Hoe het ek leer bestuur?

Oudoring het my gedagtes nou ver draaie laat loop. Terug na my kinderdae op die plaas waar ek bedags saam met my pa rondgery het.

Eers het ek, soos Oudoring, op my pa se skoot gesit en die stuurwiel vasgehou en dan het ons op die plaaspaadjies gery en dan skielik het hy vinniger begin ry en ek het geskree dat die kranse antwoord gee!

Ek was sommer nog klein, dan het ons die skape gaan kosgee. Daar word stadig gery en iemand staan agterop die bakkie met die sak mielies en gooi die mielies so in ‘n rytjie vir die skape. Ek het dit weer laas week ná al die jare beleef in die Karoo. My pa het dan die bakkie in ‘n lae rat gesit, ek het oorgeskuif en die stuurwiel vasgehou, hy het uitgeklim en agterop die bakkie geklim so in die ry en die skape gevoer, teruggedraf en weer ingeskuif om verder te ry. Ek het aan geen pedaal geraak nie!

Later kon ek op die lande ry en stop en wegtrek en deur die hekke ry wat my pa oop- en toemaak.

Ek was so in standerd 6 rond wat ek ernstig begin bestuur het. Ek is toe in volle beheer van die bakkie en ons moet afdraai by Louvain. Pa sê, ‘Madelé jy moet afdraai hier voor, jy moet stadiger.’ Ek ry stadiger. Pa sê, ‘stadiger!’ Maar Toortsie besef nie hoe stadig hy eintlik bedoel nie. Trap briek en vlieg deur die draad net regs van die motorhek. Draad stukkend. Bakkie niks oorgekom nie.

Een dag het ek en my dogter ook so teen ‘n reuse wal opgejaag en deur ‘n draad en net betyds gestop om nie in ‘n dam te beland nie terwyl Toortsie eers skree ‘Moenie briek trap nie’ en toe weer ‘Briek!’ Stukkende draad en 2 pap wiele verder en lekker ontlaai van die vreeslike gille!

Dankie oudoring. Dit was lekker onthou. Dit wil dan nou vir my lyk of ek gillerig is?

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Finesse: Netwerk 

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Lawwighede; Tong-innie-kies, Plaaslewe en Landbousake and tagged . Bookmark the permalink.

21 Responses to Hoe het ek leer bestuur?

  1. Aaa – al die heerlike herinneringe. Wel, so moes almal maar leer om te bestuur. OUlik.

    Liked by 2 people

  2. Kameel sê:

    Ag Toorts…. toe jaag jy deur die draad 😀😀😀
    Lekker gelees aan jou ondervindinge. Vir my bly daardie leer bestuur een van my grootste nagmerries.

    Liked by 2 people

  3. travel460 sê:

    My hoërskool kêreltjie, ñ eerste jaar Tokkelok student, het my geleer bestuur. So dit was ñ kalm prose sonder enige harde woorde.☺☺☺

    Liked by 2 people

  4. My man het my probeer leer. Teen die tweede les het ek uit die kar geklim en ‘n taxi bestel om my huis toe te vat. Die volgende week het ek ‘n bestuurskool gebel en gegaan vir lesse. Easy Peasy. Daarna het ek my eerste eie motor gekoop (splinternuut uit die boks 11 Golf vir R4800) en my man verbied om met my motor te ry. Joune is joune en myne is myne!

    Liked by 2 people

  5. Nee dankie ek ry nie saam met jou nie As mens twee keer deur doringdrade is kan jy nie bestuur nie .

    Liked by 2 people

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s