Die Toortsie en die Photo Shoot

My plan was om, sodra my boek uitkom, ek na die fotograaf sou gaan met al die bokse vol boeke en ons baie foto’s sou neem. Ongelukkig het alles toe soveel langer geneem as wat ek gedink het, al sê baie mense vir my dat ons eintlik vinnig gewerk het. So die boek kom toe op 16 Desember by my uit, chaos, ons wil see toe gaan, ons jaar moet afsluit, die boeke moet by die kersmark uitkom wat alreeds 2 dae tevore begin het, ek het toe al uitstallings by ander markte gekanselleer.

Intussen het ek vergeet daarvan dat ek wou laat foto’s neem.

So, toe die Engelse Toortsie nou sy verskyning maak, kom die gedagte weer by my op. Ek en die fotograaf, Lize du Toit van Photography by Lize , maak die afspraak en sy reël vir ‘n plek om die foto’s te neem: Bredasdorp Country Manor, ‘n gastehuis in ons dorp.

Wat ‘n plesier! Wat ‘n belewenis! Hierdie drie foto’s is die fotograaf se gunstelinge:

14068104_908899179215304_6333942917142034151_n 14088481_908899099215312_1531316735320094298_n 14117922_908899135881975_8140765099417970649_n Maar daar is ‘n stertjie aan …

Anna-Mari, die gastehuiseienaar, vra my of daar ‘n Banting (LCHF) funksie op ons dorp is, want ‘n sekere Timothy Noakes slaap daar die nag. T O E V A L L I G , né?

Ek vrees toe die hele tyd dat hy net mooi sal kom inboek as ons daar besig is. Die man kom in sy persoonlike hoedanigheid, niks met Banting te doen nie, hy wil net kom rus en hier staan ek nou sowaar en neem foto’s van ‘n Bantingboek! Ek sou regtig baie ongemaklik gevoel het as hy daar sou opdaag terwyl ons daar was! Maar die liewe Here was weer eens goed en hy daag darem toe nie in daardie tyd daar op nie. Ek het vir hom ‘n geskenkie gelos, ‘n Engelse Toortsie’s Banting Bash, waarop hy hierdie pragtige briefie vir my gelos het:

eb2bfc4b-02c0-47c8-97fd-e1f3123437e5 9a9ac842-cd3e-4c6e-9287-b12a7025a2d1 bb5cf220-52cf-4254-a6f6-a46f924f3a08Ek sien dit glad nie as ‘n ‘goedkeuring’ van my boek, dat my boek ‘Noakes approved’ is nie, ek sien dit as ‘n pragtige gebaar van dankie vir ‘n geskenk, tog beteken dit vir my baie!

Lekker dag!

Toortsie

Toortsie by Finesse: Google is ‘n dame

Toortsie se Faceboekpage

Toortsie se Bantingboerekos faceboekpage

Toortsie’s LCHF Journey

Finesse Blogger van die week. 

Toortsie se getuienis: Radio Tygerberg

 

21 thoughts on “Die Toortsie en die Photo Shoot

  1. Daar is niks lekkerder as om ‘n boek te publiseer nie ne… dit maak mens half ‘n senuwrak, half ‘n wese wat sweef op euforie 🙂

    Tim Noaks se brief is kosbaar en ek is bly saam met jou dat hy so ‘n mooi gebaar met grasie terug geantwoord het.

    Liked by 1 person

    1. Wolfie, dit was mos glad nie in my lewensbeplanning of op my lys van dinge wat ek graag wil doen nie. Dit het net gebeur, soos hierdie blog ook net gebeur het, maar dat dit toonkrullekker is, is waar! Ek was angsbevange, oorsensitief, onseker, bang, maar dat ek dit voltooi het is wonderlik!
      Oor die Noakes-briefie voel ek soos ‘n sesjarige dogtertjie wat vir die skoolhoof ‘n presentjie gegee het wat syself gemaak het en hy sowaar ‘n briefie van dank gegee het. 🙂

      Liked by 1 person

  2. Dit is nou n ervaring van n leeftyd. Jy en Tim Noakes is besonderse mense. Dit is beslis met n doel so gedoen. Jy respekteer Tim en hy skryf n eenvoudige dankie vir jou bedagsaamheid.
    Ek dink ook die eerste foto is my keuse. Dis hoe ek jou sien, nie soos tweede foto-heel”sexy” en uitdagend en laaste een met jou voete in die voorgrond is heeltemaal te gemaklik.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!