Slaaptyd

Kyk, die kleingoed is lewendig, soos dit mos veronderstel is om te wees. Ouma bring haar kant en gee aandag, soos dit moet wees, maar kom beurtkrag 8 nm, is ouma maar tog te bly dat dit donker is en ons bed toe kan gaan.

Die een aand braai oupa nog vir ons ‘n vleisie op die vuur in die donkerte. Ons eet die worsie sommer daar by die vuur met die hand.

Aand twee voel ouma moegerig en half 9 sou daar nog mense opdaag. Kleingoed is natuurlik nuuskierig hoe hulle lyk, maar ouma voel ons moet bietjie rustig raak. Ons lê al al drie in die bed toe die gaste opdaag, en hulle kom sê gou hello sodat die kleingoed kan sien hoe hulle lyk.

In die donkerte lê ons, maar die lewendigheid wil net die oorhand neem.

Ouma lê doodstil, reageer niks, maar dit werk nie heeltemal nie.

Ouma sê: ‘Kom ons kyk wie slaap eerste.’ Onmiddellik breek daar ‘n gesnork los van eerste water! 😂

‘Nee’, sê ouma, ‘kom ons kyk wie bly eerste stil.’

Doodste stilte vir vyf sekondes.

‘Kom ons kyk wie bly die langste stil. ‘ Dit hou sowat tien sekondes.

‘Ouma, Boeta het sy in neus gekrap.’

‘Is nie, Sussa. Ouma, Sussa sê ek het in my neus gekrap.’

‘Sussa, Boeta het nie in sy neus gekrap nie. Kom, ons slapies nou.’

En ewe skielik slaap hulle.

😊❤️

Salig.

Ouma se liefkinders.

En nou is hulle al weer terug by hulle pappa en mamma en ouma verlang al klaar weer lang stukke.

Toortsie

9 thoughts on “Slaaptyd

    1. Ek was nog nooit ‘twee maal bly’ nie, bedoelende, bly as hulle gaan nie. Maar dat ons stokflou is as hul gaan, is nie altemit nie. 😂 Ek het sommer langnaweek gevat.

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s