Aspris

Aspris is ‘n lekker ding. Ek sal byvoorbeeld aspris sommer uit die bloute iets sê, ‘iets laat val’, ter wille van die reaksie.

Soos Ursula. Die glimlag, of verbasing, of die duidelike gedagte dat hierdie Toortsie nie so lekker in haar kop is nie op die ander persoon se gesig, gee my baie plesier.

Of ek sal ernstig vertel van my rooi helikopter. Die bankbestuurder het nie nou die dag gedink ek is snaaks nie. Ai tog! 😁

Of, ek sal aspris kleure bymekaarsit wat nie noodwendig bymekaar pas nie, ter wille van myself. Ter wille van my menswees wat hou van ‘n bietjie bont.

Aspris kan ook gevaarlik wees. Aspris het perke.

Party mense is poetsbakkers. Poetse ten koste van ander. Poetse wat vir ander regtig ongemaklik is en selfs vir hulle skade kan berokken.

Aspris kan ook ‘n angel hê. Mense kan aspris so optree dat ander daardeur seergemaak word, om ander ‘by te kom’. Doelbewus. Kan jy glo dat daar mense is wat daaruit bevrediging kry? Probeer hulle hul mag daardeur bewys? Ek dink dis siek!

Terwyl ek nou oor aspris geskryf het, die verskillende grade daarvan, sien ek een goue draadjie wat deurlopend daar is. Eintlik het ek dit by my oënskynlike manier van toepas alreeds genoem. Aspris word gebruik vir die satisfaksie van die persoon wat dit toepas. Of die nou ‘n onskuldige, lawwe ding is wat jy sê om reaksie uit te lok, en of dit is om iemand daarmee seer te maak, dis vir jou eie satisfaksie.

Onthou, aspris kan onskuldig wees, maar aspris kan ook vieslik wees.

Groetnis

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Om te pendel saam met jou man

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Die lewe, Geleefde Christenskap, Huwelik en Verhoudings, Motivering en Bemoediging and tagged , , . Bookmark the permalink.

15 Responses to Aspris

  1. Dis nou feite. Ek vind dit nooit grappig om aan die ontvangkant van ‘n poets of ‘n “sogenaamde” verassing te wees nie en sal dit ook nie aan ander mense doen nie.

    Liked by 1 person

  2. Dis n feit soos n koei. Om saam lekker te lag vir n aspris is lekker, bygese as dit sommer net laf is. Stem vir n defnitiewe NEE vir die negatiewe deel.

    Liked by 1 person

  3. Kameel sê:

    Ek het ‘n man wat lief is om dinge te sê om reaksie uit te lok. Ek haat dit!!! “Mamma is al 42 jaar met pappa getroud en nogsteeds laat mamma, mamma vang,” sê my kinders. Sug…. 😦

    Liked by 1 person

  4. Interessant hoe kwaad poetsbakkers gewoonlik reageer as hulleself aan die ontvangkant is😀

    Like

  5. travel460 sê:

    Ek is ń sissy, kry nie reg om poetse te bak nie. Nog minder om iets aspris te sê. Tog is ek redelik ok darmee om aan die ontvang kant te wees. Hetsy dit nie seermaak of manipulerend is nie. Want dan sien ek rooi.

    Liked by 1 person

  6. Een ding wat die Here aan my moes geskaaf het (en nou nog soms) is om om nie onvanpas aspris te wees nie (m.a.w. sarkasties). Ek moet gereeld my jonste dogter inlig dat ‘n opmerking nie snaaks is as jy die enigste een is wat lag nie.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s