Daar is een baie groot rede hoekom ek nie sommer toeppassings (apps) op my foon aflaai nie, en dit is omdat ek dit dan aanmekaar oopmaak, nes ‘n outomaat, maak my vingers die toeps oop, een vir een, dan WordPress, dan Facebook, dan my e-posse, selfs Instagram. Vir wat?
Laai ek Capital Singers se toep af, dan is Capital Singers ook in die lysie wat my vingers oopmaak. Vertel iemand vir my van die beurtkrag app, dan moet dit ook aanmekaar oopgemaak word. Of die weer. Mense, ek kyk al vir 30 jaar nie die weer op TV nie, maar hê die toep op jou foon, dan dink jou vinger hy moet elke 5 minute daar draai.
Om daardie rede is elke onnodige app afgehaal. Ek sing nie nou Capital Singers nie, die app is af. Weer? Beslis nie, haal af!
Nou het ek ‘n nuwe speletjie ontdek. Maréth het mos gesê dat dit ‘n goeie ding is om ‘n paar Spaanse woorde te ken as jy die Camino wil stap. Die rede? Nie om vreeslik in gesprekke betrokke te raak nie, maar eerder sodat, as jy jou swak Spaans uitpluk, hulle dan hopelik hulle swak Engels sal uithaal en dan kan ‘n mens mekaar op ‘n manier verstaan.
My nuwe speletjie is Duolingo en ek leer Spaans, van alle tale. Ek hét al gewonder of ek nie Xhosa baie meer sal gebruik nie as Spaans, wat ek dalk iewers in my lewe vir ‘n paar wekies gaan gebruik? Xhosasprekendes is hier rondom my, dit sal tot ons almal se voordeel wees as ek eerder dit leer, maar ek is nou te lui om weer van voor af te begin.
Ai toggie, julle moet my hoor! Ek praat al te oulik. Ek onthou selfs al ‘n paar woorde! Ek oefen en oefen en slaan toe! Ag tog, ek sê nou net die sinnetjie ‘n paar keer en blaai om, dan het ek die belangrikste woord vergeet, een sekond later!
Ongeag of ek dit ooit sal gebruik, doen dit my regtig goed. Ek glo my hele lewe lank nog dat ek nie taalvaardig is nie, eerder syfervaardig. Dis ‘n onnodige blokkasie wat ek vir myself gegee het. Ek is beslis nie die skerpste potlood in die pakkie nie, daar is mense wat fantasties doen, maar ek is ook nie die stompste potlood in die pakkie nie. Dit lyk my almal wat Duolingo doen, of is dit almal wat Spaans leer, kompeteer weekliks met mekaar. Wel, ek ís laasnag bevorder tot ‘n volgende liga, maar dit lyk my nou raak die kompetisie strenger.
Op die ou end maak dit nie saak of ek die skerpste potlood is nie, of ek die nommer een Duolingo student is nie. Dit ís lekker om my eie vordering dop te hou in terme van die ander, maar die grootste uitdaging is en bly dat ek op die ou end die woorde sal onthou en dit kan gebruik, dat ek die taal in ‘n mate sal kan praat.
Adiós!
Toortsie
Ja jong, die vreemde tale s mar n ding. Ek praat baie keer sommer Afrikaans as hul “Grieks” met my praat. Snaaks genoeg dan kom daar darem basiese Engelse woorde tevoorskyn. Dis n goeie uitdaging omaan te pak.
LikeLiked by 1 person
Ek het eintlik al vir jare ‘n Afrikaanse beleid. Ek praat Afrikaans met die mense en hulle verstaan my heel mooi. Asseblief. Dankie. Vingertaal en lyftaal werk ook goed. En vriendelikheid bring jou ver.
LikeLiked by 1 person
Ek dink jou stemtoon dui ook aan wat die woord kan beteken. Die gebare help ook baie.
LikeLiked by 1 person
nunca demasiado viejo para aprender.
LikeLike
Genade Kameel? Hoe sê jy nou? Wat van die padda?
LikeLiked by 1 person
😂😂😂😂 Ag ek sê maar net die padda is ‘n apprentice 😂😂😂😂
LikeLiked by 1 person
Jy praat moeilike tale. Ek dog ek is oulik en koop vir my Die Drei Varkies in Español. Nou ja, dis pragtige prentjies, hoor maar die woorde? Suiwer Spaans en ek herken nie een nie! Gee kans, een van die dae vertel ek van die Drie varkies uit my kop uit en in Spaans.
