Die neerpen van herinneringe NaNoWriMo2019

Ek het ‘n probleem dat ek nie in detail kyk nie. Of eerder, dat ek gewoonlik nie in detail kyk nie. En veral nie in detail onthou nie. 

Dit het my begin angstig maak, omdat ek gedink het ek kan nie meer my kinderjare onthou nie. Dit was of ek my kinderjare aan die verloor was. Ek het dit begin glo dat ek nie meer kan onthou nie.

‘n Baie goeie vriendin van my het ek nie as kind geken nie. Hulle het egter nie baie ver van ons af gewoon nie. Ons het wel by soms by dieselfde mense gekom as wat hulle gekom het, net nie gelyk nie. Sou sy van sekere mense gepraat het wat ek ook geken het, was dit wat sy vir my van hulle vertel, vreemd. Soveel so dat ek begin bekommerd raak het oor my onthougoed, want het ek die mense dan só vergeet? Dalk het hulle net ander dinge saam met die mense gedoen as ons, of het hulle hulle dalk beter geken.  

Ek het dit op ander terreine ook begin ervaar, dat ek nie meer alles so goed onthou nie, of dit begin verlore raak.

Om dus vir NaNoWriMo in te skryf en te kies om oor my kinderjare te skryf, was amper angswekkend. Sal ek genoeg onthou om daaroor te kan skryf? Sal ek genoeg woorde bymekaar kry?

Die wonder begin gebeur. Ek onthou! Sjoe, die brein is ‘n wonderlike ding. Soos wat ek begin om klein deurtjies oop te sluit, ontsluit daar vanself nog deure. Die een gedagte lei tot die volgende. Daar is ‘n hele skatkis vol herinneringe opgesluit wat wag om ontdek te word en wat glad nie verlore is nie. 

Wat ek ook besef is dat ons ervarings verskil. Twee mense sal dieselfde geleentheid bywoon en twee verskillende stories hê om te vertel. 

Die kersie op die koek is dat my onthoue ook ander s’n ontsluit. Soos wat ek dit skryf, plaas ek die ellelange stukke op my blog, en wonder of enige persoon dit sal lees omdat dit so lank is. Tog lees mense dit en begin onthou, begin ervaar van húlle kinderjare wat hulle soortgelyke dinge ervaar het. My nabymense wat dit lees en presies dieselfde dinge beleef het, begin opgewonde saamgesels. 

Ek het gister langs ‘n tannie gesit by ‘n funksie wat nou haar lewensverhaal gaan neerskryf. Tannie Jossie. Ons kom uit dieselfde kontrei en ken mekaar goed. Ons het tog te lekker gesels hieroor. Ek voel dit is ‘n guns wat elke mens homself kan doen, om die moeite te doen en jou herinneringe neer te skryf, ongeag of iemand anders dit gaan lees of nie, maar vir jouself. Dis ‘n present aan jouself. 

NaNoWriMo2019 is ‘n present aan myself. Ek is só bly ek doen dit. Party van die goed wat ek skryf is baie persoonlik en sal ek dalk nooit publiseer nie, maar ek skryf dit vir myself neer en ek is so bly hieroor. 

Toortsie

Advertisements

20 thoughts on “Die neerpen van herinneringe NaNoWriMo2019

    1. Vanoggend was ek nie lus vir skryf nie. Ek is regtig nie goed met ‘n ding te moet doen elke dag nie. Teësinnig loer ek deur my onderwerpe en begin skryf. Maggies, nou geniet ek dit hoor!

      Like

      1. Stem saam met daardie draaie loop om nie te skryf nie maar tog op die einde as mens gaan sit kom daar baie te voorskyn. Ek het vanoggend met my fotos gesit wat ek gedurende my scrapbook klasse geneem het. Het toe sommer amper duisend woorde geskryf. Moet nou nog my scrapterapie beskryf en hopelik maak ek my 1700 woorde vandag. Geniet dit.

        Liked by 1 person

        1. Dankie. Ek het so 800 geskryf. Ek is mos gelukkig omtrent ‘n dag se woorde voor, so dis nie ‘n te erg krisis nie. Dalk skryf ek vanmiddag nog gou weer ‘n stukkie net om my dag se woorde vol te maak.

          Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s