Die stad

Scrapydo se toeka-tokkel: Stad

Wanneer ek die woord stad hoor sien ek Johannesburg met sy hoë geboue, skoon maar besige strate, en baie busse. As kind was een van die lekkerste dinge die Saterdag wanneer my ma sê ek kan saam met haar stad toe gaan. Netjies aangetrek stap ek en my ma wat van kop tot tone uitgevat is – hoed, handkoene en al – busstop toe. Busry was ‘n algemene ding; kinders het elke dag met die bus skooltoe gery, maar vanaf die oomblik dat ek en my ma in die stad afgeklim het, het die lekkerte begin. Ek het my verkyk aan al die goed in die mooi winkels waarvan Stuttafords my gunsteling was. Daar was ietsie so “upstairs” aan daardie winkel. Om hysbak te ry was ‘n lekker belewenis. Op ‘n hoë stoeltjie het ‘n man in ‘n mooi uniform gesit; hy het die hysbak bestuur!!! Dit was vir my so mooi as die hysbak op die verskillende vloere stop en hy roep uit wat op daardie vloer beskikbaar is. Die mooiste woorde was “Materials and haberdashery!!” My ma het altyd daar uitgeklim; sy was mos ‘n kleremaakster. Op ‘n sekere plek in die stad was daar ‘n straatfotograaf; so in jou stap neem hy ‘n foto en wanneer jy by hom verbykom gee hy jou ‘n kaartjie met ‘n nommer op. Jy kan dan later die foto gaan afhaal. My ma het altyd “nee dankie” gesê vir die kaartjie. Met haar arms vol pakkies, was die laaste stop altyd by die groot OK. Dit was die kersie op die koek. Daar was ‘n eetplek op een van die vloere waar die kos agter glas uitgestal was. So in die verbygaan besluit jy wat jy wil hê, dan skep die persoon agter die toonbank dit vir jou op jou bord. Ek het nooit gewik, en weeg wat ek gaan eet nie maar is reguit na die pastei, skyfies en sous toe. “Pie, chips and gravy” klink vir my lekkerder. Geen pastei, skyfies en sous sal ooit kan kersvashou by die Ok uit my kindertyd s’n nie.

Daar is nog vele herinneringe uit my Johannesburg dae; party goed, maar baie hartseer herinneringe wat die loop van my lewe verander het. Ek sou net eenkeer in my grootmenslewe terugkeer na daardie OK toe, maar dit was ‘n swaarmoedige dag. My beste vriendin Deslyn het oorkant my gesit; ons albei het swaar gesluk aan die pastei, en skyfies. Ek weet nie of ek gehuil het nie maar my gemoedstemming was so swaar – ek het haar vertel van my swangerskap, en die forseerde troue wat op my wag. Sy het in stilte die hele storie aangehoor, en haar verslaentheid het boekdele gespreek. Maar vir nou is dit genoeg.

Advertisements

33 thoughts on “Die stad

    1. Dit was ‘n groot uitstappie 🙂 Nou en dan is ek saam met my pa in stad toe maar ek moes draf om by te bly. Hy het darem een of twee keer die kaartjie by die fotograaf gevat en die fotos gekry. Ek was so bly want ek wou alryd so graag die foto sien wat die fotograaf geneem het. In watter voorstad het jy groot geword?

      Liked by 1 person

      1. Sulke mooi foto’s – my mammie en tannie uitgevat vir die stad in die “New Look”, met my as driejarige aan die hand tussen hulle…
        In Ontdekkers, Roodepoort aan die Wesrand – een van my maats se mammies het by die Effektebeurs in die middestad gewerk, dan het ons in Jhb gaan fliek en vir haar ma gaan hallo sê.

        Liked by 1 person

  1. My eie herrinneringe was kleintyd Sondae wanneer ons die middae gaan windowshopping doen. Ek kan nie veel van die vensters onthou nie maar wel hoe my ma en pa hand om die lyf gedrentel het en mekaar in die oë gekyk het en speels gegiggel het.

    Liked by 2 people

  2. Oooo, dis nou heerlike onthou hierdie! Ons het altyd Pretoria se OK so bekyk as my ma gaan inkopies doen het. Daardie pie en chips was te lekker. Later het Pietersburg ook so n lekker spesiale eetplek in hul OK gehad. Dis darem maar lekker tye. Ons moes ook gestewel en gespoor gaan. Saam met my Pa to Pretoria-Wes gery en van daar met bus in stad toe, meestal vir die hele dag! Ons het my pa na vier weer in Pta-Wes gekry in middag na werk. Dankie vir jou deelname!

    Liked by 1 person

    1. Wou eintlik nog oor my grootmens lewe en die stad skryf maar weet scrapy hou nie van lang blogs nie. Die pie en chips het my sommer na daardie mistroostige dag teruggeneem…. toe sit ek dit maar in. Ek het deur die jare van blog so in drips en draps van hierdie troue waarin ek forseer was…. en die baie hartseer gevolge daarvan geskryf. Dankie vir lees. Mooi naweek vir jou. O ja, dog jy is ‘n nuwe blogger en lees van jou blogs en kom op een af in 2013 geskryf. Dink dit is die een waar jy siek was.

      Liked by 1 person

      1. Wel eintlik is ek eers ‘n “blogger” vanaf April hierdie jaar tie ek begin het om ander mense se blogs ook te lees. Ek het wel in 2013 begin blog maar dit toe vir 2 jaar gelos, maar dit is wel my siekte en wat die Here in die proses in my lewe gedoen het wat my aanvanklik laat blog het.

        Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s