Ek het dit agter my gesit; of het ek?

Ons gaan deur erge dinge. Diep dinge. Seermaak dinge. Oor tyd genees dit, of raak ons gewoond daaraan, groei ons daaroor.

Ons leer verdedigingsmeganisms aan. Die manier wat ons mense sien en behandel, word daardeur beïnvloed. Dit beïnvloed selfs ons persoonlikheid sonder dat ons dit besef.

Wanneer ons baie jare later dalk daaroor gekonfronteer word, maak ons dit af, praat ons dit weg: ‘Dit het lank terug gebeur; ek het dit verwerk. Ek praat nie daaroor nie. ”

En dan, as ons mooi daaroor dink, as ons regtig eerlik is daaroor, besef ons dat ons dit eintlik níé verwerk het nie, dat ons dit net so diep weggesteek het in ‘n laai dat ons dínk ons het dit verwerk. Ter wille van oorlewing, want tyd genees mos alle wonde.

Die probleem is, dat as iets nie regtig verwerk is nie, ons dit áltyd met ons saamdra, dat die pyn daarvan onbewustelik immer teenwoordig is, dat dit, sonder dat ons dit besef, ‘n invloed op ons hele lewe het, veral ook in ons verhoudings met ander mense. Die probleem is dat ons in ons poging om te oorleef, dalk leuens oor onsself én ander mense glo en selfs oorreageer op dinge wat nie eers reaksie verdien nie.

Die goeie nuus is dat daar regtig ook herstel kan wees, dat God ons kan heelmaak, ons vry kan maak van die seer wat ons met ons saamdra, maar ook van die wanpersepsies wat ons het, die leuens wat ons glo. En wanneer Hy ons vrygemaak het, is ons nie meer slagoffers nie, is ons heelgemaaktes wat sterker is en wat vir ander mense kan help in húlle krisis.

Solank ons dit onderdruk, wegsteek, bly dit ‘n teenwoordigheid in ons lewe wat ons gevange hou sonder dat ons dit eers besef. Die waarheid maak ons vry. Jesus maak ons vry.

Ek lees in Taste Life, Healing the Wounded van Francois Mostert hoe belangrik dit is om soms daardie onnoemlike dinge eerlik vir ‘n medegelowige te noem, want deur eerlik oor jou diepste emosies, gevoelens, dit wat jy glo, te praat met ‘n ander gelowige, gee jy vir God die geleentheid om Sy lig daaroor te skyn en die waarheid te ontbloot en vir jou gesond te maak.


Sterkte. Gaan praat met iemand. Gee daardie pynlike ervaring lug sodat die vrag wat jy saam met jou dra, ligter kan word. Hoe meer ek oor Theophostic Prayer Ministry (Transformation Prayer Ministry) lees, en as ek dink wat so ‘n TPM-sessie vir myself beteken het, hoe meer wil ek dit aanbeveel. Dis Godsgerig en bevrydend.

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie by Finesse: Toe kom die reën

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

Transformation Prayer Ministry: Bredasdorp en Riversdal

#tpm #tpmsa #tpmbredasdorp #tpmriversdal

11 thoughts on “Ek het dit agter my gesit; of het ek?

  1. Jy praat mos nou met my. Hier sit ek hoeka in die sielkundige se kamer en het so biwtjie opstand in my oor die derms uitryg sessie wat gaan volg. Miskien moet ek ook maar vandag die lig hierop laat skyn.

    Like

Gesels saam, asseblief!