Ja, ek is soms fluks ook, veral as ons vakansiehou. Pappa hou die kar se wiele op die pad, en ek hou my besig met ‘n bolletjue wol.
Die keppies was een van ons kerk se projekte: Brei keppe vir ons dorp se plakkerskamp.
Ja, dis baie makliker en vinniger om sommer gou by Pep in te hardloop en keppe te koop. Daar is tog die speeekwoord dat wanneer jy van jouself gegee het, het jy werklik gegee. Baie keer gee ek ook eerder ‘n geldjue, maar die bevrediging van iets maak vir iemand wat jy glad nie ken nue, is onbeskryflik.
Truitjies vir twee baie besonderse kindertjies in my lewe, elke steek vertel van my gevoel vir hulle. Dis ‘n óú breipatroon wat my ma al gebrei het toe my broers wat ouer is as ek, kleuters was. Die moue is verskriklik lank! Dit skryf ook heeltemal te veel wol voor, so hierdie volgende truitjie kon toe van die orige wol gebrei word. Heerlike dik, chunky wol, lekker warm. Mens kry nie meer sulke dikwoltruie in winkels nie.
Toortsie
Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page
Toortsie se Facebook page
Finesse Blogger of the week
Toortsie by Pinterest
Kyk nou net! Jy is werklik oulik man, Toortsie! Ideaal vir hierdie koue winter wat ons beleef. Is julle steeds op die pad?
LikeLiked by 1 person
By die huis 😁
LikeLiked by 1 person
Heerlik! Maar dit klink of julle ń goeie tyd agter die rug het.🌸
LikeLike
Bedrywig. 😁
LikeLiked by 1 person
Ekskuus, dit voel of ek jou baie kortaf geantwoord het gisteraand. Ek het dit darem nie so bedoel nie, hoor!
LikeLiked by 1 person
Nee Toortsie, glad nie kortaf nie!!!🌺🌺
LikeLike
Sug van verligting. ❤️
LikeLike
Stem, jy is voorwaar fluks.
LikeLiked by 1 person
Wou nog sê dit is mooi en of jy vir my ook ‘n trui sal brei….. toe besluit ek daarteen…. Toorts is seker nie sooooooo fluks nie. Ek het ellelange arms jy weet 😦
LikeLike
As jy laaank sal wag, want nou is daar eers ‘n meisiekind en na haar ‘n seunskind en dalk nog ‘n pappa en dan is daar ‘n bont trui wat ek vir myself wil hekel en ‘n nog bonter kombers vir my koningingrootte bed. Hoe laaaank is jou arms? 🙂
LikeLiked by 1 person
Jy is ‘n handige vrou!
LikeLike
Dankie
LikeLiked by 1 person
Dis te pragtig!Ja mens kry nie meer lekker truie in die winkels nie.
LikeLike
Dalk is dik truie nie in die mode nie en is dít hoekom mens net dunnetjies kry. Ek dink wol het net te duur geraak.
LikeLiked by 1 person