LikeLiked by 2 people
My kleindogter leer ook nou Spaans. Sal hoor wie vertel die storie die beste 😂😂😂
LikeLiked by 1 person
Sy sal my by verre wen! 😊🤪
LikeLiked by 1 person
Hey moenie jouself so lig skat nie!!!! Sy is ‘n regte drama queen, so sy sal seker dit baie dramaties doen…maar taalsgewys is ‘n ander storie.
LikeLiked by 1 person
Knap gedaan, Toortsie. Gelukkig is jy ten minste ñ kleurvolle potlood.x
LikeLiked by 1 person
Ja wat, dalk sal hierdie kleurvolle potlood nooit bt die punt uitkom wat sy heeltemal Spaans kan praat nie, maar dan was dit ten minste vir nou lekker. 😁
LikeLike
Nog ‘n toep vir my foon!! So leer ons elke dag iets nuuts!!
LikeLiked by 1 person
Watter taal gaan jy leer? 😁
LikeLike
Frans.!! Het mos n franse kleindogter wat hierdie ouma nie verstaan nie!!!
LikeLiked by 1 person
Nou toe! Begin. 😊❤️
LikeLike
hehehehe … lekker lag ek want my vinger doen ook daai oopmaak en loer ding
LikeLiked by 1 person
Mens het geen beheer oor hom nie! 😏
LikeLiked by 1 person
Ek geniet hom ook, Toortsie, het jy gekoop of speel jy die gratis een?
LikeLiked by 1 person
Ek doen nog die gratis een. Ek sal maar sien hoe lank ek aanhou. Ek is tans aan die hetstel na ‘n histerektomie en het baie tyd op hande. As die lewe nou weer begin gebeur, kan so iets maklik agterweë bly. Watter taal doen jy? Russies?
LikeLiked by 1 person
Russies ja, so ons twee doen uitheemse tale! Te lekker. En ek leef saam met jou, terwyl ek dit doen, ken ek die woord. Môre? 😳
LikeLiked by 1 person
Nie eers môre nie! Drie minute later! Weg!
LikeLiked by 1 person
Sê jou … ek ken die pyn … ek dink my brein sê Russies? Is jy koekoes?
LikeLiked by 1 person
Ja! Onthou, ons kom uit die dae wat Rusland die Rooi Gevaar was, hoe kan ons hulle taal probeer praat? Sjoe, dis nog anderste letters ook!
LikeLiked by 1 person
Jy verstaan, en ek het geskiedenis tot matriek gehad 😳
LikeLiked by 1 person
😂
LikeLiked by 1 person
Breine is snaakse goed …
LikeLiked by 1 person
Gelukkig is jy tussen die mense en kan jy jou nuwe sinnetjie gaan oefen. 😊
LikeLiked by 1 person
Hmmmm, tot mens reëls leer dan haak jou kop vas
LikeLiked by 1 person
Dit klink na ‘n baie oulike app en wys jou net ons is nooit te oud om iets nuuts te leer nie né? Met my konsentrasie sal ek eerder nie probeer. 😅
LikeLiked by 1 person
Ek sukkel my dood en vorder net omdat ek logiese afleidings maak! 😊
LikeLiked by 1 person
En dan dink party mans vrouens kan nie logies dink nie. 😅
LikeLiked by 1 person
Knap gedaan Toorts. Ek is die potlood met die uitveer…
LikeLiked by 1 person
Jong, hierdie bont potlood sukkel met die onthougoed. 😂
LikeLike
Ek probeer al jare om ‘n Afrikataal te leer, maar my brein is te suf om te onthou. Ek kyk graag Spaanse flieks op Netflix’s en lees dan die onderskrifte. Dis nogal ‘n goeie manier om die klank van die taal te hoor al verstaan jy niks.
LikeLike
Ek sal dit dalk moet doen. Hoe lank ek sal aanhou, sal die tyd ook leer. Ek weet sommer dat die eerste afleiding nou my kuiergaste gaan wees, en om dan weer te begin, is due groot vraag.
LikeLiked by 1 person
Dalk moet ek regtig eerder Xhosa leer, ek dink dit sal meer beteken.
LikeLiked by 1 person