Met die tydmasjien 7 jaar later

Ek sit sommer en kyk hoe my dogter met haar skoolseuntjies en hulle dromme oefen. Drumline. Ek weet nie wat die Afrikaans daarvoor is nie.

Orals staan groepies kinders ‘n nuwe ritme en inoefen. Dan kom hulle bymekaar en speel hulle nuwe liedjie.

Daar is ‘n bietjie meer seuns as dromme, so hulle los mekaar af. Die klompie wat nie op daardie oomblik ‘n drom kan vashou nie, sit op die pawiljoen en oefen saam op klanklose drommetjies.

Skielik trek ‘n seun my aandag. Dis my kleinkind! Hy lyk net soos my kleinkind! Hy tree op soos my kleinkind! Hy is net 7 jaar ouer. Ag, het ek dit nou geniet! Dat ek nou sowaar, sonder dat ek dit besef het, in ‘n tydmasjien geklim het en dít kon beleef.

Die reserwes aan die oefen

Hierdie is die seun waarvan ek praat, die een in die agterdte ry met die wit kop. Sal my kleinkind oor sewe jaar só lyk? 😁

Vir die dieperdelwers: God se genade kom op baie maniere. ❤

Toortsie

Toortsie by Finesse: My geselskap

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

9 thoughts on “Met die tydmasjien 7 jaar later

Gesels saam, asseblief!