Op my herstelprogram vir hierdie week mag ek as passasier in ‘n motor winkel toe gaan en 30 minute daar vertoef. Ek het my eerste uitstappie gehad, en is nou stokflou terug by die huis. Beslis klaar met uitstappies vir die res van die week, dit reën in elk geval lekker sag hier by ons.
In die winkel moes daar ‘n onderonsie tussen twee van die personeellede wees net so ‘n paar sekondes voor ek daar verby loop. As ek reg gehoor het, kla die, ek neem aan, meer junior een, dat die ander persoon onnodig hard met haar gepraat het. Dié antwoord so: ‘Het jy my al ooit gehoor sag praat? Ek praat altyd hard. Ek sal nou maar verder glad nie praat nie.’
Ek kon dit nie verhelp nie, maar die volgende oomblik lag ek kliphard.
‘n Rukkie later gaan hurk ek langs die hardprater en sê dat ek jammer is dat ek gelag het, want ek praat ook hard. Saggies giggel ons twee toe onderlangs.
Ai tog, ek wonder hoeveel keer was ek al in die moeilikheid, dan het ek te hard gepraat, te bars gepraat, te kortaf gepraat, te nice gepraat. Ja, regtig! Ma praat met die persoon soos met ‘n kleintjie. Die rede? Die persoon het my al aangepraat omdat ek NIE so praat nie. Te veel gepraat, te min gepraat, te whatever gepraat. Te sag gepraat. Te binnesmonds gepraat. Praat harder ek kan jou nie hoor nie! Ek was al te vriendelik ook! 🙂 🙂 🙂
Soveel so dat ek my al in depressie in stilgebly het, en dis ook nie goed nie, want dan ontplof dit iewers.
So, nou praat ek maar my prate en doen my bes om nie ander mense te ná te kom nie. As die ander persoon dan oorsensitief wil wees, oh well …
Maar dat ek bly was toe ek hoor ander mense praat ook te hard, dis nou nie altemit nie! 🙂
Toortsie
Nou het jy my aan die lag, want weens my Namakwalandse aksent en Namakwalandse manier om reguit, kortaf en op die man af my sê te sê, dink mense dikwels dat ek ‘n kwaai tannie is. Nie regtig nie. Ek het laas kwaad geword toe ek nog gewerk het. Ek is bly jy het jou uitstappie geniet. Jy voel duidelik al lus vir die lewe.
LikeLiked by 1 person
As mense vir my sê ek skel, ‘n woord wat ek glad nie kan verdra nie, sê ek dat hulle my nog nie gehoor het as ek skel nie en ek belowe, hulle wíl nie. 😂
O jy praat ook hard! 😳🤪
LikeLiked by 1 person
Ja, maar gelukkig hoor ek sleg, so my hardpratery bodder my nie 😂🤣
LikeLiked by 1 person
Ook nie regtig vir my nie.
LikeLiked by 1 person
Jy bly asseblief net wie jy is, doen jou prate, dis hoekom ons so lief is vir jou. Lekker gelag vir jou skrywe.
LikeLiked by 1 person
Jy hoor my seker tot daar in Harties! En dan is ek én my manlief regte plaasmense net luide stemme. Oeps! 😳😁
LikeLiked by 1 person
Ek het nou so hard en lekker gelag dat Rambo skoon geskrik het en my man wonder het ek mal geraak! 😂😂😂 Toe lees ek vir hom die storie en toe lag hy ook lekker want ek is ook ‘n harde prater (my man is half-doof) en as ek opgewonde raak, praat ek net nog harder en ja, ek ken van daai depressie stilstuipe. Gelukkig het niemand al ooit iets vir my gesê oor my hard pratery nie, hul skinder mos agteraf … seker te bang om dit reguit te sê want baie dink ek is ‘kwaai’ en ja wel, my manier van pratery is mos persoonlik en as iemand my persoonlik aanvat, mag ek dalk klappe uitdeel. 😂
Doen jou prate en as hul aanstoot wil neem, hul probleem dan sê ek altyd. Soos die ouderdom aangaan is dit goed dat mense hard praat want baie van ons hoor nie meer so lekker. 😅
LikeLiked by 1 person
Dankie. Jy het nou sommer lekker saangesels, hard en duidelik. 😁
LikeLiked by 1 person
Hahahaha! Ja, dit is ek ook. Baie duidelik omdat ek so lank is. 😅
LikeLiked by 1 person
Dieselfde hier! 😁
LikeLiked by 1 person
Dan het ons sover 2 dinge in gemeen. Hart praat en lang lengtes! En jy is ook blond? Nie soos in dom, maar in haarkleur? 😅
LikeLike
O neee, niks blonds aan my nie. In my jongdae was ek ‘n donkerkop, nou spierwit grys. Tel dit ook as blond? 😊🤪
LikeLiked by 1 person
Whahahahah! Dis die nuwe blond, mind you! 😂🤣
LikeLiked by 1 person
Erg mode. 😂
LikeLiked by 1 person
😂🤣 Ek raak ook sommer grys. 😀
LikeLiked by 1 person
Nee man, wees wie jy is. 😁
LikeLiked by 1 person
Die grys hare laat dink my aan ‘n vroutjie wat na die seuns gekyk het toe hul klein was. Sy en haar dogter se hare het spierwit geraak terwyl hul nog in hul 30’s was. Dit was vir my altyd so mooi. Spierwit grys, maar met my gelaat sal dit beslis nie pas. Ek is blond gebore en so sal dit bly. Ek is nie een vir snaakse haarkleure nie. Gelukkig nie. Ek is maar wie ek is. 😀
LikeLiked by 1 person
Ek het ook vroeg begin grys word, dit vir jare toegeverf, toe raak dit net ‘n te groot werk. Nou sit ek donker strepies in en wanneer dit heeltemal uit is, weer.
LikeLiked by 1 person
Nee wat, ek dink die grys is pragtig en ek kan dink hoe mooi die donker strepies in dit lyk. My man het weer swart hare met die grys tinte in wat vir my so pragtig is. Ek is te blond om grys te raak. 😅
LikeLiked by 1 person
Net so mooi.
LikeLiked by 1 person
😊😘
LikeLike
Jy is wie jy is en bly net so. Die wêreld moet jou vat soos jy kom…’n toorts moet helder skyn, anders kan mens nie sien in die donker nie!
LikeLiked by 1 person
😁
LikeLiked by 1 person
Jong, hierdie toortsie se liggie is ook maar soms dowwerig, hoor. 😊
LikeLiked by 1 person