Moeilikheid in Botswana Hoofstuk 5

Die aanloop tot die storie: Hoofstuk 1; Hoofstuk 2; Hoofstuk 3; Hoofstuk 4

Ek kan nie help om stilweg te glimlag en so ‘n effense krul in my toon te voel terwyl ek ‘n slukkie van my Shandy drink nie. Om die waarheid te sê, vanaand voel ek eintlik lus vir iets sterkers. Sowaar, slim het sy baas gevang. Uiteindelik.

Faantjie kon sy geluk nie glo dat soveel vaardige ouens hier bymekaar is nie, presies die tipe manne wat hy soek vir sy bedrywighede: ‘n recce, ‘n sjinees en ‘n kok wat kap en toor met messe dat jou oë behoorlik uithang, ‘n jong man met ‘n bakkie, wat duidelik wil bewys dat hy betroubaar is, sy seksie Soufie aan sy sy, ‘n klompie doeanemanne wat altyd op die uitkyk is vir ‘n los gelukkie, Batman met ‘n lyf so glad soos ‘n paling, ‘n wyse kroegman. Wat meer wil jy hê?

Faantjie het sy planne mooi agtermekaar en verduidelik vir die span mense wat hy in gedagte het. Hulle oë blink behoorlik, hier is groot opwinding op pad, opwinding soos wat mans daarvan hou. Hulle gaan sakke vol geld maak.

Die plan werk so: Faantjie het kontak met ‘n boer net anderkant die grens in Botswana se kant, met baie wild. Die boer is ook altyd op die uitkyk vir ‘n bietjie los geld, warm geld, maar jy moet dit nie hard noem nie. Hy het die wild en die drade tussen sy plaas en Suid-Afrika is juis nie meer so goed nie. As hulle saamstaan en die diere op ‘n manier in Suid-Afrika kan kry, kan hulle hier ‘n fantastiese restaurant begin. Hulle kan goed geld maak!

Die manne babbel, almal het goeie idees van hoé om dit te doen.

‘n Dag of wat later is die hele span manne deur die grenspos Botswana toe. Soufie is ook by. Hulle geniet die dag by die boer. Daar word koedoes gejag. Die boer se werkers slag die koedoes af en hang dit uit sodat die vleis ‘n bietjie droër kan word. Daardie aand word daar groot vuur gemaak in die Botswanabosveld. Daar word gebraai, wildslewer word op die vuur gaargemaak. Die voggies vloei mildelik. Soufie het groot werk om te doen, sy flirt by die regte mense.

Die volgende oggend laai hulle die bokke agterop my bakkie, dit word met seil toegemaak. Nou volg die gevaarlike deel, ons moet ongemerk deur die doeane kom.

Weer eens is Soufie die troefkaart, sy maak die doeanemanne se harte sag. Natuurlik het Faantjie ook hier en daar ‘n vriend in die doeanekantoor. Sonder te veel moeite glip ons deur, en ‘n sug van verligting glip oor ons lippe.

Dis ongeveer vyf kilometer verder wat die skok op ons wag. PADBLOKKADE! Oral waar jy kyk staan manne in blou. Daar is selfs ‘n helikopter wat bokant ons bakkie draai!

Ons is uitgevang! Hierdie is tronksake.

Maar …

Vir jare al is Faantjie besig met sy bedrywighede en kry die polisie hom nie vasgetrek nie. Hulle weet ook dat hy helpers het by die doeane, maar hy is net te glad.

Hierdie was ‘n set.

Ek, die recce, die kroegman, een of twee van die doanemanne en Soufie, kan jy glo, is almal lede van die SA Intelligensiediens. Hierdie was ‘n beplande ding om vir Faantjie vas te trek. Die Sjinees, die kok en Batman was ingevoer om Faantjie se belangstelling te lok.

Toe ons gehoor het van die probleem by Fort Matlaputla, kon ons dit gebruik as lokaas. As Faantjie sou sien hoe knap ons is, sou hy dalk aan die aas byt.

Hy het gebyt.

Vanaand sit ons heerlik hier in Platjan se kroegie, ons kan net nie ophou gesels oor ons avontuur nie, maar veral nie oor ‘n ou skelm en sy trawante wat uiteindelik vasgekeer is nie.

En ja, hierdie hele storie is deel van Toortsie se verbeelding en ook deel van ‘n Lê jou Eier uitdaging deur Hester Lee Nel.

Toortsie

Volg die hele storie HIER.

36 thoughts on “Moeilikheid in Botswana Hoofstuk 5

      1. Hierdie keer laat ek verby gaan. Dink soos ek wil kan ek met niks voor die dag kom nie. Ek het altyd gedink mense spot sommer oor hulle muse wat spore gemaak het….nou is myne sowaar ook weg. Ek dink my omstandighede op oomblik druk verbeelding dood.

        Liked by 1 person

                  1. Gelukkig doen ek dit bitter weinig. Al my apps is afgelaai op my laptop en ek werk meesal op ‘n remote keyboard op ‘n groot skerm. Dit skakel sommer beide die tik- en die sigprobleme uit.

                    Like

                    1. Ek is so baie weg van my rekenaar af met my gerondpendelry, ek het regtig geleer werk op touch screen. Ek moes een keer ‘n hele werkstuk instuur op my tablet, wat ek toe nog gehad het.

                      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!