Betrokke

Vir ‘n hele klompie dae draai die gedagte om God se betrokkenheid in ons lewens in my kop. Dit voel of dit by my mond wil uitborrel, ek wens ek weet wat om te maak dat mense sal besef hoé betrokke Hy elke sekond in ons lewens is. Hier skryf Woordnoot sowaar oor hoe God vir haar in woorde kom vertel het hoe Hy by haar betrokke is, die verhouding wat Hy en sy het.

Gisteraand was die woorde in my kop: ‘Ek wens ek mag vir julle vertel hoe God tydens TPM-sessies met ons praat, nie net met die kliënt nie, maar ook met my, hoe Hy met elkeen op Sy besonderse manier praat soos wat dit by elke persoon pas. Ek wens ek kan vir julle vertel hoe Hy vir die verwerpte persoon vertel hoe kosbaar sy vir Hom is. Vir die een wat voel sy het geleenthede deur haar vingers laat glip, wys Hy dat daar nog baie ander geleenthede is, dat Hy groot planne vir haar het. Hoe Hy, soms deur dit wat Hy vir die kliënt sê, ook vir my dinge bevestig. Hoe ek ná elke TPM-sessie waar ek kon sien hoe ‘n persoon vorentoe beweeg, voel of ek wil vlieg. ‘

Ongelukkig mag ek nie daardie stories vertel soos dit regtig gebeur nie omdat dit nie my stories is nie, maar ander mense s’n.

Ek mag wel vertel hoe God vir die Toortsie wat met haar kop weet sy is nie dom nie, maar diep in haar hart dit glo omdat sy dinge sê wat ander nie van hou nie, soveel keer anders optree en dink as ander mense, dat God self vir haar tydens ‘n TPM-sessie kom vertel het dat dit nie domheid is nie, maar juis is dat sy haar verstand gebruik en dat sy juis daaroor soms anders gaan dink en doen as ander mense. En skielik verander Hy kopkennis in hartskennis en glo die Toortsie dit nou diep in haar hart ook, daar waar net God ons kan oortuig van die waarheid.

God is betrokke by ons, in goeie én in slegte tye, of ons dit wil erken, of nie. Hy is betrokke en as ons ons oë en harte daarvoor oopstel, sal ons al hoe meer bewus raak daarvan en keer op keer in verwondering staan.

Hê ‘n mooi dag. Mag God jou vandag seën en mag jy vandag Sy betrokkenheid in jou lewe beleef.

Toortsie

4 thoughts on “Betrokke

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s