Vanuit die hart

Hierdie leserskommentaar is geskryf deur ‘n vriendin.

Dagstukkieboek vir vroue: Vanuit die Hart, deur Rolene Strauss. (Mej SA/Wêreld 2014.)

‘Ontdek jou krag as ‘n vrou met selfvertroue, vol blydskap en liefde terwyl jy groei na die vrou wat jy kan wees. Want jy is goed genoeg.’

Begin met week 1, dag 1: ‘Wees die een met invloed’, want volgens Matt 5:13: ‘Julle is die sout wat die aarde ‘n beter plek moet maak’, gevolg deur week 1, dag 2: ”n Nuwe begin’ met die herinnering dat ‘God se genade is elke oggend nuut’. Week 1, dag 3 spreek ons vrees om ‘n nuwe begin te maak aan en Rolene deel die oomblik in haar lewe toe sy as Mej Wêreld gekroon is en sy oorweldig is deur bangmaakgedagtes of sy regtig goed genoeg is, maar dat dit totaal omgekeer is die oomblik toe sy op God begin fokus het en geweet het dat Hy haar op soveel maniere gaan gebruik.

Week 1, soos elkeen van die 52 weke, word baie gepas afgesluit met ‘n herhaling van die week se vyf Bybelverse op Dag 6 en ‘Nadinktyd’ = Inkyktyd, maak die boodskap van die week deel van jou elkedagse uitkyk en gee aan ons Hemelse Vader die tyd om met jou te praat deur Sy Woord wat die afgelope week tot jou gekom het.

39 Weke later kom jy by Week 40 met die tema Goedhartigheid. Dit is die week van die jaar waarin hierdie boek in my hande geplaas is. Dag 1 herinner ons: ‘God is goed’ en ons moet dan ook goed wees vir ander. HIerdie goedhartigheid kring dan al wyer, soos ons ook weet, en dan eindig Dag 5 weer by onsself en vermaan ons om met Jesus se oë na onsself te kyk.

‘ n Maklike lees dagstukkieboek met ‘n vars uitkyk op hoe om goed te wees teenoor jouself en die wêreld rondom jou.

Toortsie, namens die vriendin.

Vir nog van my boekbesprekings, kliek HIER, of volg my by Pinterest.

2 thoughts on “Vanuit die hart

Gesels saam, asseblief!