Het Jesus geglo?

Daar is ‘n sinnetjie wat ek tans gereeld op die radio hoor wat betrekking het op een of ander program wat nog uitgesaai gaan word, dat Jesus nie in Jesus geglo het nie. Nou ja, ek het nie die program geluister nie en ek vertrou dat die persoon sy stelling baie goed sal verduidelik.

Na my mening en kennis het Jesus aarde toe gekom om vir ons sondes te kom sterf en die dood te oorwin. Hy het God kom verteenwoordig. Hy het presies geweet wie Hy is en het dit duidelik gemaak waar Hy dit nodig gevind het.

Hy het self aan Sy volgelinge die opdrag gegee om te gaan na die uithoeke van die wêreld om te gaan getuig van Hom. Hy het hulle ook toegerus om dit te doen.

Hy het nie nodig gehad om in Jesus te glo nie, want Hy was self Jesus. Tog het Hy ons gemaan om in Hom te glo.

Ek wou begin om verse aan te haal, maar dis net te baie. Ek sou enige iemand wat hieroor twyfel, aanmoedig om die vier Evangelies te lees, dis die eerste vier boeke in die Nuwe Testament. Lees dit. In daardie boeke is Jesus se eie woorde opgeteken.

Wanneer ek hierdie woorde lees in die vier Evangelies, het ek niks meer nodig nie, dís vir my oortuiging genoeg.

Matt 11:6: ‘Gelukkig is elkeen wat nie in My begin twyfel nie. ‘

Toortsie

9 thoughts on “Het Jesus geglo?

  1. Ek het d progr met halwe oor geluister. Dit het oor allerlei empiriese goed gegaan, bv was Jesus n humanis ? Wat is n Christin, ens. Volgens my n hele spul akademiese tjol. As Jesus nie in God n homself geglo het nie, sou Hy nie kon doen wat Hy gedoen het nie. Ons hoef nie te bespiegel oor al die ingewikkelde filosofië wat Jesus was of nie was nie. Jy is heeltemal reg. Ons hoef net te glo wat in die Bybel staan.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!