Ek het dit agter my gesit; of het ek?

Ons gaan deur erge dinge. Diep dinge. Seermaak dinge. Oor tyd genees dit, of raak ons gewoond daaraan, groei ons daaroor.

Ons leer verdedigingsmeganisms aan. Die manier wat ons mense sien en behandel, word daardeur beïnvloed. Dit beïnvloed selfs ons persoonlikheid sonder dat ons dit besef.

Wanneer ons baie jare later dalk daaroor gekonfronteer word, maak ons dit af, praat ons dit weg: ‘Dit het lank terug gebeur; ek het dit verwerk. Ek praat nie daaroor nie. ”

En dan, as ons mooi daaroor dink, as ons regtig eerlik is daaroor, besef ons dat ons dit eintlik níé verwerk het nie, dat ons dit net so diep weggesteek het in ‘n laai dat ons dínk ons het dit verwerk. Ter wille van oorlewing, want tyd genees mos alle wonde.

Die probleem is, dat as iets nie regtig verwerk is nie, ons dit áltyd met ons saamdra, dat die pyn daarvan onbewustelik immer teenwoordig is, dat dit, sonder dat ons dit besef, ‘n invloed op ons hele lewe het, veral ook in ons verhoudings met ander mense. Die probleem is dat ons in ons poging om te oorleef, dalk leuens oor onsself én ander mense glo en selfs oorreageer op dinge wat nie eers reaksie verdien nie.

Die goeie nuus is dat daar regtig ook herstel kan wees, dat God ons kan heelmaak, ons vry kan maak van die seer wat ons met ons saamdra, maar ook van die wanpersepsies wat ons het, die leuens wat ons glo. En wanneer Hy ons vrygemaak het, is ons nie meer slagoffers nie, is ons heelgemaaktes wat sterker is en wat vir ander mense kan help in húlle krisis.

Solank ons dit onderdruk, wegsteek, bly dit ‘n teenwoordigheid in ons lewe wat ons gevange hou sonder dat ons dit eers besef. Die waarheid maak ons vry. Jesus maak ons vry.

Ek lees in Taste Life, Healing the Wounded van Francois Mostert hoe belangrik dit is om soms daardie onnoemlike dinge eerlik vir ‘n medegelowige te noem, want deur eerlik oor jou diepste emosies, gevoelens, dit wat jy glo, te praat met ‘n ander gelowige, gee jy vir God die geleentheid om Sy lig daaroor te skyn en die waarheid te ontbloot en vir jou gesond te maak.


Sterkte. Gaan praat met iemand. Gee daardie pynlike ervaring lug sodat die vrag wat jy saam met jou dra, ligter kan word. Hoe meer ek oor Theophostic Prayer Ministry (Transformation Prayer Ministry) lees, en as ek dink wat so ‘n TPM-sessie vir myself beteken het, hoe meer wil ek dit aanbeveel. Dis Godsgerig en bevrydend.

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Om te pendel saam met jou man

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Geleefde Christenskap, Huwelik en Verhoudings. Bookmark the permalink.

11 Responses to Ek het dit agter my gesit; of het ek?

  1. dromer777 sê:

    Dis so waar!!! Dankie 😢

    Like

  2. Dit is nou n bestiering dat ek weer hier by jou lees. Baie dankie hiervoor. Ek het nounet by Trommeltjie teruggeblaai en dit was ook soos leiding wat ek gekry het om te gaan lees. Baie dankie vir jou mooi stukkie.

    Liked by 1 person

  3. travel460 sê:

    Waar woorde hierdie, Toortsie.

    Liked by 1 person

  4. Jy praat mos nou met my. Hier sit ek hoeka in die sielkundige se kamer en het so biwtjie opstand in my oor die derms uitryg sessie wat gaan volg. Miskien moet ek ook maar vandag die lig hierop laat skyn.

    Like

  5. ekmyselff sê:

    Ek gaan nou sommer n blog post na ek hierdie gelees het…. Dankie Toorts

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s