
Toe my vriendin hierdie boek van Helene de Kock sien, was sy in ekstase, sy is mal oor Helene de Kock se boeke.
Kruispad vir Kara is die eerste boek van Helene de Kock wat ek lees en ek kan hom net nie neersit nie. die skrywer kry dit reg dat ek Kara word, dat ek in Kara se karakter inklim, dat die storie my storie word.
Saam met Kara voel dit vir my of dit ék is wat die verskriklike nuus van bankrotskap hoor. Saam met haar maak ek planne oor hoe om te oorleef, bekyk ek sommer my eie lewe met ‘n vergrootglas en wonder of ék dit sal kan hanteer en hoé ek dit sal hanteer sou dit my oorkom.
Terselfdertyd vra ek vir God vir Sy beskerming oor ons boerdery en finansies, maar ek vra ook, hoekom nie ek nie? Dit kom tog soveel ander mense oor. En ek besef dat elke dag net genade van God is.
Ek is nog nie so ver gelees nie, Kara is nog midde in die krisis en ek weet dat daar sekerlik nog baie groter krisisse gaan kom soos die boek vorder. Kara staan reeds voor groot keuses wat haar lewe radikaal kan verander. Wat sal sy kies?
Soos ek reeds gesê het, sukkel ek om die boek neer te sit en geniet ek dit werklik. Helene de Kock is beslis ‘n skrywer vir wie se boeke ek sal uitkyk.
Toortsie
Volg gerus die boeke wat ek bespreek op Pinterest, of kliek hier vir my boekeblogs.
Werklik ‘n boek wat mens met nuwe oë laat kyk na dinge wat mens vanselfsprekend aanvaar, in die mooi stuk van Helene se Kock
LikeLiked by 1 person
Mooi styl, natuurlik
LikeLike
Jy som dit mooi op.
LikeLike