My jaar saam met Jesus

Leserskommentaar geskryf deur ‘n vriendin.

My jaar saam met Jesus, Dagstukkieboek vir jong gelowiges, deur Billy Graham.

Billy Graham skryf in die voorwoord dat hy elke dag die Bybel lees om krag en wysheid vir die dag te kry en sodoende hoop vir die toekoms. Hy sluit die voorwoord af met ‘Mag hierdie dagstukke jou uitdaag om elke dag al hoe meer vir Christus te leef en jou help om daagliks op Sy wonderlike liefde te vertrou.’

Hy haal ‘n Bybelvers aan in die begin van elke maand wat die leser tot stilstand roep om na te dink oor hoe God sy lewe kan en wil positief beïnvloed met Sy liefde, vergifnis, sterkte, alomteenwoordigheid en goedheid.

Die dagstukkies is in ‘n maklike geselstrant geskryf. Die Bybelvers word in perspektief gestel deur dit toe te pas op ‘n voorbeeld uit ‘n jongmens se ervaringswêreld en dan word Jesus weer teruggeplaas in die leser se midde om hom te wys hoe om Jesus se voorbeeld te volg.

Groete

Toortsie en vriendin.

Vir nog van my boekbesprekings, kliek HIER, of volg my by Pinterest.

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s