Reblogging

Reblogging. Iets wat ek nog nooit gedoen het nie, maar die keer of wat wat iemand al een van my stukkies ‘reblog’ het, vir my geweldige vreugde gegee het. Om die waarheid te sê, ek het nog nie eintlik veel daaroor gedink nie.

Nou het ‘Wag ‘n bietjie‘ vir my ‘n heel nuwe blik op ‘reblogging’ gegee. Hy maak dit sy werk om oulike blogs te ‘reblog’ en WAT ‘n plesier is dit nie! Hy het my nou al gelei na die oulikste blogs waarvan ek niks weet nie, want hoe kan ons nou van almal weet? WordPress blogs. Blogs wat toevallig net nie op die oomblik wanneer ek kyk, onder nuutste of bestes lê nie, of dalk nie by die Afrikaanse blogs wys nie! Dis soos ‘n nuwe wêreld wat oopgaan.

Nee, ek gaan nou nie skielik begin reblog nie, ek is te lief vir my eie stem! My poging is mos my faceboekblad waar ek ook oulike bloginskrywings wat ek weer raaklees, plak. My idee daarmee is om juis faceboekers wat nie noodwendig bloggers is nie, te betrek, te nooi om ons blogs te lees. Die wit hasie het nou ‘n soortgelyke idee met haar faceboekblad en dit maak my baie opgewonde, want sodoende bevorder ons Afrikaans en ook blogs.

Dan is daar natuurlik Blik wat al die nuwe Afrikaanse bloginskrywings lys.

Noudat ek die WordPress leser ontdek het, het blogging natuurlik ‘n nuwe dimensie gekry. Sien, my onthougoed is nie altyd so lekker nie en dan vergeet ek soms waar al die lekker leesplekke is. Ai dit raak net lekkerder en lekkerder om al die nuwe blogs te ontdek.

Mooi loop en dankie vir elkeen van ons bloggers wat so lekker skryf.

Groetnis

Toortsie

Toortsie by Finesse: Google is ‘n dame

Toortsie se Faceboekpage

Toortsie se Bantingboerekos faceboekpage

Toortsie’s LCHF Journey

Finesse Blogger van die week. 

Toortsie se getuienis: Radio Tygerberg

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

24 Responses to Reblogging

  1. Dankie Toortsie. Moet sê ek geniet dit om alles te lees wat mense kwytraak. Ekself het nou nie juis talent om oulike artikels te skryf nie…dit is hoekom ek maar die reblog roete volg. Nogal verbased dat verskillende onderwerpe ‘n raakpunt vind by iemand. Ook verbasend is dat daar vanaf ander lande ook reaksie kom oor ons Afrikaanse artikels. Mooi!

    Like

  2. AWETHENTIQ sê:

    Dis hoe ‘n mens ‘n gemeenskap bou.

    Liked by 1 person

  3. Kameel sê:

    Waar liewe Toorts kry jy nog tyd om na baie ander blogs ook te lees? Ek probeer op datum bly met die groepie waarmee ons meeste kontak het. Jy gaan my ‘n minderwaardigheidskompleks gee 😦

    Like

  4. Terug pieng: Reblogging – Wag 'n Bietjie

  5. Terug pieng: Why I like succulents and cacti.. – Wag 'n Bietjie

  6. Ek reblog so nou en dan maar nou maak jy my lus om ook op my Faceboek blad so iets te doen want my ‘blogvrinne’ skryf soms die oulikste goed!

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s