Unbroken – Path to redemption

Hierdie fliek is tans beskikbaar op Catchup en ek wil dit regtig aanbeveel. Dit is gebaseer op ‘n ware verhaal en, lyk dit my, die opvolg op ‘n ander fliek.

‘n Olimpiese Amerikaanse atleet se atletiekloopbaan word omver gegooi toe hy vir sy land in die Tweede Wêreldoorlog moes gaan veg. Hy beland in ‘n Japannese strafkamp waar hy verskriklik gemartel word.

In hierdie fliek word sy lewe ná die oorlog vertel. Die voorheen legendariese atleet wat wonderbaarlik die strafkamp oorleef het, maar nou nie ‘n werk kan kry nie. Post Traumatiese Stressindroom neem sy lewe oor en hy verloor byna alles wat hy het.

Sy grootste plan in die lewe is om hom te gaan wreek op Bird, die Japannees wat hom so gemartel het.

Dan gebeur daar iets. Sy hele lewe verander en hy gaan wel terug Tokio toe, na die strafkamp toe, maar met ‘n heel ander doel.

Kyk gerus die fliek, dis beslis die moeite werd.

Toortsie

5 thoughts on “Unbroken – Path to redemption

Gesels saam, asseblief!