Die Towerinne is mos na ‘n ou herehuis daar naby Rebusfontein om die ou, vervalle biblioteek te gaan restoureer, maar hulle maak lankal nie meer biblioteek skoon nie. Nee, soos wat enige een wat die Towerinne ken, sou verwag, het dit ontaard in heeltemal iets anders. Die Towerinne is besig om ‘n groot misterie uit te rafel! En, voorspelbaar soos sy is, het Broodina ook al weer haar opwagting kom maak en is sy al weer hard besig om onder die radar moeilikheid te maak.

Bang staan die Towerinne in die kelder rond. Stukke geraamte lê oral rond. “Mense, ons moet begin beweeg, sommer nou-nou kom Broodina en die polisie ook nog hier aan”, sê Vuurvliegie. “Scrapydo, neem jy en Una die juwele wat julle gevind het en gaan versteek dit asseblief in die tuin. Ek dink dis nodig dat Una ‘n bietjie vars lug kry en dis net makliker as twee van julle weet waar dit versteek is. Julle moet gou speel, voor Broodina en haar gevolg hier opdaag.” Kameel vra dadelik of sy ook kan saamgaan, die noutevrees vang haar kwaai.
Voor jy kan sê ‘mes’, is die drie daar weg.
“Julle wil nie hoor as ek vertel van my ouma nie”, sê Toortsie. “Julle moet nou luister, dis regtig belangrik.”
“Ja, Toortsie, vertel vir ons,” sê Trommeltjies.
“Ek kan ook maar nou nie meer lekker onthou nie, onthou, my ouma is al oorlede toe ek nog in die laerskool was. Sy het vertel van tannie Kokkie wat met ‘n Engelsman getroud is en toe as kok by mense gewerk het. Ek kan nie name so lekker onthou nie, maar toe Lekkervurig vertel van Joseph Angelwood, toe lui daar ‘n klokkie.”
“Wat vertel jy ons nou?” vra Perdebytjie baie belangstellend.
“Dis regtig nou baie deurmekaar en die goed maak nie sin nie, maar sy het vertel hoe sy haar maar ontferm het oor die dogter van die huis, haar ma het haar blykbaar maar geïgnoreer en baie swak behandel. Die kinders was glo aangeneem, dink ek.”
“Ja, dit klop met ons storie”, sê Woordnoot, “dink julle dit kan hierdie Mev Marks wees van wie Toortsie praat? Toortsie, nou moet jy mooi dink, is daar nóg iets wat jou ouma vertel het?”
“Julle moet onthou, ouma Ellie was self ‘n dogtertjie toe sy hierdie tannie Kokkie geken het. Tannie Kokkie was al stokoud en het deurmekaar gepraat. Sy het blykbaar oor en oor iets gesê van twee fonteine en van ‘n portret. Verder kan ek nie veel onthou nie.”
“Portret? Twee fonteine?”, vra Positief, “mense ons moet soek. Lig ‘n bietjie met die koplampe dat ons kyk of hier nie iewers so ‘n portret is nie.”
“Wraggies! Julle, kom kyk!” Christa staan opgewonde met haar kopliggie en wys na ‘n skildery wat op die vloer lê. Dit het van die muur afgeval, die raam gekraak en die glas stukkend. Dis ‘n landskap, maar daar is duidelik twee fonteine.
Dadelik is die Towerinne almal by en bekyk die skildery van nader. Nee, daar is niks vreemds aan nie. Bondelsgedagtes En Seegogga ken natuurlik skilderye en bekyk dit baie mooi. Dan draai hulle dit om en sowaar, hier staan dit geskryf!
Soek dagboek. Onsigbare ink. Spat nat.
Verlig dat hulle uit die muwwe kelder kan kom, gaan die Towerinne soos een man biblioteek toe. Tannie Frannie begin die boek natspat, lees so vinnig soos sy kan en vertel hier en daar wat sy lees. “Dit lyk my Charlotte en Joseph se verhouding het aangehou nadat Klara gebore is. Thomas is ook hulle kind, wat die Angelwoods toe aangeneem het. Die Hardy’s was eers vermoënde mense, maar het hul grond verloor, wat Mnr Hardy gedwing het om ‘n Butler by die Angelwoods te word. Haar pa het haar nooit vergewe dat sy hul gesin so in die skande gesteek het met die swangerskappe nie. En dan lyk dit my of Mnr Hardy en Isabelle kop in een mus was en te doen gehad het met Charlotte se wegstekery in die kelder.”
