklik bly ek het dit gedoen. Dankie vir julle inspirasie, julle ondersteuning, julle geduld, julle liefde. Soos hulle by NaNoWriMo sê, kan ‘n mens dit nie doen sonder buddies nie. Julle is die beste buddies denkbaar.
Toortsie




I did it!
I won my first NaMoWriMo! On day 27 I’ve reached My 50 000 words. I feel good about it and thankful that I reached my goal.
Toortsie
Baie geluk ek lig my hoed hoog vir jou
LikeLiked by 1 person
Dankie liefste Bondels.
LikeLike
Bravo, bravo!
LikeLike
Dankie dankie. Jy weet hoe dit voel. 😁
LikeLike
Wonderlik. Ek het vroeg die aftog geblaas. Waar kan ek jou skryfsel lees?
LikeLiked by 1 person
Ek plaas dit tans stuk-stuk hier op my blog. Ek het nogal gekyk of daar nie by jou iets gebeur nie.
LikeLike
Hoekom het jy die aftog geblaas? Wat het dan gebeur?
LikeLike
Trots op jou, Toortsie!
LikeLiked by 1 person
Dankie Una
LikeLike
Cheers! Baie geluk…het vir geen oomblik aan jou getwyfel
LikeLiked by 1 person
Dankie jy’s dierbaar.
LikeLike
Hoef ek meer te sê as “jou mos gesê jy gaan dit regkry.” 😊 Ek soek solank ‘n plank!!!
LikeLiked by 1 person
Kyk net dat hy nie ‘n geroeste spyker aanhet nie.
LikeLiked by 1 person
Baie geluk!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie 😁
LikeLike
Mooi so, Toortsie!!
LikeLike
Baie dankie liefste Frannie
LikeLiked by 1 person
Baie geluk en veral baie dankie vir die deel. Het lekker gelees en moet nog opvang ook.
LikeLiked by 1 person
Het nog baie om hier te kom deel. 😁 Baie dankie vir die geluk en dat jy dit lees
LikeLiked by 1 person
Ek sien baie uit!
LikeLiked by 1 person
Well done!
LikeLiked by 1 person
Thank you very much.
LikeLike
Fantasties!
LikeLiked by 1 person
Wowa, ons gaan party! Baie geluk en dankie dat jy deurgedruk het. Dit wil gedoen wees. Bly om te hoor jy beplan al volgende jaar sn, haha. Eks met jou ou buddy!
LikeLiked by 1 person
Ek kan vreeslik grootmond wees. Volgende jaar! 😳
LikeLike
Ja jong hoe meer dae hoe meer dinge. Ek lê nou te lekker en lui wees sonder met drukking van tyd en skryf. Nou soek ek naarstiglik iets om te skryf.
LikeLiked by 1 person
Wil jy jou 30 dae skryf?
LikeLike
Ek het die derig dae klaar geskryf. Nou gaan ek my storie agtermekaar sit en steeds ekstra skryf ook.
LikeLiked by 1 person
Welgedaan Toortsie. Ek moet op hierdie stadium op my tande byt om klaar te maak – darem nog twee dae oor. Dit was ‘n Titaniese stryd.
LikeLiked by 1 person
Byt vas! Jy kan dit maak. Hoeveel woorde kort jy?
LikeLiked by 1 person
2889. Darem nog twee dae oor.
LikeLike
Dit doen jy sommer tjoptjop. Werk langer sessies of korter sessies vir jou?
LikeLiked by 1 person
Weet nie of daar ‘n verskil is nie. Ek moet myself onderbreek wanneer ek ander werk moet doen of as kliënte sorg nodig het. My konsentrasie is goed in beide gevalle. Ek dink my traagheid het meer te doen met die skryfstuk self – sensitiewe onderwerp vir my.
LikeLiked by 1 person
Sterkte.
LikeLiked by 1 person
Baie geluk Toortsie nou kan jy ‘n paar koeksusters eet om dit te vier 🙂 🙂 . Toemmar net ek wat aspris is – eers jou suiker skrywe gelees (wat ook beteken dat jy skaamteloos vr ons gejok het – jy is nie uit geskryf nie!!) Dis reg moenie wees nie
LikeLiked by 1 person
Ek het nou weer ‘n hele jaar km woorde bymekaar te maak!
LikeLiked by 1 person
Ek sal die koeksisters los, maar ‘n lekker bakkie bantingpoeding eet.
LikeLiked by 1 person
Baie Geluk! Jy het die energie om so baie dinge te doen en dit ook nog, ek bewonder jou! Dis iets wat ek nog wil doen – eendag.
LikeLiked by 1 person
Dankie. Dis maar rof die tyd van die jaar, maar ek is verskriklik bly ek het dit gedoen. Ek sal enige persoon aanraai om dit te doen.
LikeLiked by 1 person