Toe beurtkrag weer aangekondig word, het Toortsie ewe besluit dat sy nie gaan deelneem nie. Hoe sy dit wou doen, weet ek nie. Ek vermoed Toortsie het nie ver genoeg gedink nie! Sy het ook nie gedink Fase 4 beurtkrag gaan realiseer nie.
Toortsie het besluit om haar só min aan die beurtkrag te steur, sy gaan nie eers die app aflaai nie! Gelukkig is daar genoeg mense rondom haar wat presies weet wanneer die krag sal afgaan.
Toortsie het besluit om maar aan te pas, sy werk mos gelukkig nie voltyds nie.
Die stemmetjie in haar hart het haar meermale gewaarsku dat sy ‘n plan B in plek moet kry om in haar huis te kom as die krag af is, selfs presies vir haar gesê hoé die plan B daar uitsien. Sy hét die voordeur se sleutel aan haar karsleutel gesit, maar ja, selfs al het die stemmetjie haar gewaarsku, het sy vergeet om die sleutel wat in die deur gesteek was, uit te trek.
Maar tipies Toortsie het geluk weer eens sy kant gebring en kon haar kleine kleindogter deur die venster klim en hulle red.
Dit was ook vir haar effens rowwerig met die kleinkinders by haar en kos wat betyds gaar of warm moet kom, maar verder werk dit eintlik heel goed. Toortsie val maar in by die liggies se aan en af..
So, Toortsie móét ook effens beplan om kragdinge te doen as die krag aan is en sonderkragdinge as dit af is. Dit behels dalk dat sy kos vooraf moet maak, of nat wasgoed in die huis moet hang omdat die dagligure haar ingehaal het. En dalk sal dit goed wees dat sy genoeg kerse aanskaf, batterye kry vir haar flitsie en haar Kindle laai vir die donkertye.
Toortsie reageer egter nie goed op doem-smsse van hoe sy moet voorberei nie. Nog nie. Sy mag dalk later spyt wees, maar nog nie nou nie.
Ons sal hierdeur ook kom.
Mooi dag!
Toortsie
Dit verstom my telkens hoe Toorts en Seegogga ooreenstem. Mense wil heeltyd by my weet of ek die skedule het. Nee! Ek stel nie belang nie! As d krag af is is hy af en as hy aan is is hy aan. So what. As hy afgaan voor ek kos gemaak het, gaan koop ek takeaways of ons gaan eet erens. Ek was wasgoed whenever, soms 12 nm. En dit was nog altyd so. Ons het darem n gasstofie vir koffie.. MAAR: eergister by Spar stap ek toevallig verby die kerse en dink toe sowaar daaraan om vir my n pakkie nuwes te koop: rooi vir die mooi. En vlgnde week ga ons kleinkind oppas. Ek vermoed ek sal dan dalk moet aandag gee aan darie ” skedule!”
LikeLiked by 3 people
Nou het ek net mooi gisteraand die skedule afgelaai en ek is spyt daaroor. Hy wil my nou aan hom vasbind. Ek gaan hom sommer nou afhaal. Nee ag! Ek gaan my nie deur ‘n ou skeduletjie aan die neus laat rondlei nie!
LikeLiked by 2 people
Netso!
LikeLiked by 1 person
En ja, ons twee ís karperde.
LikeLiked by 1 person
😉
LikeLike
Ek wens ek kan ook so rustig daaroor voel….
LikeLiked by 1 person
Dit hang van jou omstandighede af. As jou dagtaak heeldag krag vereis, kán jy nie rustig voel hieroor nie. Ek weet dat loneweek vir my ‘n groot kopseer gaan wees. Wanneer ons krag af is op die plaas, is alles af, ook internet en selfoonsein, ens. Ek sal fyn moet beplan.
LikeLiked by 1 person
Dis beslis so! Voel jammer vir die mense met besighede ook!
LikeLike
Absoluut.
LikeLike
Ek ken ook glad nie die skedules nie, leef maar so om en saam met ons kraglose ure. Haal darem al my lekker leeswerk in hier by die semi-donker winkel as niemand kom inloer nie.
LikeLiked by 1 person
Positiewe mens jy. ❤️
LikeLike
Ooooo ek was tot bly en dankbaar oor vandag se fase 2 …
LikeLiked by 1 person
Ek is bevrees dat ek my hele dag rondom beurtkrag moet beplan. Ons verskaf elke dag ons skedule aan ons kliënte ook. Wanneer die krag af is hier, sterf die selfoontorings ook onmiddellik – iemand het dit goed gedink om die torings se batterye te steel. Kosmaak is gelukkig nie ‘n probleem nie, hoewel ons nou deur ons ore betaal vir gas.
LikeLiked by 1 person
Op die plaas is dit erg en ek sal loneweek baie goed moet beplan. Dis waar ek my adminwerk dien. Alle moontlike kommunikasie wat ons daar het, het ons aangelê en is van krag afhanklik.
LikeLiked by 1 person
Vir ons op kantoor is beurtkrag n reuse nagmerrie. Jy kan nie werk nie, soms 4 en n half ure op n slag. Ongelukkig verlang ons werk tyd wat uitgeboek moet word om n inkomste te voorsien.
Op die stadium sukkel ek bietjie om die liggie in die tonnel te sien.
LikeLike
Ek kan dink dat dit angswekkend moet wees.
LikeLike
Ek kry ook elke keer ‘n verrassing, want ek het ook nie ‘n skedule nie. Dis die voordeel van pensionaris (pensionarus) wees…vat hom soos hy kom!
LikeLiked by 1 person
Ja wat, net soos hy kom. Dis ‘n voorreg.
LikeLike
Ditto…
LikeLike