“Sulke duiwels!”, sê VirgoC kwaad. “Haar eie pa! Hy moes ‘n sielsieke man gewees het, kwaad vir almal omdat hy sy grond verloor het, toe moes arme Charlotte sommer boet vir al die sondes wat sy gedoen het en nie gedoen het nie! Ek verwurg hom sommer as ek hom net in die hande kan kry!”
Net toe kom Kameel, Scrapy en Una van buite af in. “Sjoe! Ons was nou net betyds om die juwele te versteek. Broodina en haar gevolg is in aantog, Hoor net hoe loei die sirenes. Ons moet ons nou net dom hou. Steek vinnig weg wat waardevol is, laat hulle maar die geraamte vind, ek dink nie hulle sal die res ontrafel kry nie. Ons is onskuldig, ons maak mos maar net huis skoon.”
Nou wonder ek:
- As dit wel Klara is wat Charlotte se dagboek weggesteek het, het sy dalk tog die waarheid uitgevind?
- Sou Klara en Charlotte soms mekaar gesien het?
- Was Leonard ook dalk op ‘n manier kop in een mus met sy suster en Mnr Hardy? Ek dink Leonard en Isabelle was jaloers op Joseph omdat hy die familieskatte geërf het.
- Ek wonder steeds wat het gebeur dat hulle die huis net so agtergelaat het.
Christa, sal jy asb die raaisel verder ontrafel?
Toortsie
Stel jy belang om hierdie hele storie te lees? Kliek HIER om al die hoofstukke te lees: https://fresh.inlinkz.com/p/3f26291088494dc99c7aa4554a66a313
Suiwer verbeelding van Toortsie, en die hele lot Towerinne daarmee saam.
Dan is dit nie Charlotte se geraamte wat daar in die kelder lê nie. 🤔 Liewe net as ons dink nou verstaan ons kom daar weer ‘n twist. Nou weet ons darem hoe pas mnr Hardy in die legkaart. Slim gewees om skatte te laat wegsteek!!! Welgedaan Toorts… bly om te sien jou kop het toe rigting gekry. 😊
LikeLike
Dit ís haar geraamte, hoe dan anders? Hoekom dink jy dit is nie haar geraamte nie?
Dis dan sy wat die leidraad gee dat die dagboek geheime bevat.
LikeLiked by 1 person
Charlotte het aangegaan met haar verhouding met Joseph en weer ‘n kind gehad Thomas. So dit kannie sy wees wat daar in kelder dood is nie. 🤔
LikeLike
Sy het mos by haar ouers gewoon terwyl die verhouding aan die gang was en sy twee keer swanger geraak het.
Intussen het die Hardy’s hulle grond verloor, Mnr Hardy by hulle begin werk in in daardie tyd het hy en Issabelle toe vir Charlotte onder in die kelder versteek. Dalk wou sy uitkom met die waarheid?
LikeLiked by 1 person
Of dalk het sy vir jare daar gebly? Wie sal weet? Sy is wel die ma van beide die kinders. Dus het Josep ook geweet van haar wat in die kelder woon?
LikeLike
As jy Una se brief lees was Charlotte swanger met haar eerste kind toe sy daar toegesluit was. Nou moet ek eers die knoop weer gaan bedink.
LikeLike
Oeeeeeeppppsssss … dan weet ek nou ook nie.
LikeLiked by 1 person
😂😂😂😂😂 Nou het jy my aan die lag. Miskien uit skone senuweeagtigheid. Ons het nou ‘n nuwe knoop!!! O my liewe, dis rêgtig snaaks 😂😂😂😂
LikeLike
Ai tog en ek wou ONTKNOOP!
