Dagstukkieboeke is baie gewild.

Genadejaar deur Angus Buchan is in grootdruk geskryf. Vir elke dag van die jaar is daar ‘n Bybelversie met ‘n bespreking daarná. Die besprekings is goed geskryf, op die man af en maklik om te verstaan. Buchan is nie iemand wat doekies omdraai nie, en ook in hierdie boek skryf hy duidelik en deursigtig.

Oomblikke van Stilte, deur Lizette Murray is ‘n pragtige boek wat die leser help om fyn te luister en God se stem te hoor. Sy daag lesers uit om nie net fyn te luister nie, maar om gehoor te gee, op te staan en te doen.

Simfonie van Seën deur Milanie Vosloo is net so ‘n pragtige dagstukkieboek. Party dae is daar die normale dagstukkie met ‘n Bybelvers, bespreking en gebed. Soms is daar net ‘n mooi gedig. Kyk bv hierdie een:

Groete
Toortsie
Vir nog van my boekbesprekings, kliek HIER, of volg my by Pinterest.
Grootdruk die deur wat oopgaan vir lees! 💕
LikeLike
Weet jy, Pete, ek het in my lewe soveel keer mense raakgeloop wat nie meer regtig Bybel lees nie, dan wonder ek of dit nie gaan oor die fyn druk nie. Dan gee ek die persoon ‘n grootdruk Bybel en nuwe deure gaan vir hulle oop.
LikeLike
Jy is in die kol. My eie Bybels is vergete. Ek lees op my foon, gebruik AndBible omdat dit nie adware in het wat agterdeure oopmaak vir kuberkrakers nie. Ja, die duiwel is ook in gratis foonbybels.
LikeLiked by 1 person