Leef jou emmerskoplys nou

Leef jou emmerskoplys nou, deur Henk Gous is regtig ‘n oulike boek om te lees. In plaas daarvan dat ons ‘n lys maak van dinge wat ons wil doen die dag as ons afgetree het, die wêreld vol toer, of wat ook al, gee Henk Gous ‘n ander alternatief: Ons emmerskoplys moet eintlik ‘n leeflys wees.

Hierdie boek lees regtig lekker en wys die leser hoe om nou reeds ‘n ryk lewe te leef, hoe om ‘n leeflys saam te stel en ons daaglikse lewe na waarde te verbeter. Nie soseer in dinge wat ons najaag nie, maar om die kwaliteit van ons elkedagse lewe te verhoog.

Ek stem saam met omtrent alles wat hy skryf, en baie van die goed pas ek alreeds in my eie lewe toe, al het ek nie noodwendig ‘n geskrewe lysie nie. Hy gee praktiese wenke oor hoe om jou lewe te oordink, te beplan, jou lys op te stel en ook hoe om dit toe te pas. Hy beskryf die leeflys as ‘jou bewustelike besluite en keuses waarmee jy jou lewe bestuur.’

‘n Hoofstuk wat ek veral baie geniet het, was die een oor hoe om God se wil te soek. Wanneer neem ek die regte besluite? Hy gee baie spesifieke riglyne wat ‘n mens moet volg, soos gebed, Bybelse beginsels, my talente, behoeftes en persoonlikheid, advies van betroubare, ryp helpers, omstandighede.

Die praktiese hoofstuk van die maak van jou leeflys, was ook baie oulik, om dit te genereer, te dink, te praat, te skryf, te visualiseer, te doen, te sorteer, ens.

Ek sal graag hierdie boek wil aanbeveel vir mense wat ‘n doelgerigte lewe wil lei, wat nie sommer net wil ronddobber nie, maar werklik ‘n kwaliteitlewe wil geniet. Dalk is jy besig om groot besluite in jou lewe te neem?

Toortsie

Vir nog boekbesprekings, kliek HIER, of volg my by Pinterest. ††

7 thoughts on “Leef jou emmerskoplys nou

    1. Ek het ook nog nooit ‘n emmerskoplys gehad nie, maar daar is gied wat ek al gesê het ek sal graag wou dien. Soveel sulke goed het waar geword in my oewe sonder dat ek dit noodwendig loop soek het, dit het net oor my pad gekom baie jare later, soos my tienerwens om Wene te besoek het toevallig verlede jaar gebeur.

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s