LikeLiked by 1 person
Nee jy het ontknoop… dit net meer grillerig gemaak. Charlotte was dus vir al daardie jare in die kelder toegesluit en Joseph het met sy verhouding daar met haar voortgegaan. Die skurk!!! Isabella was natuurlik in op die saak…. dink ek. Welgedaan Toorts… dis nog erger as wat ons eers vermoed het.
LikeLike
Julle. Jullr. Toorts jy skryf vir ons ‘n riller hier reg. Natuurlik kon dir spul vir Charlotte jare in die kelder gehou het. Dink aan al die ware verhale wat ons in die nuus kry. Toorts dis puik, puik. Haak of link vir Christa, sy het vreeslik protesteer op Scrapy se hoofstuk.
LikeLiked by 1 person
Dankie tog. Ek dog nou het ek weer eens die storie bebodder! Ai toggie! Wat gaan julle met my maak? 😳
LikeLike
Ons laaik jou nes jy is en jy het absoluut niks gebodder nie, jy en Una het nou die klimaks van die verhaal en ook ons avontuur mooi bymekaar gebring.
LikeLike
Ag dankie liefste Vuurvliegie vir jou mooi woorde. Ek het Una se raad gevolg wat sy by jou gekry het. 🙂
LikeLike
🙊🙉🙈
LikeLiked by 1 person
Ek het haar ‘n bietjie hoër op reeds gelink toe sy gepraat het.
LikeLike
🤗
LikeLike
Toorts dink jy Christa gaan skryf. Sy het êrens gesê sy gaan eerder skip.
LikeLiked by 2 people
Sy het vir my gesê sy gaan probeer.
LikeLiked by 2 people
Die raad om ons storie te help ontknoop het puik gewerk. Mens moet steeds kophou, maar dit hou jou gefokus en keer dat mens nie nog ń spul los drade vir die ander laat nie.
LikeLiked by 1 person
Puik geskryf, Toortsie. Ons kry nou lekker momentum.
LikeLiked by 1 person
Julle moet net mooi onthou waar julle daardie skatte gebêre het, ons kan nou nie nog maande lank tuin ook moet skoonmaak om dit weer te vind nie!
LikeLike
O, jy is SO reg!
LikeLiked by 1 person
O toggie, toggie wat n storie. Is dit regtig Charlotte se geraamte? Wie het dan gedooi in die hotel? Isabella klink vir my n moedswillige vrou en dan die mal Sophia? Sy kon nie kinders he nie weesns die ooreenkoms nie. Is dit sy wat die moord gepleeg het of is dit haar geraamte? Waar is Joseph en Leonard. Ai daar is nog baie wat moet uitgerafel word voordat Broodina weer haar eier gaan lê. Jy het n lekker uitleg gegee Toorts. Gelukkig is die towerspieël veilig en dan daardie leë dagboek wat met water besprinkel moet word sodat daar gelees kan word. Spannend suster, baie spannend,
LikeLiked by 2 people
Die hotelstorie pla my ook nog heeltyd, maar almal was al so seker dat dit wel Charlotte is. Dalk is die Charlotte spook maar toevallig.
LikeLike
Een spook sal maar vir die ander spook moet vertel waar hul hoort.
LikeLike
Julle, dis net ‘n wolhaarstorie, die hotel storie. 😂
LikeLiked by 1 person
Hoe sal ons weet? Maar wolhaarstorie of nie, dis ‘n ánder Charlotte wat daar spook.
LikeLike
Die Ingelse noem so invoeging ‘n red herring….net om so bietjie wonder by rte gooi, gooi ‘n wolhaarstorie of mite…..😉
LikeLiked by 1 person
Ek leer mooi! Nes ‘n spons.
LikeLike
Ek sien my lang kommentaar is nie hier nie.
LikeLike
Ek het nou gaan kyk, dit lê nie by strooipos nie.
Vandag rig ek weer niks uit nie, ek lees net kommentare. 🙂
LikeLike
Dalk beter dat dit verdwyn het, want ek wou keer dat ons storie nie te veel afdwaal nie.😉
LikeLiked by 1 person
Jy moet weer tik.
LikeLike
Vuurvliegie!!! Het jy ‘n idee hoe die mite ons kop laat krap het. Bly wonder hoe mens die prostituutstorie met ons s’n kan link. Isabella wou ook nie vir my na ‘n prostituut klink nie. Scrapy se spieël was ook geflous.
