Kameel – ‘n Babelse verwarring

Lê-jou-eier: Polities korrek

images (1)Ek dink ek moes ‘n tweeling gewees het, my sin vir regverdigheid is net te veel vir een mens – en dit bring my in die moeilikheid. Geskiedenis, en hier praat ek tot van die bybel se geskiedenis is vir my onregverdig. Hoekom maak mense oorlog, moor mekaar uit, vat mekaar se lande, maak slawe of onderdruk mekaar? Ek kon nog nooit ‘n ordentlike antwoord op hierdie vrae van my kry nie. Het elkeen op sy plek gebly, hom met sy eie besigheid bemoei, en sy medemens ordentlik behandel was dit nie nodig om geskiedenis op skool te leer nie… want daar sou nie geskiedenis gewees het nie. “And they all lived happily ever after.”

Maar nou is daar geskiedenis… en politiek… die gehate woord. Ek wil nie politiek hoor nie, ek wil nie politiek praat nie. Jy het jou mening, ek het myne so los dit net so. Inherent is ek ‘n rebel, en sal seker altyd een bly. Ek het hard geskop, en hard baklei om myself los te kry van ‘n sisteem van so maak mens, en ek sal seker altyd ‘n ding van die anderkant af bekyk, en nie saam met die massa stem nie.

Op ‘n ligter noot. In die week stuur die verlore seun vir my ‘n video van ‘n rodeo. Ek bekyk die spulletjie so en vra vir Ken hoekom sal mans hulself so wil laat rondgooi, en verniel. Hy antwoord droogweg dat dit hopenlik een plek is waar ‘n vrou nie sal voel dis haar volle reg om ook so rondgegooi, en verniel te word nie. Ons gesels bietjie daaroor en sowaar die vrou met haar vroueregte, het haarself oral ingewurm; “Hulle ry tot Monster trucks,” het skoonseun later droogweg opgemerk.

Almal het deesdae regte, en dinge begin vir my meer en meer na ‘n Babelse verwarring lyk. Ag eintlik besef ek net weer hoe klein en nietig die mens is, en hoe min ek rêgtig van die lewe verstaan. Van net een ding is ek werklik seker; Ek behoort aan Hom vir wie die nasies van die wêreld soos ‘n druppel in die emmer, of soos stof op ‘n skaal is.

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=762615

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

 

28 thoughts on “Kameel – ‘n Babelse verwarring

  1. Daar is altyd ‘n rede vir oorlogvoering – ek wil jou land en sy skatte hê, ek wil hê jy moet dieselfde dink as ek oor godsdiens / politiek / seks, ek wil belangriker wees as jy … of dalk het ek net lus om my nuutste wapens uit te toets.

    Liked by 1 person

  2. Wat my kielie is hoekom hulle die land se burgers betrek. Hoekom klim die leiers van die lande nie kaalvuis in die kruit nie? Winner takes all. Maar ek dink nog altyd dis van suiwer lafhartigheid dat die burgers die hebsugtige leiers se oorlog moet gaan baklei.

    Liked by 1 person

  3. Vrae wat geen antwoord het nie! Ek hou nie van konfrontasies nie en politiek gaan daaroor om ander te oortuig dat die spreker reg is. Wat is in elke geval reg, wonder ek. Daardie antwoord vna Ken oor rodeo klink vir my nogal waar- totdat “madam” ook wil indruk, wat reeds gedoen word. Ek kannie verstaan, ons is verskillend gemaak. Hoekom dit nie respekteer nie. Nee, want ek wil meer en beter hê of wees! Ongelukkig het mense mekaar wel nodig maar nie op die manier wat die wêreld dit gedoen wil hê nie. Weet jy, as ou Trump en daardie N Korea mannetjie so hul vingers op die knoppies het om mekaar op te blaas raak k sommer benoud. Wat as hul mis skiet? Gelukkig is mens gelowig en weet dat God sal beskik.

    Liked by 1 person

    1. Gister vra my dogter wat beteken die bybelvers Gen 3:6 “And the Lord said, My spirit shall not always strive with man, for that he also is flesh: yet his days shall be an hundred and twenty years.” Volgens die kenners blyk dit toe dat die Here die mens se lewe verkort het omdat daar soveel boosheid in hulle was en hulle klaar so drooggemaak het – wat sal hulle nog aangevang het, het Hy hulle langer laat lewe. (Kameel se verkorte weergawe) So ons kyk verniet na die wêreld vir reg en regverdigheid. Jy laat my altyd glimlag scrapy. Sien daardie vingers op die knoppies… en wat as hulle mis skiet? 😀😀😀 Wanneer dit weer dag is by julle… geniet die dag!!

      Like

      1. Dis waarvoor ek “bang” is daardie misskiet en hul plof n gat hier in NZ. Jy weet, daar was darem al baie oorlog dreigemente vandat ek kan onthou. Maak mens benoud maar tog kom die krag van Bo en mens vertrou ook. Tog as dit moet wees moet dit wees.
        Hier sit ons op die oomblik en wag dat die naderende sikloon ons moet tref. Die skool het mos weer begin so dis nou weer ons beurt om kinders veilig te hou. Die wind waai woes op oomblik.
        Jy moet ook n heerlike dag en naweek hê. Hoe is die warmte op oomblik?

        Like

        1. Jy bly op ‘n plek met aardbewings en siklone scrapy…. dit sou my bang gemaak het. Die laaste paar dae was lekker… nie daardie vreeslike hitte nie… met buie reën. Vanoggend lyk grou en donker, dis koud en dit lyk na reën. Nie juis ‘n oggend om op wakker te word en dis jou verjaarsdag nie 😯 Maar wat, ek en twee vriendinne gaan koek en koffie drink, en daarna The Greatets Showman, kyk.

          Like

  4. Want mense is gulsig en wil net meer en meer hê en sal moor om dit reg te kry en in hul gulsigheid moet die een onderdruk word om dit reg te kry. Dan is daar dinge soos jaloesie en wat nog alles. Ja, dis hartseer!

    Liked by 1 person

    1. Eendag Toorts eendag gaan Jesus vir ons kom wys hoe moet dit gedoen word. Hoe lyk ‘n regering van regverdigheid. Tot dan moet ek myself maar soos daardie drie apies probeer hou. Hoor niks, sien niks, sê niks.

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!