Lê jou eier oor paddas

Hester het die eerste uitdaging geplaas en ek is baie opgewonde! Ons moet skryf oor een of ander idioom in Afrikaans wat dalk in onbruik geraak het, en sommer ook vertel waar dit vandaan kom. Omdat paddatjies so ‘n groot rol in hierdie hele reeks gaan speel, het ek dit goed gedink om na padda-idiome te kyk.

Ou paddatjie kom aangespring, kwaak, kwaak, kwaak, kwaak, kwaak!

Foto geleen by: http://www.hoezit.co.za/van-n-padda-vere-probeer-pluk/

Die eerste een lyk so: Van ‘n paddda vere probeer pluk, en dit beteken om die onmoontlike te verwag.

Maroela Media sê dat die idioom, So waar soos ‘n padda manel dra uit Nederland kom. In die ou dae het die ouderlinge mos manelle gedra, my pa het ook so ‘n manelpak gehad wat gehou is vir wanneer hy op die kerkraad gedien het. My een seun het by sy matriekafskeid ook ‘n manelpak aangehad en het tog te netjies gelyk! Die oorspronklike uitdrukking was ‘so waar as wat kerkvors manel dra’. Die Afrikaanssprekendes het dit verander nas so waar as wat kikvors manel dra, en sover ek weet, is ‘n kikvors ‘n padda. Nou ja, so waar as wat padda manel dra, beteken dis baie seker.

Om ‘n padda in die keel te hê, beteken dat jy hees is, of ‘n krapperigheid in die keel het. Dis dan wat jy effens keel skoonmaak sodat die padda kan verdwyn. Maroela skryf dat hulle blykbaar in Engeland geglo het dat jy nie staande water moes drink nie omdat jy dan padda-eiers sou insluk in die proses. Ons glo dit natuurlik nog steeds dat jy nie staande water moet drink nie. Al manier wat hierdie paddas wat in jou maag uitbroei, sou uitkom, was deur die keel! Genade! En, skryf Maroela, dat keelinfeksies in die Middeleeue met ‘n lewendige padda behandel was wat in die keel gesit is! Sjoe, hoe dankbaar is ek nou dat ons nie meer in die Middeleeue leef nie!

Louis Malherbe het gepraat van ‘n padda in die pyp wat jou gekniehalter het as jy iets of iemand nie kon vergewe nie.

As jy dikmond is, lyk jy soos ‘n opgeblaasde padda, en om so skurf soos ‘n padda te wees, is ook nie eintlik ‘n kompliment nie. Is jy met jou mond so skurf soos ‘n padda, of is dit jou lyf wat so skurf is?

Hoor hierdie interessante een: ‘n Stomp mes word ‘n paddaslagter genoem, omdat dit die enigste ding is wat ‘n stomp mes sal kan sny. (Ek dink in my laai lê ‘n hele klomp van hulle!

Ondersteun hierdie inisiatief van Hester en gaan skryf jou idioom in Afrikaans en laat hierdeur Afrikaans blom!

Groetnis

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Finesse: Elke vasgeleentheid is uniek

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

“Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, kliek op die volgende InLinkz skakel:

 

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke.

Nuwe onderwerpe word aangekondig elke Donderdag om 12:00 en sluit outomaties na een week.”

31 thoughts on “Lê jou eier oor paddas

  1. Toortsie! Ek het nou so gelag. Dis ‘n fantastiese inskrywing – so reg in die kol met die kikvorse, hulle eiers, vere, manelpakke en so aan (nee dankie vir die stilstaande water of die medisinale gebruik van lewendige paddas). Dankie vir die deelname en ek hou nou InLinkz dop om te sien wanneer jou skakel deurkom.

    Like

      1. En daar is jou skakel! Ek sien Lekkervurigeaffêre het ook gearriveer. Great stuffies, soos my kinders altyd sê. My tone krul van lekkerkry. Hoe lyk die InLinkz bladsy vir jou? Die “thumbnails” bly daar met die skakels selfs nadat die uitdaging gesluit het. Lekker blootstelling vir almal wat daar rondloop.

        Like

  2. Ongelukkig het die verlore geraal tydens verhuising, maar ons het sulke dik, groen mediese boeke geërf. Dit het dateer seker uit die dertigjare, te oordeel aan die baie ou Afrikaans. Dit is deur ‘n mediese dokter geskryf.

    As iemand baie gehik het, moes hy hoendervere rook, weliswaar darem nie van paddas afkomstig nie.

    Hy het egter aangevoer dat hy self gesien het hoe ‘n padda van ‘n soort borskanker uit ‘n vrou se bors gesuig het. Platanna, brulpadda: ek kan nie onthou nie.

    Sowaar as padda manel dra. Kan jy nou meer!

    Like

  3. ‘n Dikbekpersoon blaas hom op soos ‘n brulpadda, ons swem met paddavoete. Is hy prins of padda? Dis nou nie eintlik die erkende idiome nie, maar dis wel spreektaal waarin paddas gebruik word – en dan eet die Franse nog paddaboudjies ook.

    Like

      1. Ek sal netnou daar by haar gaan inloer… maar, ons is nou al lank uoit SA. Ek wonder, bestaan die ou gesegda “vasbyt, mindae kom van self” nog?
        Ons het dit altyd gesê in die bos, om onself ‘n bietjie aan te moedig dat ons wel eendag huistoe sou gaan! 😉

        Like

Gesels saam, asseblief!