LikeLike
Julle is sulke blitsige storiemakers, mens moet julle soms briek om asem te haal 😉📚✏🙈
LikeLiked by 2 people
Jyself is ‘n uitstekende storiemaker. Ek is so bly julle daag ons uit en help ons en lei ons tot by hoogtes wat ons nooit op ons eie sou kom nie.
LikeLiked by 1 person
Elke keer word die storie bietjie ontrafel en kry nog paar vrae by. ek kan nie wag vir my beurt nie.
Nou moet ek eers notas opdateer en nuwe strepies trek op die uitleg. Julle hou dit interessant
LikeLiked by 2 people
Ons wag vir joune 😊
LikeLiked by 1 person
Dit voel vir my of almal in die huis daarvan geweet het, maar niemand het durf waag om iets te sê nie. Die spreekwoordelike olifant in die kamer was ‘n Charlotte in die kelder.
LikeLiked by 2 people
Grote Griet, hoeveel jare was die arme vrou in die kelder? Klara word 16 en Thomas lyk baie jonger. Klink amper soos die “Monster van Springs”
LikeLiked by 3 people
Erg
LikeLiked by 1 person
Die ding is, in die begin is mense ongemaklik daaroor en later is almal gewoond en dan sleep die dae en jare verby en die lewe gaan aan.
LikeLiked by 1 person
Dink nie Leonard, Sophia of kinders het geweet nie. Mev Marks dink ek het net vermoed alles is nie pluis nie. Ai, ai arme Charlotte wat so lank daar toegesluit gelewe het. Wat help al haar juwele en goue spieël, en pêrels haar as sy so in afsondering moes leef. Joseph was omtrent ‘n tweegesig. Kamtige liefdevolle man en pa vir sy familie (Klara se brief,) en ‘n monster agteraf.
LikeLike
Mev Marks het geweet. Iemand moes vir Klara kosgee. Hoe sou sy dan weet van die skildery?
LikeLiked by 1 person
Vroumens!!! Hoekom het sy stilgebly???
LikeLike
Want sy kon haar werk verloor. Want sy was ‘n Afrikaanse persoon in Engelse milieu. Die Engelse sou haar nie geglo het nie, hulle het haar in elk geval nie vertrou nie. Die Afrikaanses was vies vir haar omdat sy met ‘n Engelsman getrou het. Hul kon in elk geval niks doen aan die situasie nie. Die mense met wie sy georaat het, het gedink sy maak sommer stories op.
LikeLiked by 1 person
Ek wonder of daar nie iewers ń voorwaarde op ń erflating was en daarom het hulle Charlotte weg gesteek. Sy was dalk veronderstel om nooit kinders te he nie🤔🤔🤔
Baie goed geskryf Toortsie. Dankie tog jou blitsbrein het gewerk en ons kon die skatte weg steek voor ou Broodina haar haakneus daarin kom steek het.
LikeLiked by 1 person
Dankie. Dis Vuurvlieggue wat so flink gedink het oor die skatte.
LikeLike
Charlotte het ‘n groot prys betaal.
LikeLike
Sjoe! Hierdie verhaal is ‘n taai tameletjie. Jy het mooi kopgehou Toortsie en die storie word ‘n ware spanningsverhaal.
LikeLiked by 1 person
Dankie
LikeLike
Ek sit op die punt van my stoel!
LikeLiked by 1 person
😂
LikeLike
Ek geniet die kommentaar net soveel soos die storie, Toortsie. Dankie vir al die raad
LikeLiked by 1 person
Ek het die eaad by Una gekry. 😁
LikeLiked by 1 person
Sy help my ook baie
LikeLiked by 1 person
Die verhaal raak al hoe beter…welgedaan, Toortsie!
LikeLiked by 1 person
Dankie
LikeLike
Ek hoop daai blogger wat oor ons geskryf het, lees hierdie storie…klink of sy connections het wat ons dalk Hollywood toe kan vat! Welgedaan Toorts!
LikeLiked by 1 person
Jong, daai groot Engelse woorde wat sy genoem het, maak my bietjie bekommerd.
LikeLike